Zuma het nié ampseed verbreek nie, sê presidensie

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die presidensie het Dinsdag berigte verwerp dat pres. Jacob Zuma sy “ampseed verbreek” het bloot omdat die konstitusionele hof beslis het dat hy vir nie-veiligheidsopgraderings by sy Nkandla-huis moet betaal soos die openbare beskermer hom aangesê het om te doen.

“Die presidensie wil mediaberigte, wat dit verkeerdelik stel dat die uitspraak beteken dat pres. Jacob Zuma sy ampseed verbreek het, regstel. “Die konstitusionele hof het nie só uitspraak gemaak nie,” lui ʼn verklaring wat die presidensie uitgereik het.

“Om die waarheid te sê, waar die regspan vir die EFF, die applikant, spesifiek versoek het dat die konstitusionele hof moet verklaar dat die president deur sy optrede sy ampseed oortree het, het die hof nie enige uitspraak gelewer nie.”

Die presidensie het gesê die konstitusionele hof het beslis: “Die versuim van die president om te voldoen aan die regstellende aksie wat die openbare beskermer in haar verslag van 19 Maart 2014 aanbeveel het, is teenstrydig met artikel 83(b) van die Grondwet en dit is ongeldig.”

“Ons versoek die media om akkuraat te berig en die presiese woorde van die konstitusionele hof se uitspraak te gebruik om seker te maak die publiek word nie mislei nie.”

LP’s is besig om ‘n mosie te bespreek om Zuma in ‘n staat van beskuldiging te plaas. Volg die verrigtinge regstreeks op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Peter ·

Só sal hulle altyd met leuens en skuiwergate verontskuldiging pleit en selfs die konstitusionele hof tot leuenaar maak…..én daarmee wegkom! Dis verstommend hoe die anc vaster as ‘n neet aan zuma klou. Is daar dan nie ‘n greintjie integriteit en verantwoordelikheid in anc geledere nie.

Wikus ·

Terwyl die wêreld probeer om hul mense se lewens gehalte te verbeter sukkul die hele land wat nie korup is nie om ń korupte regering met ń nog meer korupte S/P uit te kry. Hoe belaglik lyk ons in die oë van die wêreld. Geen wonder die rand het ń nose dive weer gevat het. Dankie mnr Jumta.

GES ·

Kan ‘n mens so dikvellig wees om te weier om te gaan? Die hele SA bevolking verag en spot hom maar dit dring nie tot hom deur nie. Is daar probleme met sy intelek?

Plaasjapie ·

Jacob Zuma dink jy regtig dat die publiek jou glo dat jy nie geweet het dat jy steel toe jy gesteel het nie. Is jy so dom dat jy ‘n reeks hofuitsprake nodig het om vir jou te bevestig dat jy gesteel het. Die PP het gese jy moet teruggee wat jy gesteel het en die hof het dit bevestig. Onthou you can fool some people some of the time but not all people all of the time.

Frederik ·

Volgens die presidensie se verklaring was al die bohaai en hofsaak net oor ‘n klein misverstandjie. Nammawan moet egter ‘n goeie gedeelte ( R100miljoen+) terugbetaal en as sy vriend Tom by SARS sy werk reg doen sal hy nog ‘n paar miljoen belasting ook moet betaal op sy meevallertjie.
Kom ons hou alles mooi dop en kyk waar gaan die paar rand vandaan kom.

Rina ·

Hy het dalk nie n ampseed verbreek nie. Maar ons land bankrot gesteel. Nou sit ons wit en swart mense en ons almal betaal die prys, van zuma en sy trawwante se foute. Ons trek swaar en die kos is peperduur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.