Zuma glo te siek vir Zondo-kommissie

Oudpres. Jacob Zuma. (Argieffoto: ANA)

Oudpres. Jacob Zuma is te siek om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te verskyn, het die oudpresident se regspan vandag voor adjunk-hoofregter Raymond Zondo gesê.

Zondo het ‘n aansoek van die kommissie se eie regspan aangehoor dat Zuma gedagvaar word om van 27 tot 31 Januarie voor die kommissie te getuig nadat hy by die afgelope drie geskeduleerde verskyningsdatums nie opgedaag het nie – elke keer met ‘n ander verskoning.

Hierdie keer het sy regspan weer ‘n paar wye esse gekap met die uiteindelike boodskap dat Zuma nogmaals nie gaan opdaag nie.

Eerstens het die Zuma-regspan eksepsie geneem oor die moontlikheid van ‘n dagvaarding. Hulle meen dit dui op ‘n negatiewe ingesteldheid teenoor Zuma binne die kommissie, en dat dit onnodig naar van die kommissie is.

“Waar is die ubuntu (medemenslikheid)?” wou Zuma se regsverteenwoordiger weergaloos weet.

Zuma se regspan het ‘n ongewone aanbod aan Zondo gemaak – dat die hoof van Zuma se mediese span die regter op vertroulike basis sal inlig oor presies wat Zuma se krankemente dan nou behels.

Zondo, wat hom nie met slap pap in ‘n wip laat vang nie, het gesê hy is baie ongemaklik oor die voorstel, maar dat hy daaroor sal nadink en later ‘n uitspraak daaroor en oor die aansoek om die uitreik van ‘n dagvaarding sal lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Eddie ·

Los die probleem op.
Kry n paar verskillende ondersoeke deur Drs en laat hulle hul verslae indien .
Hy ly waarskynlik net aan angstigheid want hy weet dat hy fout was en dat hy sy staf sal moet uitdien. Vat hom vas!

Johan ·

En so sal dit aanhou karring vir jare en jare totdat Zuma oor baie jare dood sal gaan van ouderdom.

Merrie Perd ·

Daar het jy dit nou. Ek het al laas jaar toe Zoempie voor die “kommisie” verskyn het, en al sy jakkals draaie gegooi het, voorspel dat hy te siek gaan wees om regs aanspreeklik gehou te word vir sy wandade. Siedaar, hier is dit nou.

Sanet Coetzee ·

Amper soos die Shabir Shaik-beproefde metode om vervolging te vermy.

Akademi Buktu ·

Hy lê ook seker op sterwe soos Schabir Schaik destyds?

Frans Ferns ·

Nogmaals weer n dinges verskoning. Regter Zondo u moet asb STERK standpunt hier inneem. Wat weet Zuma en sy regspan van MENSLIKHEID af?
BOETA

Josephine Maarman ·

Nou toe Jakoppie, groet dan tog nou maar asseblief

J J Schoeman ·

Luister, as iemand in ‘n rondawel gebore is, hoe gaan jy hom ooit in ‘n “hoek druk?”,,,,,,,,,,

Theresa ·

Ja en ek is Tinkerbell………………………………

Neels ·

Hy het seker shabilefemilitus onderlede. Net ongeveer n week terug is in die media berig oor n opskudding by n bank in KZN toe hy en sy meeloper Menyeni daar opgedaag het. Toe was hy nie te siek om rond te ry nie.

Johan ·

Neels. Die Afrikaanse woord vir sy siekte is “Wildebees-boeppens-agteroorval-siekte”

pietie ·

Vir n ou wat al die jare sy dag in hof soek om sy onskuld te bewys , gaan hy darrem maar deur baie uiterstes om daar uit te bly?????? Ek meen, selfs n dokters brief al die pad van Kuba ????? Ons dokters nie goed genoeg nie,,,,,,,,,, of wat ??????

Magda ·

Siek of “siek” soos Shaik wat toe nooit siek IS nie !!!

Natascha ·

Die man makeer net mooi niks, kyk hoe op en wakker was hy op daai laaste vlug, waar hy veronderstel was om glo siek te wees.
Nee hy vat n vet kans, dink hy soek net uitkom kans, want hy weet hy is vas en gaan nie lig daarvan afkom nie.
Hoop nie dat hul dit hier gaan los.

Gemaskerde Sopbeen ·

Kan julle nie sien hoe Schaik hy van die koors nie? Geld-koors….

Benita van Onselen ·

Nooit, dit kan nie wees nie. Hy het dan gestort na die tyd.

Pottie ·

Skop die emmer en kry klaar ek gaan vir n week drink van blydskap

Therese van Schalkwyk ·

Dalk moet iemand vir JZ in die oor fluister dat hy gerus maar kan gaan ‘getuig’ voor die geld- en tydverspillende, tandelose Zondo-kommissie.
Dit sal die hordes verontwaardigdes, dikwels met eie geraamtes in die kas, vir ‘n rukkie laat bedaar en die klugspel laat voortploeter.
Dat dit só maklik is om liggelowiges te paai …

Geen keuse ·

Regter Zondo het geen keuse as om hom te dagvaar nie. Dan kan hy hof toe gaan om die dagvaarding tersyde te stel. Die regter in die hof sal dan besluit of hy regtig siek is en die publiek sal weet wat sy self-gefabriseerde krankhede is.

John ·

… was dit nie Kubaanse sigare wat Shaik, een been in sy brandpoel, moes rook as behandeling teen sy ernstige onnoembare kwaal nie. Zuma volg net sy voorbeeld, want kyk hoe gesond die ex-prez se beste pèl nou is. Zondo is deur Zuma aangestel en nou gaan hulle eye to eye in die geheim… Ons hoop werklike nie dat die regter gaan aansteek nie, want dan is die kommissie se dae getel en al die werk in Kuba-aroma verkool.

aj ·

Die SA regstelsel se GELOOFWAARDIGHEID gaan bly staan … of VAL by die Zuma geval.

Ek hou asem op!

Saartjie ·

Hy lieg hy makeer niks…….hy het nie meer lieg stories oor nie nou speel hy siek

Somme ·

Dis nogal n komplimenterende foto van ons oud president , so’ “leesan proppalie” . Postuur . Voel intens of ek intens saam wil telefoneer

Ai Tog ·

As ek Zuma se gesig sien, raak ek oop opslag siek…… Mens noem dit Zuma-Alergie.

Nugter ·

Ons moet ook in gedagte hou dat die anc rugsteun vir zuma, hulle is glad nie ernstig oor hom dat hy tronk toe moet gaan nie. Hy is ‘n groot maatjie en lank in die anc en hulle kyk mooi na hulle kaders, hy sal nooit tronk toe gaan nie.

Danie T ·

Genoeg is nou genoeg. Sy afspraak met die oranje pakkie is lankal “overdue”.
Sluit sommer sy regspan en dokters wat saam met hom lieg en bedrieg ook toe.
Ons het nou genoeg van sy twak gehad

Hasie ·

Ou zuma het baie aanhangers. Kan jy jou indink hoe gaan Magashule en die lot op en af spring en geboue afbreek en aan die brand steek as zuma tronk toe moet gaan?

EKKE ·

Hy klink soos Schabir Shaik, want hy “duck & dive” omdat hy maar té bewus is van al die bollie wat hy aangevang het.

Christo ·

Moet tog net nie probeer om iets aan hom te doen nie, want dan word sy menseregte mos geskend………wat ‘n blerrie grap.
Menseregte…….vloekwoord wat SA getref het.

EO ·

Stress, pappa, stress. Ek sou ook “skielik” siek geword het as ek hy was. Die senuwees begin nou knaag!!! Want hy weet ‘n swaard hang oor sy kop. (nie ‘n stortkop nie)

Lou ·

Ek weet van ‘n pil wat sal help vir sy siekte maar mag dit nie noem nie, want dan sal ek ook beskuldig word van on-medemenslikheid, as daar ooit so woord bestaan.

Johan ·

Zumpie sal die hof en die tronk altyd ontwyk want hy ly aan Shaikitis❗️

aj ·

Ek waarborg dat SA ekonomiese groei, werksverskaffing, OPgradering deur Moody’s ens gaan beleef SODRA ZUMA ARRESTEER WORD.

Die land se toekoms word bepaal deur wat met Zuma gaan gebeur … of NIE gaan gebeur nie.

Of is ons redding meer waarskynlik deur Trump wat ‘n ‘drone’ stuur …?

maans ·

Hierdie man is n uitgeslaapte skelm wat al die wette wat hulle en de klerk onderhandel het gebruik om vir niks verantwoorbaar te wees.

jakes ·

Dat Jacob siek is betwyfel ek dit glad nie. Die ongesteldheid is egter van die nek af boontoe, soos baie van sy huidige kollegas in die regering wat aan diesekfde kwaal ly.

Luka ·

Die ge Zuma van die shaik shaik en sy siekte is ge fake-fake en sy verskonings ruik-ruik en almal bee bob a lula in die berge

Astrein ·

Dit klink vir my na n Afrikaanse treffer in wording die, skryf asb en toonset sodat ons lekker koor kan sing vir die Zumpie!

Peter ·

Het is een heel vreemd verschijnsel, dat als dit soort van figuren uiteindelijk ter verantwoording worden geroepen over hun doen en laten, zij ineens zwak, ziek of misselijk zijn. Ja, dat zou ik ook worden! Walgelijke lieden!

A Mac ·

Ons het tog regtig nie gedink Zuma gaan goedsmoeds voor die hof gedaag word nie? Hy het mos ‘n paar mooi voorbeelde gehad van mense wat “weens siekte” maar lig daarvan afgekom het. As jy nou maar een maal skelm en oneerlik en liegterig is, hoekom sal jy nou verander. “Soek my dag in die hof!! Soek my dag in die hof!” Ja, Zuma, soek maar lekker verder, veral met die ernstige, geheime siekte. Terloops – jy lyk te spekvet en gesond om te spot met siekte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.