Zuma het ʼn verpligting om te sê wie steel, sê DA

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma het ʼn wetlike verpligting om aan wetstoepassers te rapporteer indien hy weet van enigiemand wat by kriminele gedrag betrokke is, en as hy dit nie doen nie, ondermyn hy die stryd teen korrupsie, het die Mmusi Maimane, leier van die DA, Sondag gesê.

Maroela Media het vroeër berig Zuma het onder andere gesê: “Dit is die diewe en ek weet hulle steel. Ek sien hulle. Ek ken hulle.”

Maimane het gesê indien Zuma geglo kan word, word hy kragtens artikel 34(1) en (2) van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede verplig om “diegene wat steel” by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan te gee.

“Vir pres. Zuma om aan die inligting vas te hou vir politieke redes, ondermyn die stryd teen korrupsie en dit maak hom ʼn medepligtige aan misdaad,” het hy gesê. “Ek het Dinsdag klagtes teen pres. Zuma aanhangig gemaak in terme van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede; ek sal dus die SAPD versoek om hul ondersoek te vergroot om ook diegene, wat die president weet wie steel, te ondersoek.”

Maimane het bygevoeg dit was onverantwoordelik en onwettig vir die president van die land om inligting te hê wat met korrupsie verband hou en dit nie aan die betrokke partye te oorhandig om te ondersoek en te vervolg nie. “Maar dit is geen verrassing nie, aangesien Zuma baie min begrip toon in die negatiewe impak van korrupsie. Dit is dieselfde man wat in ʼn stadium gesê het korrupsie is ʼn ‘Westerse paradigma’-misdaad waar daar ‘geen slagoffers is nie’.”

Maimane het gesê Zuma bewys steeds daagliks dat hy nie geskik is om die president van Suid-Afrika te wees nie. “Die Demokratiese Alliansie sal sy stryd om korrupsie voortsit.”

Zuma het Vrydag aan ANC-ondersteuners in Pietermaritzburg gesê hy is nie ʼn dief nie, maar hy weet wie die staatskas besteel. “Die waarheid is, ek is nie ʼn dief nie en daar is geen bewyse om dit te staaf nie. Die waarheid is dat diegene wat my van diefstal beskuldig, hulself verryk deur diefstal. Ek weet wie hulle is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Regtig? ·

Dan sal hulle eers baie vinnig nuwe tronke moet bou om al die skuldige diewe toe te sluit want ons tronke in hierdie land is oorvol! Ons almal weet dat daar niks van gaan om nie want hulle is almal “untouchable”!?

lettie ·

Dankie aan Mmusi Mamaine en DA met sy deursettingsvermoe. Kap net lank genoeg aan n muur, een of ander tyd gee hy mee. Ek bid hul bonatuurlike seeninge toe in hul daaglikse stryd teen korrupsie, wanbestuur en magsmisbruik.

Maria Van Dieweeck ·

n Egte dwaas soos in Spreuke 26. Hy SAL kry wat hy verdien!

zoom zoom ·

Zuma sal nie sy en sy seun se bron van inkomste bekendmaak nie. So moet nie julle asem ophou vir dit nie. Hy bluff almal om aandag van hom te neem

Alida ·

Ag die pateet gasn net se ons h.et verkeerd verstaan? Hy praat so in die DA se kraal lekker!

popeye ·

In hierdie laaste dae blyk alles deurmekaar te wees! Onder is bo en omgekeerd…..ek voel aan die een kant nogal jammer vir hierdie mense wat geen benul van niks het! Ek glo hulle brabbel aan, maar weet iewers diep in hul siel weet hulle dat dinge besig is om te krummel. Hulle besef hulle is tydelik!

Hasie ·

Wonder of die man nie vir waarneming gestuur moet word nie, want hy klink glad nie vir my lekker nie.

snoefie ·

klag no 744 waarvan daar ook niks gaan kom nie. hy (zuma) het mbeki se termyn klaar gemaak. kry nouvir mbeki to return the honour.

Grassie ·

Ek dink Zoempas het in ‘n spieël gekyk toe sien hy die rakker wat die staatskas so plunder. Hy sukkel net nog ‘n bietjie om te onthou presies wie dit is.

Anoniem ·

En daar praat hy homself toe in ‘n hoek in – nou is daar nog meer skietgoed om hom mee te sink. Doe zo voort!

Nel ·

Die befaamde Poolse skrywer en joernalis, Ryszard Kapuscinski skryf as volg oor die verskil in sieninge tussen die Christelike geloof en die Afrika-dogma oor sondebesef:
“In Africa there is not in existence the idea of a metaphysical abstract evil – evil is in you and through you, not something outside of you. The act only turns evil when it comes to light and secondly, when the community of the individual discovering it define it as evil – in other words undiscovered evil is not evil and therefore do not lead to feelings of guilt”.

Maw jy kan doen nes jy lekker kry solank jy net nie uitgevang word nie.

indigogirl ·

o ek weet, sy naam begin met ‘n J en sy van met ‘n Z, hy werk vir die ANC.

lynette ·

Snoefie, asb moenie sy oortredings minder maak as wat dit is nie. Dis 783 en as jy wil byvoeg, tel by! Moenie dit 744 maak nie! Partymense praat van sy 700 aanklagte maar dis amper 800, so naas demmit daaraan.

Johann ·

Hoekim moet die DA hierdie proses begin? Waars die Polisie…en Vervolgings Gesag…O JAAAAAA….. hulle weet OOK wie steel so nou gaan die proses wees…..sy se hy se hulle ae niemamd se.almal.se…maar vervilg word????? Nie terwyl Zumpiemaikies vir Jacob TOESTAAN om hom (en hulself) t beskerm. PLUS….due opsie om mun tot niks terug t betaal deur n lening wat JOU w betaal…is mos n bewese “skuld erkenning”? JACOB is nie te skerp nie…maar hys GEVAARLIK don astrant. Sal nie akriim im Suud Afrika te verwoes om ho.self te reg erdig nie.

sarie van heerden ·

Juma is slim om sekere goed uit te dink maar hy is dom as hy dink hy kan op televisie lieg en niemand buite hoor of verstaan hom nie. Ons het Sondag gehoor hoe hy in Zulu oor televisie se Thuli kon NIKS verkeerd teen hom vind nie. Het party van die varkies nie die loop ge neem nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.