Zuma in hospitaal opgeneem

Oudpres. Jacob Zuma  (Foto: ANA)

Oudpres. Jacob Zuma is op die vooraand van sy 80ste verjaardag in die hospitaal opgeneem om mediese toetse te ondergaan.

So het Mzwanele Manyi, woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting, Maandag in die Pietermaritzburgse hooggeregshof gesê kort nadat Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales se verhoor tot Mei uitgestel is.

Manyi het geen verdere inligting omtrent Zuma se siektetoestand bekend gemaak nie.

Zuma se regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, het wel tydens die hofverrigtinge aan regter Piet Koen gesê sy kliënt is weens “ʼn mediese noodgeval” nie in staat om die verrigtinge by te woon nie. Ook Mpofu het nie verder oor Zuma se toestand uitgebrei nie.

Maroela Media het vroeër vandag berig die verhoor sal nou op 17 Mei voortgesit word hangende ʼn beslissing deur die appèlhof oor Zuma se heroorwegingsaansoek. Dié aansoek hou verband met Zuma se aandrang dat adv. Billy Downer as hoofaanklaer in die korrupsiesaak verwyder moet word.

Downer het vanoggend die uitstel as nog ’n vertragingstaktiek van Zuma bestempel.

Die uitstel “erodeer die publiek se vertroue in die regstelsel omdat dit nóg ’n uitstel in die langdurige reeks van uitstelle is,” het Downer in die hof aangevoer.

Mpofu het dit ontken en gesê Zuma “het alles gedoen wat hy kon sodat hierdie verhoor kan voortgaan”.

Koen het eindelik die uitstel toegestaan sodat die appèlproses “sy gang kan gaan”. Hy het wel gewaarsku dat “die toekomstige vordering van die verhoor behoorlik bestuur moet word”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Papsak ·

Net jammer hoe so sieklik net Na hy hoor hy Moet tronk toe maar toe hy hierdie land skade berokken het was hy baie gesond AG ASB almal staan agter Zuma en bang Vir hom pluk by almal van julle

Watsenaam ·

Snaaks dat hy die vooraand van sy saak moet gaan vir toetse. Hoekom nie laasweek of volgende week nie

annie ·

Miskien besef Zuma dit nie maar daar is erger kieme binne hospitale as buite.

Christine ·

Ek dink nie enigiemand hier spot met siekte nie, ek dink dis Zuma wat dit doen.

MakersMark ·

Glo nie in spookstories of vloeke nie middeleeue is lankal verby. Die eks president maak ‘n bespotting van die grondwet en regstelsel. So ook ‘n hele spul van sy dissipels. En kyk wat gebeur…..hele SA val uitmekaar. So ek hoop nie die siekte storie is weer leuens nie.

Retha ·

Natuurlik is dit leuens, hy weet nou al maande en weke dat hy vir toetse moet gaan. Die hof moet die verhoor los en hom net plein toesluit sonder enige siekte voordele

Jannie van Niekerk ·

Natuurlik is dit ‘n liegstorie, hoe dan anders?

Jannie van Niekerk ·

Ja want hy weet nie of hy moet bly wees dat ou Sekelstert hom gaan kom haal voordat hy tronk toe gaagn nie.

Jr ·

Hierdie ou en sy reg span glo wragtag die mense van SA behalwe sy rent a crowd en die jz stigting tee klub, is onnosel. Hierdie ou het regtig die vermoë om n mens fisies siek te maak as u na hom te kyk en hoor. Wie is hierdie Manyi wanneer hy niemand is nie in elk geval

Johann ·

Word seker behandel vir terminale liegelites? Al word hierdie leunaar se laaste ure in en uit howe spandeer en hy geen vreugde of vrede meer het nie….WELL DONE!!!!! Gewetenlose uneducated massa beinvloeder.

johan ·

Ja en vandag dans hy op sy 80STE met n kan chibuku laat die wind waai

Boatsie ·

Waars die sogenaamde voornemens om ‘n ander mediese opinie van sy toestand te kry. En hoe kom jy hof toe en sê die beskuldigde is siek, maar geen verdere detail word gevra of presies gegee wat fout is nie.
Wie lei vir wie hier aan die neus rond of word Mpofu se woord sommer net so aanvaar as voldoende.
Ons regstelsel gee my slapelose nate.

Watsenaam ·

Is die regter in op die “deal”? Hy lyk en redeneer darem soos n eerbare man!

Jean ·

As dit jou rerig nie pla nie dan sou jy nie die vraag vra nie.

Elize ·

Hierdie boetie van satan sal “till doomsday” die kaart van siekte speel. Hoop hy word regtig siek sodat hy kan voel hoe dit is om werklik “siek” te wees

Henry ·

Ek wonder nou net sy saak teen Downer gaan hy dan ook siek aanmeld of sal hy dan in die hof verskyn. Net n vraag

Bertie ·

Wanneer hy verjaar, gaan hy springlewendig en gesond wees! En met sy volgende hofverskyning gaan hy skielik weer siek wees. Die arme man.

Piet ·

Dit is vir my baie kommerwekkend dat Zuma met die reg maak wat hy wil, en niemand indie regstelsel doen iets nie. Hy is beslis die wereld se grootste nar en lag vir almal in RSA.

Watsenaam ·

By die voormalige agbare president van Zim geleer. Selfs die pous het voor hom gebuig.

Charl ·

Darem maar net te goed hoe skielik, wanneer hulle in ‘n hoek gedryf word, hulle doodsiek raak en in hospitale opgeneem word en ag, almal moet tog bid vir vinnige beterskap ens. ens. Wat ‘n pot str… !! Hulle is meesters op die gebied van vertragingstegniek en misleiding en die lagwekkendste is dat hulle aanhangers dit glo !!! LOL !!!

Heinrich ·

Dat sy regsverteenwoordiger met so reguit gesig kan lieg…

Karina ·

Ou zuma glo seker “van afstel kom uitstel” Hulle moet hom net in die tronk gooi en die sleutel weggooi. Dit raak nou darem te erg. Papbroek, dit is wat hy is.

KaRoOkWaGgA ·

Hierdie ou kry teveel tou. Sy ongesteldheid is niks minder as ‘n skuld erkenning van sy misdade nie. As hy so onskuldig was soos wat hy beweer, dan sou hy die verhoor sy gang laat gaan het. Hulle het genoeg bewyse om die semel te bêre. Kan die regstelsel asb hulle oogklappe afhaal.
Skors ook sommer die dokters van die mediese rol wat hom elke keer ongeskik verklaar en in die hospitaal laat opneem, want hulle verkrag die mediese etiket.

Di ·

Hoe toevallig dat hy elke keer iets makeer as hy hof toe moet gaan – Dit hou nou al vir 20jaar lank aan. Die periodes tussen hofsake makeer hy niks, maar o wee die dag as hy in hof moet verskyn is hy siek. Dink sy Dokters bekerm hom ook, dis duidelik soos daglig. Hy moet maar eerder gaan!

pompies ·

Hy Ly aan die siekte genoem Downer vrees. Ek wonder hoekom hy so vrek bang is vir Downer, want Downer weet iets wat Zuma weet wat hom laaaank in die tronk gaan laat bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.