Zuma-hofsaak: Saak dán aangehoor

Oudpres. Jacob Zuma kom Dinsdag by die hooggeregshof in Pietermaritzburg aan. (Foto: Kim Ludbrook/AP)

Oudpres. Jacob Zuma se langverwagte verhoor begin nou – na verwagting – op 8 September in die hooggeregshof in Pietermaritzburg. Zuma het Dinsdag vir ʼn voorverhoor in dieselfde hof verskyn waar die saak teen hom weer uitgestel is.

Die korrupsieaanklagte teen Zuma, wat saam met die Franse wapenvervaardiger Thales op aanklagte van korrupsie tereg staan, is al meer as ʼn dekade oud. Zuma word daarvan beskuldig dat hy tydens Suid-Afrika se omstrede wapenaankooptransaksie omkoopgeld van die maatskappy ontvang het. Sy eerste verskyning in verband met die aanklag was reeds in 2005.

Daar was sedertdien ʼn jarelange toutrekkery tussen die staat en Zuma se regspan wat beteken die saak is steeds nie behoorlik op dreef nie. Zuma is 78 jaar oud en die saak teen hom sloer nou al nagenoeg 15 jaar lank.

Zuma ontsmet sy hande voor die verhoor begin. (Foto: Kim Ludbrook/AP)

In Februarie vanjaar het Zuma weens “siekte” nie in die hof verskyn nie. Hy het beweer hy was in Kuba vir mediese behandeling, maar het nie stawende dokumente daarvoor ingedien nie. Die hof het destyds sy siekbrief verwerp en gesê hy sal by sy volgende verskyning genoegsame bewyse moet lewer. Die verhoordatum is daarna tot 6 Mei uitgestel, maar is toe weer uitgestel weens koronavirus-veiligheidsprotokolle.

Dinsdag was Zuma wel in die hof. Anders as gewoonlik was daar weinig van Zuma se gebruiklike skare ondersteuners te sien. Toegang tot die hof is weens die Covid-19-pandemie streng beheer en ʼn beperkte getal mense is in die hofsaal toegelaat.

Regter Kate Pillay het die lasbrief vir sy inhegtenisneming teruggetrek nadat ʼn meer gedetailleerde siekbrief ingehandig is. Die hof het dié dokument aanvaar.

Oudpres. Jacob Zuma Dinsdag in die beskuldigdebank van die hooggeregshof in Pietermaritzburg. (Foto: ANA)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vroeër in hofstukke gevra dat die saak teen Zuma eers aanstaande jaar voortgaan en het die nuwe koronavirus as hoofrede voorgehou. Die NVG sê onder meer hy hoop die reisbeperkings wat weens die pandemie ingestel is, is teen volgende jaar verslap of heeltemal opgehef, wat beteken getuies en ander betrokkenes sal na Suid-Afrika kan reis vir die verhoor.

Die staat wil ook die klagstaat teen Zuma aanpas om agt nuwe, hoewel minder ernstige aanklagte, by te voeg.

Zuma se nuwe regsverteenwoordiger, Eric Mabuza, het gesê sy span is gereed om met die saak voort te gaan en dat verdere vertragings inbreuk maak op Zuma se reg op ʼn spoedige verhoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pierreli ·

Daar word net meer en meer geld gemors op die hofsaak wat in elk geval op niks gaan uitdraai nie.

Kiewiet ·

lekker ou corona virus. Nou word die saak nog verder vertraag en dan sal dit nog verder vertraag word omdat die staatDie staat wil ook die klagstaat teen Zuma aanpas om agt nuwe, hoewel minder ernstige aanklagte, by te voeg.

Zuma se nuwe regsverteenwoordiger, Eric Mabuza, het gesê sy span is gereed om met die saak voort te gaan en dat verdere vertragings inbreuk maak op Zuma se reg op ʼn spoedige verhoor.

Kiewiet ·

so nou dat ou zupie die saak al meer as n dekade lank omseil het sy “regspan” glo dit maak n inbreuk op sy reg vir n spoedige verhoor.

SomeOne ·

ag, om die saak nog 15 jaar lank te laat sloer is ook niks nuut nie

Misky ·

Die bloed in my are kook van woede as ek sulke goed lees en van uitstel en uitstel!!!! Kry die saak aan die gang en die man agter tralies waar hy hoort. Net meer en meer geld word vermors met die uitstellery en al die skelms lag vir die gereg, want niks kom tot n einde nie.

SA se regstelsel is n klug!!!

Lourens CFG ·

Ek hou glad nie van ons hedendaagse howe nie, die sake word net uitgestel, en uitgestel, tot vervelens toe. Kan die regters nie besluite neem nie of is hulle té bang?
O nee wag, hulle kom nie by die saak uit óm te kan besluit nie.
Ek praat nou van alle hofsake, hul vat jare om klaar te kry.

marius ·

Hoe kry misdadigers dit reg om soos konings te lewe in enige hool ? Met ‘n korrupte regstelsel dis hoe .

marius ·

Spoedige verhoor se die nuwe prokureur , tot dit begin taai raak dan kry hy ‘n ander wat weer van voor begin en eis vir spoedige verhoor en so gaan dit aan tot die volstruise op die kerk toring gaan sit . Verrotte regstelsel wat die belange van misdadigers met ‘n passie ondersteun .

koos10 ·

8ste September van watter jaar????

Kom die datum dan nou is hy weer siek of het vergeet of word in Kuba behandel vir ‘n seldsame onbekende nuwe siekte, dan wen hy nog ‘n jaar.

Cherokee ·

Zuma het jare gelede gesê hy wil sy dag in ‘n hof hê, en veg steeds daarvoor.

Prikkie ·

Of hy nou agter tralies is al dan nie, ons moet hom en sy “extended family” voer, so kom ons wag maar geduldig.

Scalla ·

Speel vir tyd, moes sommer sy lippe ook ontsmet het vir al die bollie wat hy kwyt raak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.