‘Zuma, Gordhan se verhouding’ rede vir skommeling

Pravin Gordhan (22 Februarie 2017) Foto: GCIS

Die ANC het Woensdag gesê pres. Jacob Zuma het Pravin Gordhan die trekpas as minister van finansies gegee omdat hul verhouding “onherroeplik skade gely het”.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê die party se nasionale werkkomitee aanvaar die verbrokkeling van die verhouding tussen Zuma en Gordhan as die rede vir die kabinetskommeling. Mantashe het gesê die sogenaamde “intelligensieverslag” waarop Zuma kwansuis sy besluit gegrond het “kompliseer net dinge”. Die verslag is volgens Mantashe voorgehou as die enigste rede vir die kabinetskommeling. “Dié rede is egter jammer en onakkuraat,” het Mantashe gesê.

Zuma het egter te midde van beplande landwye protesoptogte om sy kop te eis sterk en selfversekerd die komitee se vergadering Dinsdagaand verlaat. Die komitee het gesê hoewel die reaksie op die kabinetskommeling nie wenslik is nie, die bekwaamheid van die nuutaangestelde ministers nie uitgereken moet word nie.

“Ons betwyfel nie dat hulle met integriteit, toewyding en nederigheid sal werk om ons mense te dien nie. Die ANC wens hulle sterkte toe.” Mantashe het wel toegegee dat Zuma nie genoegsaam met ander gekonsulteer het voor die kabinetskommeling nie.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het vroeër die kabinetskommeling veroordeel en gesê die lys is “iewers” saamgestel maar nie in die ANC nie. Zweli Mkhize, die ANC se tesourier-generaal, het hom ook, soos Mantashe, vroeër uitgespreek teen die skommeling.

Mantashe het egter Woensdag gesê dit moet nie weer gebeur dat top-lede van die ANC vir Zuma in die openbaar kritiseer nie.

Volgens Mantashe is daar ook ʼn verslag aan die komitee oorhandig oor sekere lede se ongelukkigheid oor die skommeling. “Die komitee is ook ongelukkig oor Cosatu, die SAKP en ander wat eis dat Zuma bedank,” het Mantashe gesê. Volgens hom sal die ANC samesprekings hou met dié alliansievennote.

Jessie Duarte, adjunksekretaris van die ANC, het gesê die party weet al van verlede jaar af dat Zuma vir Gordhan wil verwyder. “Hy het ons verlede jaar al gesê dat dit is as gevolg van hulle verbrokkelende verhouding, so ja – ons het geweet,” het Duarte gesê.

Gordhan het egter vroeër die week tydens ʼn mediakonferensie ontken dat daar spanning was in die verhouding tussen hom en Zuma.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

E van Heerden ·

Zuma moet net gaan en sy tjommies moet saam. Hy het klaar die land opgeneuk.. Hoeveel skade wil hy nog doen.

Scalla ·

Gordan wou nie dokumente teken waar die guptas en z bevoordeel word nie, roep hom terug van die buiteland, fire hom, stel n kader aan wat aan hom onderdanig is en hy weet nie eers wat hy teken soos met die kernkrag ooreenkoms nie, Dit is tyd dat lieg en bedrieg sake op die lappe moet kom, as z gelig word is die tronk sy voorland, kom met alles weg, die wiel draai.
Mag geregtigheid geskied.

Charmaine Griffiths ·

Dit is wat in egskeidingshowe gebruik word, nie van toepassing hier, behalwe as ons as Suid Afrikaners dit gebruik in ons massa aksie hofsaak teen Zuma. Let the fingers do the walking. Klim op sosiale medium en vra klas-aksie aan teen Zuma vir presies dit.

Johann ·

Soos opregte skoothindjies wat nie hul baas sal byt of voor blaf nie; solank NUMBA WHONE net genoeg uitdeel om.die skoothinjies stil te hou. Moet sê: aan kreatiewe LIEG in die openbaar skort die ANC ZUMAIKIES nie! En dan dink hulle.ons is dom genoeg om hulle te glo? SA VIR DIE HINDE GEGOOI….ter.wille van die ANC en sy magsbehepteheid…ten koste van ons eens mooi land! OF geen begrip van wat hul.absurdhede tot gevolg het; of deel van n verwoestings anargie om SA te breek en verwoes…leeg te steel vir die wat NOU als wil hê…OF Zuma weet iets van iemand wat daai iemand nie wil laat uutkom nie? Wat ook al: AFRIKA AFRIKA…vernietig als.wat voorkom.en blammeer als en almal om jou! SKOKKEND. SHAME ON YOU ANC!!!!!

Arie ·

Ek is bevrees die anc is ruglaatloos! Ramaphosa het nie die guts om op te staan en die leiding te neem nie

AL ·

Ramaphoza gaan seker nou ook gefire word? Deurdat hy gewaag het om sy mond oop te maak.

Justice ·

Sit seker teen die tyd al klaar `n bier en drink op sy 14 000 ha esotiese wildsplaas in Limpopo.

Sw ·

Zuma wou Gordhan al in November 2016 afgedank het!! Die 3 groot ANC topmanne is ryk en worry nie oor die gewone burgers op straat wat swaar kry en sente moet omdraai nie.

Justice ·

Dus is Zuma se ego groter as die land se ekonomiese belang.

Shrek ·

Ek dink Zuma se rede om Gordan af te dank is sommer twaak. Waar is die reenboog nasie al die ministers is nou Swart.

Johann ·

Wat het ons anders gedink? Jacob Zuma het al een keer in die howe voor die wêreld.weg gekom met verkragting…hoekom nie n hele.land verkrag en daaroor.lag terwyl hy en sy handpoppe skep.en skep.en skep en skep. Nog nooit het ek iemand.se.fisiese teenwoordigheid.so vervloek as die barbaarse boosheid van n ANC nie! Gaan NET oor hulle self!!!!! En die massas val voor hulle voete neer en aanbid die dorre aarde.wat hulle agterlaat????? Hou hulle.presies.waar.hulle hulle wil he…uneducated masses! SHAME ON YOU ZUMA!

HEVW ·

Ja dit is wel waar dat die verhouding tussen Gordhan en z versuur het. maar die rede is die saaklike waaraan aandag gegee moet word. Gordhan was nie manuleerbaar nie . En ook het die waarneembare aanhang van die burgers en ook die aplous tydens die begrafnis vir z n doring in die vlees geword. z integriteit en eerbaarheid is nie pasmaats nie. Dit is net ondenkbaar dat n grondwet aan n enkele persoon soveel mag kan verleen en dit boonop aan n president in n Afrika land. Die voorland moet dan uhuru wees.

Heleen ·

Zuma se tjommies gaan niks doen nie..hulle is almal deel van die “gravy” trein..

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het geweet Zuma is ‘n ongeletterde maar so onnosel dat hy ‘n goeie werker afdank omdat hy nie meer van hom hou nie! En DIT om die hele land in ellende te dompel. Dit was so maklik om Richard Nixon af te dank net oor ‘n afluistery maar hier sit ons met ‘n totale NAR en honderde kriminele sake teen hom en hy BLY SIT! Is daar ander opsies om van hom ontslae te raak?

SARIE VAN HEERDEN ·

As die studente ooit weer amok maak met “DOWN WITH …….” sal ek eerste wees om vir hulle hande te klap want die regering moet nou van alle kante gedruk word. Kry die studente om van vooraf amok te maak met alles wat daarmee gepaardgaan. Viva Studente, Viva.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.