Zuma-hofsake kos staat reeds sóveel miljoen

Jacob Zuma (Foto: Nic Bothma, Pool via AP)

Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Maandag bekend gemaak dat belastingbetalers tot dusver al meer as R24 miljoen vir oudpres. Jacob Zuma se regskoste opgedok het.

Masutha het Maandag in ʼn geskrewe dokument aan African News Agency vyf lêers in sy departement se besit oor regsaangeleenthede teen Zuma onthul. Die hofsake hou verband met aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery. Laasgenoemde verwys na die omstrede wapentransaksiesaak wat sedertdien weer teen Zuma ingestel is.

Die omstrede wapentransaksiesaak het die staat glo al meer as R15 miljoen gekos, terwyl Zuma se mislukte poging om die openbare beskermer se verslag oor veiligheidsopgraderings by sy private KwaZulu-Natalse woning in die hof te daag die staat R3,2 miljoen uit die sak gejaag het.

Die departement van justisie het verder ook sowat R2 miljoen aan Zuma bestee om die Noord-Gautengse hooggeregshof se uitspraak te betwis dat die aanstelling van Shaun Abrahams as nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) onwettig was en ter syde gestel moet word.

Dit volg nadat die presidensie vroeër vandeesmaand bekendgemaak het dat hy sy appèl gaan terugtrek teen die hofbevel wat oudpres. Jacob Zuma beveel om sy eie regskoste te betaal in die hofgeding om te probeer voorkom dat die staatskapingsverlsag openbaar gemaak word.

Die DA het die presidensie se aankondiging verwelkom. James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende raad, het gesê die DA was sedert die begin van die appèlsaak oortuig dat Zuma vir die regskoste verantwoordelik moet wees.

“Hoewel hierdie nuus ʼn oorwinning is vir Suid-Afrikaners wat al te lank vir die ANC se foute moes betaal, duik die vraag nou op oor wie die regskoste van R15,3 miljoen gaan betaal wat aangegaan is in die voortslepende spioenasiebandesaak,” het die DA kort ná die presidensie se aankondiging gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Leon ·

Dit is mos eintlik onnodig om die vraag te vra soos genoem in die laaste aanhaling! Ons almal weet tog hierdie saak sal aangaan lank nadat ons huidige belasting betalers al begrawe is! Dit sal net soos nou met alles, deur gestuur word vir die belasting betaler se rekening……belasting, brandstof pryse, “inflasie” ens ens!!

Al ·

Ons is sat daarvan om vir ANC se foute te betaal. Ons moet weerstand bied teen hierdie belastinggeld vermorsing. Ons kry finansieel swaar, maar laat een net waag om SARS ontduik dan is dir hel los.

Freddie ·

Elke prokureur se droom. Hulle sit hulle kinders deur universiteit met hierdie skobbejak.

Katvis ·

Dit kos nie die staat nie, dit kom uit my en jou sak. Ons betaal sy regskoste

marous ·

En CR vlieg saam met hom rond in Limpopo , en bly in lodges en hou partyjie saam met die reenkoningin in Limpopo op die belasting betaler se koste…..

Lynnie ·

Wil net een vraag vra hoekom moet die belastingbetaler betaal vir Zuma se hofsake hy het droog gemaak en hy het al hoeveel van ons geld gevat.

Cherokee ·

…en wat hy as rede voorhou om te voorkom dat die staatskapingsverslag openbaar gemaak word.

Johann Marx ·

Hou tog op om so te mor en kla…..Zuma was die beste president wat geld kon koop!!

CAROL ·

Nou hou op die saak uitstel. vind hom skuldig en kry klaar!!!

Pietsepan ·

Maak nie saak hoeveel dit kos nie. Sit hierdie skobbejak in die tronk en maak van hom ‘n voorbeeld.

Willie ·

Die staat betaal vir sy regskostes te verdediging, en aan die anderkant vir vervolging… Bissar is dit nie??? Wie het die beste prokureers?

Hennie ·

En wie is te blameer vir al hierdie gemors? Die kiesers wie vir Zuma president gemaak het.

Reti ·

Wel, íémand maak ten minste geld in die ou landjie van ons. Prokureurs en Advokate. Sad sad story.

jaco ·

Die staat, wat deur die ANC beheer word, kla vir Zuma, wat ANC-lid is, aan én betaal sy verdediging. So die ANC verkla die ANC en betaal vir albei partye. Iets maak nie sin nie. Skrap die hele ding. Dis een week se administratiewe prosesse en dis afgehandel.

Eish ·

Doen aansoek by die Guiness book of records dat dit geplaas word. Ek is seker dit is n wêreld rekord.

JM ·

Johann Marx ek dink Thabo Mbeki was ‘n beter president. Wat die regs koste aangaan kry dit van de klerk en al die anc en eff lede wat hulle ingestem het .

KP ·

Nkanla kan nie gevat word nie die grond behoort aan die koning, vat dit by sy pensioengeld.

Michael ·

O nee Zuma verdien nie n pensioen nie hy moet in die tronk sit en een maal n dag n stuk droe brood kry en n halwe glas water vir die res van sy lewe.

Oom Kalahari ·

Oom Zuma is mos nou ‘n gewone burger, laat hy self betaal en kry die beslagleggings eenhede om sy bates ook te skud. Neem die miljoene wat hy op hofsake spandeer en gebruik dit vir EVKOM en RDP huise vir die mense wat dit nodig het. Bou ‘n kamertjie langs Winnie se Museum in Brandfort en laat hy die Geskiedkundige leier en kurator wees.

Wolf ·

Nou wonder ek, as die beslagsleggings eenheid die Gupta’s se goed konfiskeer, hoekom word dieselfde nie met hulle maatjie zumpie se goed gedoen nie? Die pot en die ketel is ewe swart. (Ou afrikaanse gesegde uit die goeie ou oertyd toe ons nog kool stowe gehad het)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.