‘Zuma het geen gronde vir appèl nie’

Oudpres. Jacob Zuma by die Zondo-kommissie. (Foto: AP)

Die Demokratiese Alliansie meen voormalige pres. Jacob Zuma het geen gronde om die hoogste hof van appèl te nader om die beslissing van die Pretoriase hooggeregshof om te keer dat hy die geld moet terugbetaal wat die staat tydens sy talle hofsake aangegaan het nie.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het gesê die party is van mening dat Zuma geen gronde het vir appèl nie, omdat hy reeds vantevore probeer en onsuksesvol was om die uitspraak in die hooggeregshof om te keer.

“Zuma se hofsake het miljoene rand se regskoste beloop vir die beweerde misdade wat hy in sy persoonlike kapasiteit gepleeg het, wat niks te doen gehad het met sy rol as LUR, adjunkpresident of president nie. Hy is dus persoonlik aanspreeklik vir die kostes wat aangegaan is en hy moet dit self betaal,” het Selfe gesê.

“As Zuma werklik onskuldig is, sou hy nie by beuselagtige geskille betrokke geraak het om die staatskas te plunder vir sy hofgedinge nie.”

Volgens Selfe is Zuma se aansoek om verlof tot appèl doelbewus ontwerp om die hooggeregshof se uitspraak te ondermyn.

“Die DA is vol vertroue dat die hoogste hof van appèl die saak vinnig en beslissend sal hanteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Michael P ·

Sakkie ek sal nie eers my geld mors op n oranja pakkie nie Ek sal hom net n streep sak gee.

SjN ·

As hy geen grond het nie, hoe het Vbs hom n verband op Nkandla toegestaan. Die wiel draai

Pieter ·

En so word ons belasting geld maar weer net gemors dit gaan lekker in die land

Gert van Wierdapark ·

Die Ge-Zum van die Bye in die vrot turksvye, langs die Nkandla Soda-spuitfonteine – JZ het al sy spaarvarkies al gebreek om ‘n duik in sy regs-rekeninge te help maak. Shame, en nou is die Zuptas ook nie meer in SA vir’ n ou uithelpertjie nie!! Ek hoop sy Taylor made Oranje pakkie sal n “snug-fit” wees! He-he-he!!

Manie van Worcester ·

hy sal nooit ooit in tronk beland, ook nie een van die ander wat die land plunder nie, dalk kry solidariteit met afriforum se regspan vir molefi daar maar dit sal sukkel

aj ·

Regsverydeling! Dwarsboming! Dis wat Zuma se prokureurs gedoen het om sy dag in die hof te ontduik. Hulle moet GEEN VERGOEDING daarvoor ontvang nie. Inteendeel …! … hulle moet SAAM met Zuma getraf word!

Sonder sy regs’verydelaars’ sou Zuma lankal in die tronk gesit het. Laat hulle BETAAL nie ons as belastingbetalets nie!

Merie Perd. ·

Die blanke van die land het geen se nie. Hy sal seker elders ontplooi word. Ver weg van die aarde af, dalk op die maan? O ja, daar is alreeds n paar goedjies wat kan wegraak, dalk na die donker kant van die maan. Of die buit sal dalk na Nkandla se ondergrondse bom skuiling gestuur word. In binneland se gange is daar reeds so n gerug dat daar is so n paar randjies daar iewers gebere is.

Yankee ·

Te laat vir als. Suid -Afrika grated to Worldwide junk status!! How do you get back from that. Never!!! Cry my beloved country.

John ·

Hoe swaar moet dit nie wees vir die miljarders in SA om die heeltyd armoedig te moet voorkom om die wèreld te flous nie. En buitelandse banke wat die geldjies bère, trek lekker rente… leen dalk selfs van die geld uit aan ons regering… en as ‘n outjie die emmer skop, bly die bank tjoepstil en die base bou nog huise op ‘n lekker eilandjie… Dit is moontlik hoekom Dubai so blink… en Indiè dit kan bekostig om maantuie te pos.

Gert J ·

Ek dink ons moet die EFF weer vra om vir Zumpie te vra om te begin betaal aan sy hof skulde. Dis nou al hoeveel jaar en hy het nog nie begin terug betaal nie. As ek stop om my motor te betaal is di balju op my. Nou hoekom nie hy ook nie of is hy verhewe bo die reg. Ek dink hy is net n tronkvoel met slim planne. Wat n skande vir Suid Afrika n tronkvoel vir n president.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.