
Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal
Die ANC het in ’n stemming sy meerderheid gebruik en ʼn voorstel deur opposisiepartye verwerp om saam te stem met die openbare beskermer se ongunstige bevindings in haar verslag oor die opgraderings by Nkandla.
Die komiteelede van die regerende party het gesê Nathi Nhleko, minister van polisie, se verslag, wat bevind het dat die swembad, amfiteater, kraal en besoekersentrum nodige veiligheidsmaatreëls is, die behoorlike gevolgtrekking aan die einde van ʼn parlementêre proses oor die projek en het dit uitdruklik onderskryf.
Die beteken dat die parlementêre ad hoc-komitee, die derde van sy soort wat oor Nkandla debatteer, Vrydag ‘n verslag by die wetgewer sal indien wat aanbeveel dat Zuma niks vir Nkandla hoef te betaal nie.
Volgens die ANC is die publiek vir lank “mislei oor die weelde van die woning van die president”. Die ANC het bygevoeg dat daar erg oordryf is oor die multimiljoenrandse veiligheidsopgraderings wat ses verskillende amptelike verslae oor die jare tot gevolg gehad het.
“Ons voel dat ons hierdie op die regte manier hanteer het. Die openbare beskermer se verslag het een ding gesê en toe is ons na Nkandla en het ons gesien dit is nie so nie, daar is geen weelde nie. Al die dinge waarna verwys het, is deur die polisieminister as veiligheidsmaatreëls bevind,” het Doris Dlakude, die ANC se adjunkhoofsweep, gesê.
Klik hier vir alle vorige berigte oor Nkandla op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Juis net presies so ja.
Die bevinding is geen verrasing nie,ditis maar hoe die Anc werk.
Het hy nie vir hom ‘n helikopter of twee aangeskaf nie. Ek verbeel my ek het so iets gehoor. Die dakloses moet maar daar gaan intrek by Nkandla. Hulle kan lekker bly daarso.
Wie is verbaas? Net n idioot kan verbaas wees.
Ja tom eksdom, jy stel dit n bietjie kru, maar dit is propvol waardheid. As ons maar net n bietjie wil stilsit en mooi nadink. Wat n tragedie.