Zuma in ‘goeie gesondheid’

Pres. Jacob Zuma op Versoeningsdag vanjaar. Foto: DoC

Pres. Jacob Zuma op Versoeningsdag vanjaar. Foto: DoC

President Jacob Zuma het Sondag gesê sy gesondheid het ʼn knou gekry na vanjaar se algemene verkiesing maar dat hy sedertdien herstel het.

Die 72-jarige Zuma het in ʼn voorafopgeneemde onderhoud met die SAUK gesê hy het homself ooreis tydens die ANC se uitputtende verkiesingsveldtog. “Ek kan nie sê my gesondheid was in ʼn perfekte toestand nie,” het Zuma gesê.

Volgens Zuma het hy homself oorwerk. Dokters het glo aan Zuma gesê hy is uitgeput en dat hy dit moet rustig vat. Zuma het gesê hy is hy nou in goeie gesondheid.

Zuma het ook tydens die onderhoud weer herhaal dat hy geen skuld dra vir die Nkandla-projek nie. Volgens Zuma is hy aanvanklik daarvan beskuldig dat hy R250 miljoen van belastingbetalers se geld misbruik het.

“Die realiteit is dat die president absoluut niks verkeerd gedoen het nie,” het Zuma gesê en na homself in die derde persoon verwys. “Daar is nie een enkele verslag wat bevind het dat die president iets verkeerd gedoen het nie.”

Volgens Zuma het selfs Thuli Madonsela, openbare beskermer, se verslag bevind dat hy niks verkeerd gedoen het nie. Madonsela se verslag het bevind dat Zuma en sy familie onbehoorlik by die opgraderings aan Nkandla gebaat het.

Madonsela het in haar verslag voorgestel dat Zuma ʼn gedeelte van die geld moet terugbetaal. “Maar die president het nie vir enige voordele van enigiemand af gevra nie,” het Zuma in die onderhoud gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jan ·

Baie bly dat Jacob gesond is, watter vermorsing van geld sou dit wees as hy nou tot afsterwe moes kom en nie eers die voorreg gehad het om Nkandla behoorlik te geniet nie !

Janine ·

Klink vir my daar is baie meer fout met hierdie man as net sy fisiese gesondheid.

Grassie ·

Die ou lyk hoeka vir my nie baie gesond nie. Miskien was stort toe nie so ‘n baie goeie terapie nie.

CAV ·

Ja wel, dis harde en uitputtende werk om jou eie gemors en lieg stories te probeer wegsteek or te probeer regverdig. Dit sal enige mens siek maak. Ek dink ook dis net n verskoning om n vroee uittrede te kan bekom en n verskoning as hy nie weer deur die ANC self herverkies word een van die dae nie

J,Z Myburg ·

Ha Ha hy bluf hom self,hy en die hele ANC is erenstig siek.

Trippie ·

Ons weet wat ons het. Dit is ‘n donker prentjie as hy die stoel vir iemand soos malema moet gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.