Zuma het gesê hy sal nie Basjir se inhegtenisneming toelaat nie – Mugabe

President Jacob Zuma en president Omar al-Bashir in Soedan (31/01/2015) Foto: Departement van kommunikasie

President Jacob Zuma en president Omar al-Basjir in Soedan (31/01/2015) Foto: Departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma het glo onderneem om nie die polisie toe te laat om die Soedannese president Omar al-Basjir in hegtenis te neem nie, het Robert Mugabe, voorsitter van die Afrika-Unie, Dinsdagoggend by ʼn perskonferensie na afloop van die AU-beraad, gesê.

“Zuma het vir my gesê een van die nie-regeringsorganisasies is hof toe, en ek is baie seker dat hulle deur buitestanders gebruik is,” het die Zimbabwiese president gesê. “Hy [Zuma] het gesê pres. Basjir sal nie in hegtenis geneem word nie, aangesien hy nie sal toelaat dat die polisie hom in hegtenis neem nie.”

Mugabe het net na middernag die beraad, wat op 7 Junie begin het, amptelik afgesluit.

Basjir het Maandag na Soedan vertrek, ondanks ʼn hooggeregshofbevel wat hom verhoed om Suid-Afrika te verlaat. Sy vertrek het gemengde reaksie ontlok, met opposisiepartye wat die regering daarvan beskuldig dat hulle ʼn hofbevel verontagsaam het.

Die internasionale strafhof beskuldig Basjir van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en volksmoord in Darfoer. Twee lasbriewe vir sy inhegtenisneming is in 2009 en 2010 uitgereik.

As ʼn lid van die internasionale strafhof is Suid-Afrika onder ʼn verpligting om hom in hegtenis te neem en aan die hof oor te gee.

Die Suider-Afrikaanse Litigasiesentrum het ʼn aansoek in die Pretoriase hooggeregshof gebring om Suid-Afrika te dwing om Basjir in hegtenis te neem terwyl hy die AU-beraad bywoon.

Mugabe het egter gesê die strafhof (ICC) is nie in die kontinent welkom nie. “Hierdie is nie die internasionale strafhof se hoofkwartier nie. Ons wil dit glad nie in hierdie streek hê nie. Daar is ʼn siening dat ons uit die ICC moet onttrek, maar ongelukkig is die ooreenkoms wat in die hof gesluit is nie deur die AU onderteken nie, maar individuele lande,” het Mugabe bygevoeg. “Die ICC is daar om ons te help om ons by te staan in verhore, veral in gevalle van geweld in enige land tydens ʼn verkiesing, maar diegene wat die ooreenkoms onderteken het, is nou spyt. As Zimbabwe het ons dit van die hand gewys om onsself aan buitestanders se geregtigheid te onderwerp. Ons het nooit by die ICC aangesluit nie.”

Nkosazana Dlamini-Zuma, voorsitter van die Afrika-unie, het gesê daar is geen kwessie by die AU dat Basjir die beraad bygewoon het nie. “Soedan is ʼn lid van die AU en hy [Basjir] woon die berad altyd by. Ek weet nie waaroor is die bohaai nie.” Sy het bygevoeg die AU het geen verbintenis met die ICC nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Peet Schabort ·

Al ooit getwyfel oor die betekenis van ‘om kop in een mus’ te wees ?

Willie ·

Ja jong, buig die reels net soos hulle lekker kry. GEEN gewete nie.
Beskaafde mense kan niks wat uit die ANC voortvloei geloofwaardig ag nie want net more draai hulle om en doen
die teenoorgestelde as dit waarvoor hulle vandag hand op papier gesit het.
(Ons ken mos die storie van Piet Retief vs Dingaan. Niks het sedertdien verander nie!)

George ·

Dit is ‘n geval van net wat hulle pas. Die ANC skreeu vir reg en geregtigheid maar weier om die volle pad te stap. Hulle het basies geen woord van eer, ly aan geheue verlies en word verteer deur selfsug. So wat meer kan die redelike mens verwag?

Dave ·

Zuma behoort toegesluit te word vir dwarsboming van die gereg.

Francois ·

Nee….zuma moet vir dieselfde oortredings aangekla word. As hy dan so kop in een mus is met die ou is hy NET so skuldig om hom te laat “ontsnap” het!

George ·

Wie gaan hom toesluit as hy in elk geval bo die wet staan?

jakes ·

al dra n aap n goue ring ……….om te dink evolusie het sover gevorder ek is seker Darwin het afrika gesien as voorloper van aap tot aap

AH ·

Ons sal nou sien of die ICC die vermoe of wilskrag het om zoempie vir dwarsboming aan te kla

CHRISTA ·

Mugabe erken self hulle wil net die ICC se hulp hê wanneer hulle so voel, maar as honderde duisende deur hulle regerings vermoor word moet die ICC wegbly!! Is dit ons Afrika-leiers se weergawe van ‘menseregte’? G’n wonder hulle burgers vlug nou Europa in nie – en dis nogal na die Europeers wat hulle so in Afrika ONDERDRUK het!!

Pieter dP ·

Net soos Maricana, Nuaclanla, Fifa, Buitelander aanvale sywering in die
staats diens en velemeur. Wat is volgende? Die SA blanke burgers.

scalla ·

Comrades, its pay back time, verhewe bo die wet, die wiel draai stadig maar verseker.

Daan Likewaan ·

MUGABE BEHOORT OOK AAN GEKLA TE WORD OOR DIE MOORDE IN ZIM IN DIE 80’S.

Joe ·

Ons het nie naasteby ‘n idee in hoeveel bollie ons is met hierdie korrupte, wettelose regering nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.