Zuma glo ongelukkig oor Nkandla-onkoste

 Foto: GCIS

Foto: GCIS

Volgens Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, is president Jacob Zuma bekommerd oor die verhoogde koste van veiligheidsopgraderings by sy privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal.

Volgens die SAUK het Gigaba gesê het dat sommige ANC-lede, waaronder Zuma, bekommerd is oor die koste van die opgraderings. Gigaba het oor die naweek die Solomon Mahlangu-gedenklesing in Limpopo waargeneem.

Volgens Gigaba sou Zuma nie die interministeriële taakspan opdrag gegee het om die saak te ondersoek, as hy nie oor die kwessie besorg was nie. Hy het teen die Openbare Beskermer, adv. Thuli Mandonsela, uitgevaar en haar beskuldig dat sy politieke speletjies speel.

Madonsela het haar finale verslag oor dié opgraderings op 19 Maart bekend gemaak. Sy het bevind dat Zuma en sy familie ruimskoots voordeel getrek het uit die opgradering ter waarde van R246 miljoen. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Praetor ·

Nou toe nou. Eers nadat Windsor Kasteel in al sy glorie klaar staan……ontwaak koning Zums en wonder kwansuis wat het die grappie gekos !
Verneem hy’t eertyds dieselfde kaart geskiet toe hy as beeswagter altyd met n te kort aan vee by die modderhut opgedaag het.
Altyd gele en slaap.
Gedog hul’s voltallig want hy kon met sy std 6 wiskunde, skaars tel. ( laat staan nog tot R230,000,000.00 )

Peter Says ·

MMmmm, is dit nie nou te laat om bekommerd te wees nie ??? Skade is gedoen.

AmY ·

Ek het nou so lekker gelag, almal in die kantoor het vir my gekyk. Toe vertel hulle waarom ek lag, en toe lag hulle saam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.