Zuma hervat volgende week verpligtinge

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma is uitgerus en sal volgende week sy verpligtinge hervat, het die presidensie Saterdag gesê.

“Die president het van die huis af gewerk en sy eerste openbare verpligting sal Dinsdag se staatsrede in die parlement wees,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, gesê

Zuma sal ook Woensdag en Donderdag se parlementêre debatte oor die staatsrede bywoon en Vrydag daarop reaksie lewer.

Cyril Ramaphosa, adjunkpresident, sal Woensdagoggend se The New Age/SABC-besigheidsete bywoon terwyl verskeie ministers en adjunkministers ook media-onderhoude sal doen oor die staatsrede.

Zuma het vir ‘n week van die huis af gewerk nadat hy vir ‘n kort rukkie in die hospitaal opgeneem is vir ‘n roetine-ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.