Zuma het self ‘tronkbed opgemaak’

Oudpres. Jacob Zuma vra die hof om die lasbrief vir sy inhegtenisneming ter syde te laat stel. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het Dinsdag gehoor oudpres. Jacob Zuma het ʼn streep oorgesteek wat hy geweet het hy nie kan nie en dat hy nou spesiale behandeling van die hof verwag.

“Die Konstitusionele Hof het nie mnr. Zuma se tronkbed opgemaak nie, hy het sy eie bed opgemaak,” het adv. Max du Plessis, namens die Helen Suzman-stigting, vandag in die hof aangevoer.

Die stigting was ʼn vriend van die hof in die oorspronklike saak in die Konstitusionele Hof-saak.

Zuma se aansoek, waarin hy die hof vra om die Konstitusionele Hof se besluit om die lasbrief vir sy inhegtenisneming ter syde te laat stel, is Dinsdag aangehoor.

Die oudpresident, wat vantevore met groot fanfare gesê het dat hy bereid is om tronk toe te gaan eerder as om sy samewerking aan die kommissie te gee, is nou besig met nóg ʼn poging om uit die tronk te bly.

Zuma se regspan voer aan die oudpresident kan nie in hegtenis geneem word hangende sy aansoek in die hoogste hof vir die besluit om hom tronkstraf op te lê, om herroep te word nie.

Du Plessis het egter aan regter Bhekisisa Mnguni gesê Zuma nader nou die hof vir hulp, terwyl hy in voortgesette minagting van die hof bly. Volgens Du Plessis het die Konstitusionele Hof ʼn bevel gemaak dat Zuma teen Sondag moet aanmeld om sy tronkstraf te begin uitdien – ʼn bevel wat hy verontagsaam het en steeds verontagsaam.

Du Plessis voer voorts aan indien Zuma vra dat die bevel opgeskort moet word, hy die Konstitusionele Hof daarvoor moet nader.

“Dié hof kan mnr. Zuma nie help nie,” het Du Plessis met verwysing na die hooggeregshof gesê.

Hy sê ook hulle is van mening dat Zuma geen vooruitsig op sukses het met sy aansoek in die Konstitusionele Hof nie.

Du Plessis het ook gereageer op ʼn stelling van adv. Dali Mpofu, namens Zuma, dat die Helen Suzman-stigting ʼn sogenaamde ongenooide bemoeisieke is met ʼn kantoor en ʼn skootrekenaar.

“Ons is hier in die openbare belang,” het hy aan die hof gesê.

Adv. Tembeka Ngcukaitobi SC, namens die kommissie na staatskaping en adjunkhoofregter Raymond Zondo, het vroeër vandag aangevoer dit sou “regterlike chaos” ontlok indien die hooggeregshof by ʼn uitspraak en bevel van die Konstitusionele Hof “inmeng”.

Hy sê Zuma het eers nadat hy skuldig bevind en tronkstraf opgelê is, ʼn aansoek ingedien. Dit terwyl hy in die verlede by herhaling geweier het om sy samewerking te gee.

Mpofu het in sy repliek gesê dit sou “grof inbreuk maak” op die reg op ʼn regverdige verhoor indien die hof besluit dat die aansoek van die hand gewys word, omdat die Konstitusionele Hof dalk die ander aansoek van die hand kan wys.

Hy voer aan die hof kan nie weghardloop van die jurisdiksie wat aan hom toegeken is nie.

Die Konstitusionele Hof het Zuma tot Sondag gegee om aan te meld om sy 15 maande tronkstraf te begin uitdien. Sou hy versuim, het die hof gelas dat die polisie binne drie dae stappe doen om hom in hegtenis te neem sodat hy sy tronkstraf kan begin uitdien. Dié tydperk verstryk Woensdag.

Die minister van polisie en die nasionale polisiekommissaris het Maandag egter by monde van die staatsprokureur gesê hulle gaan geen stappe doen om Zuma in hegtenis te neem tot die hofverrigtinge nie afgehandel is nie.

Zuma vra die hooggeregshof om die lasbrief vir sy inhegtenisneming ter syde te laat stel, hangende Maandag se aansoek in die Konstitusionele Hof om die uitspraak te laat herroep.

Uitspraak is voorbehou tot Vrydag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

marius ·

Die Landdroshof is dan bevoeg om die Hooggeregshof se bevindings tersyde te stel . Dis mos dieselfde redenasie .

Cherokee ·

Jy moet stadiger lees Hennie, en met meer begrip. Dan sal jy verstaan dat marius ‘n kolskoot geskiet het.

Willem ·

Cele en sy narre is bang om jz te arresteer maar kan gewone mense op straat intimideer!!!!Polisie is net soos die people,val in groepe aan want hulle te banggat om op gelyke voet mense aan te val !!!Slapgat cele en polisie narre!!!!

Pieter ·

Ek het jou gevreet al iewers gesien kannie onthou waar nie lyk baie bekend

Anton J ·

Ek wil net sê Indien die konstitusionele hof sy eie besluit gaan herroep en tersyde stel dan wys die hof aan die land dat hulle kan en word geïntimideer. Dan kan Zondo hulle ook voor die kommissie daag. Lol

DIABLO ·

Gogga maak vir baba bang gesig. Sy aksies pas ook by sy gesig. Sluit hom toe en kry klaar!

JohnnyS ·

Die Minister Van Polisie (Cele) en sy nasionale handlanger maak hulle nou ook skuldig aan minagting deur te weier om die lasbrief uit te voer. Hoop die twee spandeer saam Zuma tyd agter tralies.

Boksombende ·

Daar is geen ander rede vir Zumpie om die hof te benader as om chaos in die gereg te veroorsaak nie. Dit, en om sy stert uit die tronk te probeer hou. Vrot!

Elinette ·

Jy beledig narre – hulle dien immers ‘n doel; vermaak die volk. Hierdie een maak net die volk se bors warm!

Kobus ·

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg moes volgens my die saak nie eens op die rol geplaas het nie. Hier is weer deure oopgemaak wat die saak gaan vertraag en om vir Zuma nog ‘n ontsnap kans te gee

Jack ·

Mag regverdigheid geskied in belang van die van ons wat onder die krimineel en sy bende gely het. Ek hoop ook dat die straf net die begin van n lang verbintenis in die selle mag wees. Hy verdien elke minuut daarvan.

LANA is ELANè ·

Belaglik verby, ek soek my dag in die hof tov staatskaping, ek sal eerder tronk toe gaan as om voor die staatskaping kommissie te verskyn, beide het gekom en beide het gegaan, en onse skelm Zuma greinslag nog al die pad in elke burger v hierdie land se gesig met geen respek vir die regsproses nie!! As die man vryloop gaan die regering elke landsburger versaak, want dit gaan elke skelm in die land laat maak nes hy lus voel, want ons leef dan in ‘n rampokker land wat die reg ook betref.

Suzette ·

Hierdie knaap met sy onderstebo glimlag het die bed gemaak, maar dis nie te sê hy gaan daarop lê nie.

Jr ·

Dhali Mphoofi wouldn’t even want him to represent me in a parking ticket violation. PATHETIC, EMOTIONAL, POLITICALLY ORIENTATED FAILURE. NOW FOR NO 3023 LOST CASES.

gpsa ·

As ek reg verstaan moet zuma vandag ge arresteer word en klaar. Indie nie is cele skuldig aan minagting van die hof en behoort ook 15 maande tronk toe te gaan. Die hof bevel staan ander howe se uitsprake kan later volg maar niks behoort te verander aan die konstitusionele hof se uitspraak nie.

SjN ·

Met sy klomp vrouens by die huis behoort hy vinnig een te kry in die tronk.

Althes ·

Dit wat nou afspeel en virmeer as ñ dekade in SA is ñ uiters swak voorbeeld vir die jeug.
Geregtigheid moet geskied dat burgers vanSA moet leer daar is gevolge op dade.

Karina ·

Volgens berigte is Zuma gisteraand voor 12.00 in hegtenis geneem en na Estcourt Polisie stasie geneem. Mag hy maar sy volle 15 maande met sy oranje oorpakkie toegesluit bly

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.