Zuma hoor vandeesweek lot in hoogste hof

Oudpres. Jacob Zuma. (Argieffoto: GCIS)

Die Konstitusionele Hof sal Dinsdag uitspraak lewer in die saak waarin die Zondo-kommissie na staatskaping vra dat oudpres. Jacob Zuma tronkstraf opgelê moet word vir sy minagting van ʼn hofbevel om te getuig.

Uitspraak word Dinsdag om 10:00 gelewer.

Zuma moes van 15 tot 19 Februarie ingevolge ʼn bevel voor die kommissie getuig het, maar het nooit opgedaag nie en het daarna boonop teen die regbank uitgevaar.

Sy regspan het dit voor sy verskyning ook duidelik gemaak dat die oudpresident nie voor die kommissie gaan verskyn nie.

Die kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, het daarna ʼn dringende aansoek by die Konstitusionele Hof ingedien waarin versoek word dat die oudpresident skuldig bevind word aan minagting van die hof en tronkstraf daarvoor opgelê word.

Dié aansoek is op 25 Maart aangehoor en uitspraak is voorbehou.

Maroela Media het vroeër berig Zuma, wat in 2018 weens korrupsiebewerings gedwing is om sy amp neer te lê, het sy neus opgetrek vir die kommissie wat aangestel is om bewerings van staatskaping tydens sy termyn te ondersoek en voer onder meer aan Zondo is bevooroordeeld teenoor hom.

Die oudpresident het een keer in Julie 2019 getuig voor hy uit die kommissie gestap het. Hy moes op 19 November voor die kommissie getuig, maar het die sitting sonder toestemming verlaat.

Die Konstitusionele Hof het hom in Januarie vanjaar beveel om voor die kommissie te verskyn – ʼn bevel wat hy verontagsaam het.

Adv. Glynnis Breytenbach, die DA se woordvoerder oor justisie en korrektiewe dienste, sê die party verwelkom die aankondiging oor ʼn datum vir die uitspraak.

“Vertragings in die saak kan daartoe bydra dat Zuma aanhou om die regstelsel uit te daag,” sê Breytenbach.

“Die DA vertrou dat Zuma ten volle aanspreeklik gehou sal word vir sy weiering om ʼn dagvaarding te gehoorsaam om voor die kommissie te verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Misky ·

Ek hoop en ek bid en hoop en bid…… Kom ons kyk en as hulle nie doen nie, pluk hulle ‘n lat vir hulle eie gat en die boodskap gaan verreikende gevolge hê

Koos Kookwater ·

Wou Zuma nie op n stadium sy dag in die hof gehad het nie?

Rooikoos ·

Ja, maar net een dag en daarna wou hy uit en wegstap sonder enige gevolge.

Die Boerepompie ·

Ek dink nie hulle kan iets doen nie Hy sal vry kom en by sy huis sit en niks oor kom nie waar het jy nou gesien hulle kan iets teen hulle komead doen nee wat dot sal n stille dood sterf

Gert ·

Kom ons kyk maar moenie asem ophou nie. Dis nie onmoontlik maar hoogs onwaarskynlik dat Zuma tronk toe gaan vir al sy skelmgeid wat nog van minagting aan die hof. Jan allerman was al weer uit as hy dieselfde as Zuma gedoen het

Tanniepetoors ·

Ek wag beslis in groot afwagting en met groot vertroue in ons regstelsel dat Jacob Zuma nie langer as môre gaan wegkom met sy onderduimse streke nie.

Aai ·

Daar sal niks gebeur.Die wet is daar vir die een wat oortree nie vir die wetsgehoorsame man.

Michal ·

nog n appel, nog prokureurs wat bedank, nog n bietjie konsert, blah blah blah

BARNEY ·

Dit sal n reuse oorwinning wees as hy wel toegesluit word. En n boodskap uitstuur na ander leiers wat dink hulle is bo die wet verhewe.

lodewyk ·

Shower head sal nie tronk toegaan nie,hy gaan te veel van die huidige grootkope saamvat en hulle weet dit -Daai geraamtes in die kas is te veel -Tot ou Malema weet van die geraamtes,dus hoekom hy weg kom met moord,die hele spul is so bedrieglik!!!

Pietertjie ·

‘n Waterskeiding – uitspraak, wat die Grondwethof se geloofwaardigheid gaan laat voortbestaan, of permanent gaan laat sink.

jzjz05 ·

Wonder watter “triek” hy nou gaan trek? SEKER SIEK GOOI.

twaalfboor ·

Ag sluit asb die makmuil toe en kry klaar. Kan nie verstaan dat die regering en howe so sukkel om ñ besluit te maak nie. Die kaarte is op die tafel.

Stofdonkie ·

Hier is baie vir die anc op die spel. As hulle vir zumpie laat toesluit kan ek net dink dit is deel van hulle plan om te probeer stemme werf vir die verkiesing later die jaar. Die teendeel is weer dat as hulle hom toesluit kan hulle moontlik ook baie stemme verloor. Daar is ongelukkig nog steeds zumpie-aanhangers wat glo hy is onskuldig en word gebruik om net die blaam te dra vir die ander anc-grotes. om ons wag maar geduldig en sien wat is die rede vir uitstel vandag

Casper ·

Hy is bang dat hulle hom gaan laat tel tot by ‘n miljoen.

Heinrich ·

Gaan daar nog steeds teen hom opgetree word vir sy rol in die staatskaping?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.