Zuma in ‘goeie bui, soos altyd’

Oudpres. Jacob Zuma en Carl Niehaus. (Foto: Twitter)

Jacob Zuma se seun Edward het die situasie ná die oudpresident se vonnis van tronkstraf vir minagting met ʼn oorlogsituasie vergelyk en sê daar kan nie nou kommer oor Covid-19-regulasies heers nie.

Intussen het die ANC se militêre vleuel aangedui daar is mense “op pad na Nkandla” om die oudpresident te ondersteun.

Die Konstitusionele Hof het die voormalige leier Dinsdag 15 maande tronkstraf opgelê vir minagting van ʼn hofbevel om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te getuig.

Edward Zuma het woedend gereageer en gesê watter besluite wetstoepassingsagentskappe ook al neem, hulle hom “eers sal moet doodmaak” voor dit uitgevoer sal kan word.

“Ek herhaal, niemand gaan Zuma tronk toe neem voor ek sterf nie … Hulle sal verby my moet kom, wat beteken ek is bereid om my lewe vir pres. Zuma af te lê. Hulle gaan hom nie tronk toe neem terwyl ek nog lewe nie.

“Dit is iets wat ek gaan doen. Dit is iets wat ek lankal bereid is om te doen,” het Edward Zuma ná afloop van die uitspraak gesê.

Die voormalige president het voorheen al self gesê hy is bereid om tronk toe te gaan, eerder as om aan die bevel te voldoen. Dit klink ook nie of die jongste verwikkelinge Zuma veel pla nie. Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkonto weSizwe-​militêreveteranevereniging (MKMVA) en ʼn vertroueling van Zuma, het aan Maroela Media gesê Zuma “is in ʼn goeie bui, soos altyd”.

Edward Zuma het mense vir hul steun van die oudpresident bedank en hulle gevra om dit voort te sit. “Ons moedig mense aan om in groot getalle op te daag en pres. Zuma te ondersteun.”

Byeenkomste is in hierdie stadium ingevolge die vlak 4-afsonderingsregulasies verbode.

“Wat bedoel jy? Wat van Covid-19-regulasies? Jy weet ons is in ʼn oorlogsituasie hier. Ons kan nie Covid-19-beperkings oorweeg nie. As dit beteken ons sterf, dan sterf ons. En ons is bereid om te sterf,” het Edward Zuma gesê.

Niehaus het Woensdagoggend gesê mense sal die oudpresident gaan ondersteun, of enigiemand nou ʼn oproep daarvoor doen of nie.

“Daar is baie ongelukkigheid oor wat gebeur het,” het Niehaus met verwysing na die hofbeslissing gesê.

“Ek weet van oral is daar mense op pad Nkandla toe. Hoe dit hanteer gaan word, weet ek nie. Dit is onafwendbaar dat mense daar sal opdaag.”

Niehaus sê hy het kort tevore met die oudpresident gepraat. “Daar is nie veel wat hy nou kan of wil sê nie.”

Hy wou egter nie sê waar Zuma hom in hierdie stadium bevind nie.

Woensdag, kort ná 09:00, was daar nog geen teken van enige groot skares buite Zuma se opstal in Nkandla in KwaZulu-Natal nie. ʼn Groepie MK-veterane bewaak wel die pad na die opstal.

“Ons sal wag en sien hoe die kwessie gaan uitspeel. In dié stadium is dit ʼn uitdrukking van ondersteuning en daar is niks verkeerd daarmee nie.

“Die posisie van die MKMVA is duidelik en dit is dat ons pres. Zuma ondersteun. Ons het ʼn resolusie by ons laaste nasionale konferensie geneem en ons het ʼn mandaat om hom te steun.”

Ingevolge die hofuitspraak het Zuma vyf dae om hom by die Nkandla- of Johannesburg-Sentraal-polisie aan te meld om sy vonnis te begin uitdien. Die tydperk verstryk Sondag.

Indien hy versuim om self op te daag, het die hof gelas dat die minister van polisie of nasionale polisiekommissaris hom moet aankeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Margaret ·

Hoekom mag die ANC n militere vleuel hê? Kan ander partye dit ook doen? En uitlatings soos “ons is in n oorlog situasie” om n krimineel te beskerm is belaglik. Zumie is in goeie luim want hy weet al klaar hy gaan nie in die tronk sit nie.

tweeling ·

Dis nie ‘n militêre vleuel nie, dis ‘n veterane vereniging. Hulle kry geldjie van die cANCer af vir hulle goeie werk. Die vereniging sal tot ‘n einde kom sodra al die veterane 6 voet onder die grond is of so hoop ek.

Jaco ·

Die hof wat deur die ANC regering beheer word, pas ‘n wet oor minagting van die hof wat deur die ANC-regering gemaak is toe, maar dieselfde ANC se militêre vleuel wil die tronkstraf keer. So dis die ANC teen die ANC.
Net so terloops, hoe militêr en hoe wettig is dié militêre vleuel van die ANC? Watse wettige of onwettige wapens het hulle? En as dit alles wettig is, kan die DA en die VF-plus asseblief ook militêre vleuels kry en die Wes-Kaap laat afstig?

Staal ·

Baie goeie vraag. Ek is van mening dat hierdie vraag in die parlement gevra moet word

Skollie vanni Kaap ·

Carl Niehaus. ‘n Skande vir ons land se mense.

LANA is ELANè ·

Met die alewige “lackey” Niehaus in sy direkte omgewing. Die man het net mooi geen waardestelsel nie. Sal selfs sy ma bedrieg sonder om ‘n oog te wink.

Aai ·

Gaan ‘n groot skouspel wees met almal daar dan gaan Zuma uitkom en se hy sal gaan almal moet rustig wees.Om die grootpraters se gesprekke te regverdig.
Waar is Zuma se slim advokate en prokureurs wat hom help sit het waar hy vandag is met die minagtiging bevinding, duidelik ken hulle nie die wet,kruip hulle weg en vrees vir hulle lewens?Kan net lag.

Peter Pan ·

Hy gaan nog wegkom met dit ook.. hierkom lekker sports nog!

Aai ·

Almal wat se die hof was verkeerd in die publiek moet toegesluit word dit val onder aanhitsing en dit is onwettig.

Ben ·

Ek hoop daai niehaus staan reg voor in die pad. Sodat hy die 1 ste slagoffer kan wees.

tweeling ·

Hy is die eerste een wat gaan hardloop en koes. Dink maar aan Ronnie Kasrils in die Transkei

Nie Verbaas ·

Kom ons kyk of hy gearresteer gaan word as hy na 5 dae nie opdaag vir tronkstraf nie. Ek twyfel. Lamsakkige regering sal weer met nog n lamsakkige verskoning kom. Hoekom het hy in elk geval 5 dae gekry voor hy moet aanmeld?

Moedeloos ·

Ek hoop regtig die regering doen nou die korrekte ding en kla die mense aan wat nie Vlak 4 eerbiedig nie. As n pa melk gaan koop vir n babatjie, n vrou wat draf, ens kan hierdie mense ook sonder respek behandel word wat moedswillig die wet oortree.

JohanR ·

Kan ons nie pap en vleis by Nkandla aan die gang kry, met Klippies en ‘n Boere Orkes?

Piet parys ·

So Edward het minder as 8 dae op aarde. Baie interresant nê.

Werner ·

Edward carefully what U wish for as dit jou keuse is Dan kan jy dit so ontvang

Ellie ·

sal graag wil weet wie is die persoon wat by al die kommentare “thumbs down” wys… seker ‘n groot aanhanger van oom Zuma!

Perdeby ·

Ag ou Eward jy weet duidelik nie hoe die reg werk nie. Jy gaan dan maar saam met pappa tron k toe en so die gevleulde uniform ook. Lekker bly.

JohanR ·

Ons sal sien na jou tweede nag en jou tweede brekfes van pap en ‘n eier of jy nog se he he, ha ha, he he.

LD ·

Ek twyfel baie sterk dat dit sy maaltye gaan wees! Hy gaan in weelde bly in die “tronk”! Hy gaan beslis nie soos die normale krimineel behandel word nie.

Gato ·

Hoe lekker giggel ek nou. Hy kort net n KFC medalje op die bors dan kan hy homself Kolonel Carl Saunders noem.
Dink in elk geval nie Kareltjie was al ooit veel van n soldaat nie.

Nozi ·

Oeeeee …..Iemand is baie besig met sy/haar afduimpie. Die sepie raak warm.

Charmain ·

Ag en daar gaan net mooi niks van die hofbevel kom ni. Zuma is soos teflon, nothing sticks on him. Meeste wat moontlik kan gebeur is dat hy op mediese redes vrygeskeld word

Janine ·

Die absolute arrogansie en minagtig vir enige reels en regulasies. Kom ons kyk maar of die polisie hul werk gaan doen….

zonstar ·

Nêrens word melding gemaak of enigiemand onlangs vir JZ gesien het nie…?
Ek reken hy sit lekker, sonder enige sorge, reeds iewers in die buiteland. Dié dat hy homself in so ‘n “goeie bui” bevind!
Dalk bied hy emosionele bystand aan David in Rusland?

Winnie ·

Ag asseblief tog . Wat is die “fliek” se naam wat ons gaan kyk. “GUNS OF NKANDLA”. Ek wil gou popcorn gaan maak

tweeling ·

Ja Kaal Geen Huis moet natuurlik ‘n woordjie inkry, hy het so baie skuld (agv korrupsie) hy kan nie bekostig dat hy nie salaris kry nie al praat hy klomp nonsens.

Visentjips ·

…wonder net of MK “wettig” gewapen is? Dis mos nou oorlog volgens hulle…of is dit nou klippe, stokke,pangas,petrol bomme, buitebande,sink plate ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.