Zuma het geen skaamte nie, sê EFF

Pres. Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Saterdag in ʼn verklaring gesê hy verwelkom pres. Jacob Zuma se appèlaansoek teen ʼn hooggeregshofuitspraak, solank hy self die regskoste betaal.

Zuma het aansoek gedoen om verlof tot appèl teen die uitspraak in die hooggeregshof wat sy aansoek van die hand gewys het teen die beslissing dat hoofregter Mogoeng Mogoeng sal bepaal wie die kommissie van ondersoek oor staatskaping sal lei.

“Die EFF verwelkom Zuma se appèlaansoek teen die uitspraak dat hy die regter moet aanstel wat die hoofregter kies,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê. “Ons verwelkom dit as sy demokratiese reg, solank hy self die regskoste betaal en solank hy nie belastingbetalers se geld gebruik om sy regsopsies uit te put nie.”

Die EFF beskryf egter Zuma se jongste aansoek om verlof tot appèl as “skaamteloos”. “Dit is duidelik dat die man alle kapasiteit om skaam te wees, verloor het. Dit is nie net ʼn verleentheid dat hy stry teen die aanstelling van ʼn regter in ʼn kommissie wat hom sal ondersoek nie, dis ook ʼn teken dat hy die ondersoek self wil ondermyn deur dit óf uit te stel óf deur regsbeginsels wil ondermyn. Want ʼn kommissie wat deur hom aangestel word, waar hy ondersoek word, se bevindings sal bevraagteken word weens die konflik van belange.”

Die Demokratiese Alliansie is ook van mening dat die president ʼn aanvaarde beginsel daag dat mens nie self die regter kan aanstel wat jou gaan ondersoek nie.

Die DA het gesê hy sal Zuma se aansoek om verlof tot appèl teenstaan.

Die party wil hê die nuwe ANC-president, Cyril Ramaphosa, moet ingryp. Ramaphosa is ook die adjunkpresident van die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

snoefie ·

ons het geen rede om die paddaman te vertrou nie. hy het sy eie intensies met blanjes, swart op wit verkondig. verder beliwe hy op alle politieke rallies dat geen wit man gaan werk terwyl n swart mens werkloos is nie.

Onnie ·

En so ook die EFF…geen skaamte! Ek vertrou geen party meer nie, die DA bo aan die lys. Die politieke spel, is ‘n vuil een.

De Villiers ·

Asof die EFF nie rede tot skaamte het nie. Hul leier, Malema, maak gereeld belaglike uitsprake en sit met bedrogklagtes teen hom, maar hy gaan net soos Zuma, onverpoosd voort daarmee, al kry hy pak slae in die howe daaroor. Die EFF is die laaste party wat hierdie tipe uitlatings kan maak.

Onnie ·

Twyfel sterk oor vir wie ek sal stem in die kommende verkiesing. Almal ewe selfgesentreerd. Ons is in ‘n hoek – between the devil and the deep blue sea, met Frankenstein en die Lochness Monster aan weerskante. Ons stuur af op ‘n Ramp(aposa)! Die ANC is nogsteeds vrot van binne – onthou die man is nie ‘n miracle worker nie. Daar is baie werk om the down – Zuma het ons at least ‘n paar jaar terug gesit wat demokrasie en rassisme betref, dan praat ek nie were vd ekonomiese agteruitgang nie. God save our Souls!?

LB S ·

Onnie, wat mense soos jy nie verstaan nie, is dat ons moet spook om die ANC te onttroon! En die enigste manier om dit te doen, gaan wees om almal vir eens saam te staan en DA te stem, MET koalisies! Ja, in elke party kry jy die kansvatters, maar die DA is voorwaar nie die slegste party nie. En as die ANC eers uit is, kan al die partye wat koalisie gevorm het, mos maar die probleme uitstryk – op ‘n sinvolle manier.

Alida ·

Solank hy WEER verloor met koste en SELF betaal. Die regters is gatvol vir sy games.

Fourie ·

Hierdie man se speletjies!!! Maar laat hom aangaan om die grondwet te toets; dis hoogtyd dat die magte van die president ‘n slag ingekort word. So kan dit mos nie aangaan nie!!

He ·

Mense het julle regtig aandag gegee aan die EFF se manier van kommentaar lewer. Dis te gesofisikeerdt. Wonder hoeveel word die persoon betaal?.
Hier is n groootttt gemors wat gaan kom. Malema self is te stil.
Cyril speel net skaak en dit met almal in ons land se gevoelens.

Stag ·

En wat kan hulle doen? Absoluut niks. Stem vir n groter oppisisie is al opsie en neem dit dan verder . Almal hierdie klein partye beteken niks.

Hanna ·

Oh look who’s talking! The pot calling the kettle black? Lekker lag ek nou.

Andre ·

Onnie, as jy twyfel oor wie om voor te stem het jy in elk geval vir die DA of ANC gestem. Vir die land se ondergang. Voels van eners vere.

Jacques venter ·

Halllo Andre
Op grond waarvan noem jy die ANC en die DA, voëls van eenderste vere?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.