Zuma glo nie verantwoordelik vir wankelende rand

Argieffoto

Argieffoto

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Donderdag ontken die Suid-Afrikaanse geldeenheid se onstabiliteit kan toegeskryf word aan pres. Jacob Zuma se uitsprake of optrede.

Gordhan het tydens ʼn perskonferensie ná Woensdag se spesiale kabinetvergadering oor die stand van die land se ekonomie gesê daar is ʼn wye reeks faktore, waarvan sommige onbekend is, wat daartoe gelei het dat die rand Maandag ʼn rekordlaagtepunt bereik het.

“Die omstandighede waarin ons onsself bevind is baie ingewikkeld,” het Gordhan gesê. “Die wêreld is, ekonomies gesproke, ʼn vreeslike plek en daar is in hierdie stadium baie ingewikkelde dinamiek wat ʼn invloed het op opkomende markte en ontwikkelende lande, insluitend ons eie uitdagings wat ons openlik erken.

“Die rand reageer nie op dit wat ʼn individu sê of doen nie. Dit kan wel in berekening gebring word.”

Die rand het aan die einde van verlede jaar begin val nadat Zuma onverwags Nhlanhla Nene as minister van finansies afgedank en hom met die onbekende Des van Rooyen vervang het. Die geldeenheid het weer herstel nadat Zuma onder druk omgedraai en Gordhan weer in dié kritieke portefeulje aangestel het.

Gordhan se kollega, minister in die presidensie Jeff Radebe, het vroeër ʼn donker prentjie van die ekonomie geskets en gesê dit gaan ʼn gesamentlike poging van die regering, besigheid en arbeid verg om die situasie te verbeter.

Radebe het gesê dit is onwaarskynlik dat die daling in kommoditeitpryse, wat plaaslike vervaardigers beïnvloed, sal omkeer.

Terwyl die regering uitvoerders aanmoedig om voordeel te trek uit die verswakking van die rand, word daar erken dat ʼn stadige ekonomiese groei tot ʼn afname in die aanvraag na Suid-Afrikaanse produkte oorsee sal lei.

“Die Suid-Afrikaanse rand, wat een van die gewildste geldeenhede in opkomende markte is, is die afgelope paar weke swaar getref,” het Radebe gesê. “In hierdie moeilike wêreldkonteks, waar alle ekonomieë uitdagings beleef, bevestig die kabinet weer die behoefte dat die regering strategies sal ingryp om die momentum van die ekonomiese groei te herstel.”

Radebe het gesê die kabinet ondersteun “sterker maatreëls om ʼn volhoubare fiskale roete te herstel”, maar die maatreëls sal slegs bekend gemaak word wanneer Gordhan op 24 Februarie sy begrotingstoespraak lewer.

Gordhan het van die perskonferensie gebruik gemaak om Suid-Afrikaners te verseker dat die regering “alles in sy vermoë doen om die ekonomie te stabiliseer”. Hy het mense gemaan om nie “paniekerig” te raak nie. “Julle hoef nie angstig te wees oor ons omgewing nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Dennis ·

Pravin. Jy kan di massas mislei, maar ons weet van beter. Soos Zuma weet hulle van rekenkunde ook niks ni.

Ben (:-) ·

Ag asseblief………………………………………..

Berhalet Beukes ·

Pravin, bly liewer stil. Jy klink nou soos die Zumie.

GES ·

Gordhan, het geblyk ‘n kenner van geldsake te wees maar was ongelukkig te lank in die politiek. Hy het ook die vermoë aangeleer om ‘n uur lank te praat en niks te sê. Dit is so duidelik soos daglig wat die probleem is. Na my mening sien ek die knelpunte asvolg:
# BEE – Maatskappye wil nie voorgeskryf word wie indiens geneem moet word nie.
# Ondersteuning van regeringskant om kleiner maatskappye in besigheid te hou bestaan feitlik nie (geen aansporings insentiewe)
# Misdaad is buite beheer.
# Korrupsie is buite beheer en ontmoedig voornemende beleggers (daar moet voordurend omkoopgeskenke en geld betaal word).
# Landbou en voedselsekerheid het ‘n baie lae prioriteit.
# ‘n Stastspresident wat sy naam voordurend met ‘n plank slaan. (Belaglike uitsprake en lagwekkende handelings)

Hierdie is maar net ‘n paar probleme en dit kan direk voor Zuma se deur gelê word omdat hy onbevoeg en geen leierskap toon. Die beste wat hy kan doen is lag en dink wie sy volgende vrou gaan wees.

jacey ·

Voeg by die onbekwame staatsdiens en korupte politisie sal net die wen van die USA powerball ons kan red . Ons is amper al by die punt dat net n gelukskoot ons ekonomie sal kan red . Daar is beslis n poging aan die gang om ons landbou te vernietig wat binnekort katastrofies vir ons gaan wees .

Pieter.v ·

Mag ons aanneem dat toe Zuma Nene uit sy pos as minister van finansies verwyder het dat dit natuurlike oorsake in die ekonomie was wat die rand laat tuimel het?Ons moet onthou dat daar bitter min anc`s in die parlement sit wat dink dat die publiek vir hul self kan dink en Zuma sal met alle mag deur hulle verdedig word want hy is die een wat hul in hul poste aanstel soos en wanneer hy wil.

jakes ·

Ek was ‘n aap en naief toe glo Gordhan sal stabiliteit bring. Hy duidelik ook JZ lakei. R22 teen Doller by Maandag, defnitief.

MJL ·

Nou ja toe. Ons glo ook in die tandmuis, kersvader en feëtjies.

Realis ·

Hy kan nie eers syfers van ‘n stuk papier aflees nie. Hoe verwag julle moet hy dan begrip he vir syfers. Sy ogies sal eers oopgaan as inflasie deur die dak gaan weens die styging van pryse in alle sektore en komoditeite. Stygings weens die waardelose rand en voeg nou die droogte by. Sy ogies gaan op skrefies trek as landbouers en verwante dissiplines hulle mense op strepe afbetaal omdat daar nie voortydig voorsiening gemaak is vir bystand nie. Hy wil nou sewe duisend miljoen rand bydra sodat studente toegang kan verkry tot universiteit onderrig. Hy het nie begrip vir syfers nie. Suid Afrika soek nie nou geletterde mense nie. Ons soek bekostigbare voedsel op ons tafels. Ons soek ,n beeld wat na buite uitstraal wat vertroue by buitelandse beleggers inboesem. Ons soek weer ,n land om op trots te wees.
My liewe mede landsburgers, berei julle voor vir die rofste grondpad wat julle al ooit gery het. HKGK

PJ ·

As jy sien en hoor hoe die kaders zuma beskerm en selfs nie kapsie gemaak toe die DA voorstel dat daar n mosie van wantroue teen hom ingestel word die Speaker ingestem het daartoe want die anc is die meerderheid en sal zuma ondersteun ons voorland 2de
mugabe

Kabous ·

Beslis Heksie, en, ook so ‘n gelkie in die vuisie gestop….

Kobus ·

nou dat almal klaar geswets het, klim bietjie van jou rusbank af (as jy kan) en besef waaroor dit gaan, as dit droog is bid ons , nou dat die reen val, vergeet ons hoe om te bid, klim bietjie op jou kniee ( hoogmoediges) en wag vir die verandering, ek is skaam om n gelowige blanke genoem te word in jul (kla- kouse ) se teenwoordigheid, lees jou Bybel en glo vir n slag

Frik ·

Ag nee Kobus dit is nie nodig! Natuurlik bid baie ‘almal ‘vir volk en vaderland en ook vir reën en is baie ‘almal ‘dankbaar vir die reën ! Die rand is baie wankellrig -feit! Die Ekenome het reeds die oorsake tot die wankelrige rand uitgewysl en baie ‘almal’ bid dat die owerheid sal besin !Baie ‘almal’ glo en lees die Bybel!

juan ·

Kobus, n bietjie perspektief. Gaan lees Sir David Livingstone of Hudson Taylor se autobiografiee en vergelyk jou eie geloofs lewe met die, ek gaan nie eers na die lewe van die Here Jesus Christus wys nie, want dan staan ons almal in skaamte. Ipv jouself n klop op die skouer gee soos dit n goeie farisieer betaam, ontwikkel eerder n paar eelte op jou kniee soos jy tyd spandeer op jou kniee om vir jou volksgenote in te tree, soos wat Jesus vir ons doen elke dag by God die Vader.

Kabous ·

Ai ou Kobus, hoe lekker lag ek nou vir jou! Oeeeee jinne!! die Opperwese help diegene wat hulle self kan help. Maar jou dawerende beterweterigheid maak my daggie!

François ·

Mr Gordhan, sir, jy onderskat my integriteit heeltemal! Dit glo?! Asb tog! Jy voer my perde-poefies & dan probeer jy my oortuig dis vye-lekkers!

Dee ·

Gordhan, as jy werklik jouself glo behoort Zuma jou ook te vervang. Mugabe is seker ook nie skuldig aan die bodemlose put waarin die Rhodesiëse eenheid geval het nie, nè.

TM ·

Ok ek sal nie paniekerig raak nie. Ek is ook nie angstig oor julle omgewing nie maar in my omgewing is die werk min, die rand swak en die toekoms donker. Ons is nie blind nie mnr Gordham.

Frik ·

Ag nee Kobus dit is nie nodig! Natuurlik bid baie ‘almal ‘vir volk en vaderland en ook vir reën en is baie ‘almal ‘dankbaar vir die reën ! Die rand is baie wankellrig -feit! Die Ekenome het reeds die oorsake tot die wankelrige rand uitgewysl en baie ‘almal’ bid dat die owerheid sal besin !Baie ‘almal’ glo en lees die Bybel!

Roepstem van die Noorde ·

Wat beteken wye faktore, waarvan sommige onbekend is….. dit maak mos nou glad nie sin nie. Ons almal volg tog die ekonomie. Die onbekende faktore is wat ons “leiers” se en doen en die wereld in stuur. SA lyk wankelrig met n presidensie wat soveel twak praat. Die hartseer ding is op die einde van die dag raak dit ons almal se sakke.

Johann Marx ·

Met ander woorde die “res van die wêreld” (en onbekende omstandighede) BOELIE Suid Afrika se geld-eenheid in so mate dat ek nie tans kan aftree nie, nie ‘n nuwe voertuig kan bekostig nie, en as ek nou aansoek doen vir ‘n lening om die huis waarin ek woon te koop teen Munisipale waardasie, kwalifiseer ek nie? As dit “voordelig” is om in ‘n land te bly met so ‘n swak geld-eenheid, dan is Engeland seker die swakste plek om in te bly, en Zimbabwe ‘n paradys, né Mnr Gordhan? Jy praat ‘n klomp nonsens, en seker in “opdrag” van jou werkgewer. Hy, sy manewales, sy statuur, sy uitsprake, se onderduimse vriendskappe, ooglopende rassisme, “lame duck” status, nepotisme, en doelgerigde implementering van die ANC se vryheidsmanifes in plaas van gesonde regering vir ‘n gesonde land, is die oorsaak van 99,9% van 95% van die land se mense se swaarkry en ekonomiese agteruitgang. En hierdie prentjie lyk presies dieselfde in 75% van alle Afrika lande……en moenie stry nie, ek was daar. 5% van die meeste Afrika lande se regerings-amptenare, hulle familie en connections, en die krimineel wat so finansieel sterk is dat hy bokant die wet is, is super-ryk. Die ander 95% is squatterkamp inwoners…….want dit pas die regering. Hoekom hulle die middelklas wil verkrag en vernietig, sal geen mens weet nie, maar dis wat hulle doen. Gaan lees jou party se vryheidsmanifes…………en dan kom vertel jy vir ons hoe dit ‘n gesonde ekonomie kan baar. Ek het tot vandag toe nog bietjie vertroue in jou gehad, Mnr Gordhan. Nou ‘s dit ook weg. Bok van Blerk se song speel in my kop: Dis tyd om te trek…

jurie Blanche ·

As n drywer n motor bestuur en die wiele kom af en is in n geweldige ongeluk dan kan hy of die pad of die motor blameer, Maar sou hy seker maak dat motor in n goeie toestand is kan hy die ongeluk verhoed of beter beheer he oor sy voetuig en n ongeluk vermy. so in kort mnr gordhan jou bestuurder is in kort verandwoordelik vir rand se probleme want hy dra by tot swak toestand van ons ekonomiese motor

Champ ·

Juan jy bedoel seker eerder eelte onder die knie as eelte onder die borste “van al die bar counter le. Die mense jaag al ewig aan en dan is dit nooit hulle nie, WAARVAN PRAAT HULLE??????????

Theresa B ·

Siestog – En ek is Pinnocio se sussie……………………………………

Sarie ·

En daar kry Zuma toe ‘n splinternuwe hekwagter by!!! Ek het Pravin altyd as ‘n oopkop mens gesien maar was deel van sy her-aanstelling dat hy Zuma se dinges moet beskerm. Dit is darem snaaks dat die geldeenheid in sy put in gevoeter het die ooblik toe Zuma sy onnosel aanstelling gedoen het. Ai tog hoe lank gaan die spul nog hier nog’n ondeurdringbare muur rondonm hierdie ou vorm. Kan nie een van hulle agterkom wat hy aan die land doen nie

kobus ·

Vir die regering is die swak rand n groot grap solank hul hul salarisse betaal word. In die mid 70’s tot 80’s toe sanksies teen suid afrika ingestel was was ons beter af as nou want dit het ons geleer om ipv om van ingevoerde produkte gebruik te maak ons eie produkte te ontwerp van goeie gehalte en ons het oorleef. Vandag is baie swak gehalte en duur ingevoerde produkte ons ondergang.Ons se die regering met sy zuma was direk verantwoordelik vir die val van die swak rand maar altyd alles ontken en nie die wereld daar buite wat die regering nou wantrou nie.Ons het nog nooit in die geskiedenis so n swak en onprofesionele regering gehad nie.

Champ ·

Kobus daar is altyd n eerste keer, die anc was en sou ook nooit in die geskiedenis regeer het nie “danksy Frikkie en trawante”

Boer ·

one hundreeed milje-onss and tree thou-siant and six-tie thou-saint.

LS ·

Die wêreld se ekonomie en geldstelsels is besig om in mekaar te tuimel. Die wêreld se skuldlas oorskry huidiglik sy vermoeë om te produseer drievoudig. Vir seker bring dit onbekende faktore waarna die minister verwys na vore wat die uitdaging om die onbekende te bestuur na vore. Lees jy internasionale publikasies is daar ontleders wat al die opmerking gemaak het dat indien daar na die BRICS lande se BBP gekyk word Suid-Afrika eintlik nie daar hoort aangesien dié land se BBP nie naastenby daarmee vergelyk kan word nie. Wanneer bv. die SABC oor Mnr Zuma se optrede by internasionale geleenthede soos die BRICS konferensies optree kom dit voor dat die President ‘n “houdinkie” het asof hy die grootste land in die BRICS groep verteenwoordig. Dit moet Suid-Afrikaners egter so omkrap nie want die buitewêreld vat hom nie so ernstig op as wat hyself doen nie. Die feit dat hy die “plot” verloor het en dat die ANC agter die skerms hard besin om ‘n “exit strategy” vir man te organiseer is ‘n ander werklikheid. Hierdie jaar se parlementêre sittings gaan Nommer1 dalk moeilik oorleef en die President se gesondheid kan dalk ‘n goeie rede wees om ‘n ongeskikheids”ontslag” aan te voer. Die ANC se krisis is hoe die President se onvoorspelbaarheid die munisipale verkiesings gaan raak. Die kaders is reeds besig om op derde vlak regering hul rampokkery voort te sit en dit gaan tot die warboel by dra. ‘n Gees van #… must fall het in Suid Afrika posgevat en die vermoede is dat Suid Afrika se “Arab Spring” nader is as die 2020 voorspelling wat sommige ontleders voorspel. Bottom line is Zuma het wel die potensiaal wat 5 jarige seuntjie het wat by die kleuterskool opdaag met ‘n dubbelloop haelgeweer

Hennie ·

Gordhan kan jy dit nog duideliker maak dat jy uit Zuma se hand eet! Dis duidelik dat die president se onnoselheid nou deeglik in jou gestalte kry.

Mr P ·

Boer die rekeningkunde is nie st 3 werk nie maar wel st 5 werk. Lekker gelag.

Boer ·

More Mr P.
Lekker ge”smil” vir jou nou
Ek het probeer om op st 3 vlak te kom. :)

Rynhardt ·

As Zuma nie verantwoordelik is vir die uiters swak rand nie, dan is hy en Anc ook nie verantwoordelik vir die vernietiging van ekonomie nie.Ek het tot die gevolgtrekking gekom, dan moet dit die paashaas wees of hoe? Pravin Gordhan speel n groot rol van misleiding!

Hennie Theart ·

Regtig Mnr. Gordhan?? Die stories wat jy en Mnr, Radebe vir ons voer moet ons glo?? Jy se self daar is faktore wat nog onbekend is – dit is bekend aan ons, en dit is die regering se speelery, verkwisting ens met ons (die belastingbetalers) se geld.

StopTheMadness ·

Die minister se bevoegdheid moet net soos die van die res van die kabinet bevraagteken word. Die rand het nie begin val toe Nene vervang is nie, die agteruitgang kom oor dekades. Stop The Madness!!

emcgroenewald ·

iemand het eendag gese sit 5 blankes by mekaar jy kry 5 politieke partye en 4 kerke. ons is nie in oorlog teen mekaar maar ons stryd is teen die bose mense wat nou ons land regeer. kyk dieper na geestelike kant. mense wat sangomas raadpleeg, voor vader geeste aanbid. geen wonder dit gaan so in ons land. ons moet terug keer na god nou praat ek nie van 5 gesange en mooi preek sondag nie, elke persoon moet verhouding met god he. dan sal die here ons land genees. hoekom is daar droogte daar is geestelike droogte in ons lewe. god stel konings aan en hy sit hulle af. tyd dat ons begin bid dat die here vir ons geesvervulde president gee. is nie nou tyd om onder mekaar te baklei nie, ons opinies maak niks aan die saak.

Johannes ·

Emc… Ek stem… Babbel help niks. GOD sal intree wanneer ware gelowiges opreg opstaan en vra.

Frans ·

Beleggers soek stabiliteit en vertroue dat hul beleggings veilig is,want hul belê om ‘n opbrengs te verdien wat beter is as waar hul beleggings was. Jy kan nie mense dreig dat jy
dit waarin hul belê het gaan nasionaliseer nie en so sake vertroue ondermyn en dan gedurige stakings probeer goed praat nie en dan verwag dat hul nie hul beleggings gaan onttrek nie.

Dit help nie om ‘n swak Rand as ‘n uitvoergeleentheid voor te hou nie as jy nie produkte het waarvoor daar ‘n aanvraag is nie.Die hele ANC-beleid is in stryd met vraag en aanbod en risiko want wie wil ‘n vennoot wees in ‘n besigheid waarvan jy die helfte aan die werkers moet gee welwetend dat hul nie die vermoë het om ook die risiko te dra nie en slegs belangstel om te deel in die opbrengs, nadat al die insette en beplanning van een kant afkom en hul slegs arbeid bydra.

ELMIEN ·

Regtig. Dink hulle ons is stupid. Nie almal het net graad 4 nie.

BoereBikerBaby ·

Wonder hoeveel is hy betaal om die skuld af te skyf van Zuma af… lekker man, lekker…

Johannes Meintjes ·

Ons weet mos dit is alles Jan van Riebeeck se skuld dat die markte SA voorturend oor ekonomiese en politieke stabiliteit moet aanspreek!

Mdondo wami ·

Oeeeee eh eh!! Pravin is duidelik nie nie in die game nie…. Alle finansieele ekspers is dit eens dat namba wan se swak leierskap, korrupsie en uitlatings ons land op die afdraende het….

Oh my word ·

Nogal regtig gedink Pravin het iets tussen die ore!!!! Pravin om jou integriteit op te offer vir ‘n idiotiese President klink dalk eerbaar, dalk held wees, maar outjie mens doen dit vir iemand wat eerbaar, voorbeeld, leier en nogal darem iets tussen die ore moet hê!!!!!!! Dalk kry hierdie kader om die grootste ramp in SA geskiedenis geld om die strooi te praat!!!!!! Pravin leef die waarheid, jy hoef dit nei te doen, SA sal agter jou staan! Indien nie gaan die rand nog net verder agteruit en dan sal jy elke woord sluk ou.

Piet Pompies ·

Die regering beskik tans nie oor genoegsame fondse om sy uitgawes te dek, hierby ingesluit is die e-toll sage en ander glipsies wat die belastingbetaler voor moet opdok.
In 2016 gaan ons ‘n verhoging in personlike belasting en of BTW sien om die regering se tekorte aan te vul, en as u as minister van finansies nie kan verstaan dat dit een van die oorsake is dat die rand sy waarde verloor, dan stel ek voor, kies ‘n ander beroep. Ons betaal belasting meer as een keer vir dieselfde doel, nog ‘n rede… on effektiewe staatsdiens… misdaad….regerings beleid……
Soos die liedjie gaan, “Vader Jakob, vader Jakop, slaap jy nog, slaap jy nog…… Wakker word Mnr die minister van finansies

Voorlaaier ·

Pravin is nie i idioot nie. Ek glo hy het die verklaring gemaak geweer teen die kop. Om stortkop te verontskuldig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.