Zuma het ʼn volgepakte stadion toegespreek as deel van die ANC se verkiesingsveldtog. Inwoners het glo vir Zuma en ander ANC-lede geskree om weg te gaan en selfs ʼn paar motors met klippe bestook. Zuma het aan die inwoners ʼn oplossing belowe rakende hulle versoek vir hul eie munisipaliteit.
Volgens City Press het inwoners hulle hande in die lug gegooi en Zuma uitgejou ondanks dié belofte. “Ek wil nie leuens vertel nie. Ek kan nie op my eie hiernatoe kom en ʼn besluit neem nie. Ek is nie ʼn diktator nie, slegs diktators doen dit,” het Zuma gesê. Volgens berigte was Zuma glo drie ure laat vir die verrigtinge.
Zuma is in Desember ook uitgejou tydens die gedenkdiens van oudpresident Nelson Mandela by die ENB-stadion in Soweto. Dit het voor verskeie buitelandse regeringslui insluitend Amerika se president Barack Obama plaasgevind. Hy is ook in Maart vanjaar uitgejou tydens Bafana Bafana se vriendskaplike wedstryd teen Brasilië.
Kry vir jou leer om nie beloftes te maak wat jy nie kan nakom nie julle kry jul verdiende loon
Dit is so, die wiel draai tog, soms stadig, maar draai, draai hy. Kry vir julle…
BOOOOO!!!!
Oscar se boo-boo en ba-baa brabbel is duidelik aansteeklik.