Zuma ‘ingelig’ deur minister wat Burundese vrou na SA bring

Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma is deur die minister van verdediging ingelig oor die omstandighede rondom die bewering dat sy ʼn jong Burundese vrou onwettig die land “ingesmokkel” het.

Dr. Bongani Ngqulunga, Zuma se woordvoerder, het in ʼn kort verklaring bevestig dat min. Nosiviwe Mapisa-Nqakula met Zuma in gesprek was oor die Burundese vrou wat sy in Januarie 2014 na Suid-Afrika gebring het. Volgens Ngqulunga “oorweeg” Zuma die saak en is daar in dié stadium geen verdere kommentaar van die presidensie nie.

Mapisa-Nqakula het vroeër uitgevaar teen die Sunday Times se berig oor die aangeleentheid en gesê die berig is ʼn “opsetlike poging om die feite van die saak te verdraai”.

Die Sunday Times het berig Mapisa-Nqakula het erken dat sy van die Waterkloof-lugmagbasis na die Demokratiese Republiek van die Kongo gevlieg het om ʼn Burundese vrou te gaan haal wat in hegtenis geneem is vir die vervalsing van reisdokumente. Volgens Mapisa-Nqakula het sy “ʼn kind gered uit ʼn lewe van mishandeling en verwaarlosing”.

Mapisa-Nqakula het gesê die Burundese vrou woon al twee jaar lank saam met haar en haar gesin nadat die vrou gedwing was om haar huis te verlaat omdat haar pa haar mishandel het. Die vrou se ma het glo selfmoord gepleeg toe sy net drie jaar oud was.

“Die jong vrou het met my kinders bevriend geraak tydens verskeie vakansiebesoeke na Burundi in 2013 en 2014. In hierdie tyd het Mimi, soos ons haar noem, my familie twee keer in Suid-Afrika besoek, onder meer om die feestydperk in 2013 saam met ons deur te bring,” het Mapisa-Nqakula gesê.

Mapisa-Nqakula sê sy het einde Januarie 2014 na die Kongo gereis as deel van ʼn staatsbesoek wat in elk geval gereël was. Terwyl sy daar was, het sy Mimi se lot onder hulle minister van verdediging se aandag gebring. Volgens die minister het Mimi intussen ʼn studiepermit bekom en by ʼn Suid-Afrikaanse kollege ingeskryf terwyl sy steeds in Mapisa-Nqakula se huis woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

m ·

Dis mos bedrog en mensehandel en misbruik van magsposisie. Hierdie is goed wat jou jou werk kan kos….

Willie Paterson ·

Vir Zuma is alles toelaatbaar. In ‘n ware demokrasie sou hy lankal uit gewees het.

Theo ·

Onwillekeurig dink ek aan die Gupta sage en Lugmag basis Waterkloof.

Oupa D ·

Soustrein, soustrein, soustrein…..! Maar wat is die kans dat Pres. Zuma die regte ding sal doen en haar afdank? Net mooi niks…

Asjas ·

Kan sy my en my gesin UIT Suid Afrika uitsmokkel? Die “kind” se storie klink nie veel erger as dit wat ons daagliks in SA beleef nie.

Karma ·

@Asjas & Lettie – sou nie sleg gewees het om te kon vra om ons blankes UIT SA te smokkel nie, maar as – en dit is ‘n baie groot AS – dit sou gebeur, dink ek nie een van ons sou graag Burundi toe wou gaan nie. Burundi is baie, baie. baie slegter daaraan af as SA, glo my! En daar is nie ‘n MANIER wat enige ander ordentlike land, soos bv. Amerika, Australië of Nieu-Seeland ons op só ‘n manier tot hul lande sou toelaat nie.

thelsa ·

Hierdie Burundese vrou was die verloofde van die agbare Minister se seun (die einste een wat verlede jaar vermoor is in Sandton). hierdie was maar ‘n ou familie-gunsie deur die skoonma om die belastingbetalers se geld te gebruik onder die dekmantel dat dit ‘n amptelike besoek was en hierdie arme Burundese vrou uit die wrede kloue van haar aanvallers. Die Beskuldigede Nommer Een het ook maar die oë toegeknyp oor die aangeleentheid want ons vreet maar alte lekker terwyl ons naby die krip staan.

Johann ·

Thelsa…as jou inligting waar is; is hierdie n ernstige misbruik van mag…weereens. en die “feit” dat Zuma ingelig is maak hom medepligtig? Maar wats dan nuut….

Gavin ·

As hy aksie teen haar vat sal hy nie sy nuwe vliegtuig kry nie. Die process sal van vooraf moet begin.die ander kant van die storie, die vrou was haar oorlede seun se verloofde.

Karma ·

Die verskil is net, Jan maak n Plan, dat dié sirkus nie eens naastenby meer snaaks is nie …. :-(((

Apie ·

En ek word summier toegesluit as ek n familielid vanaf Zim die land inbring. Sy moet gefire word!! Die wette is vir haar ook. Ekskuus, die anc kaders is mos hoer as enige wet. Blerrie sirkus.

Andrè Du Plessis ·

Ek sal maar niks sè nie dis mos ñ anc blad die

Jordaan ·

Klagte by die polisie oor oortreding van immigrasie wetgewing? Vir Paul O’Sullivan was klagte dat hy met 2 paspoorte wou reis en is daarvoor gearresteer, hier is met GEEN paspoort die land binnegesmokkel.

maritz ·

Kyk daai gesig op die foto . So onskuldig Wie ek , ek is mos nie verkeerd nie ooo nee . Dis nog n illegal stem vi die ANC

tamboti ·

Maar as die goverment gevra word om te help met SA’ners wat skuldig en onskuldig in buitelandse tronke sit/selfs doodstraf kry, dan is daar geen simpatie nie!

Berhalet Beukes ·

So, Zuma is net so skuldig daaraan dat die vrou onwettig in die land is? Vervolg hom! Die wet bly die wet!

Xavier ·

Ek neem aan dat ons dit ook maar kan begin doen en vreemdes sommer net in die land inbring sonder om prosedure soos deur die wet vereis te volg?

alida ·

Het julle vergeet dat JZ alles wat verkeerd is ontken maar intussen weet hy van ALLES. Dit is mos maklik om als te ontken en te sê “Dit was nie ek nie” soos met sy aanbouings by sy huis. Ontken altyd alles.

Lance ·

Wat die minister van die anc gedoen het is onwettig al se sy nou ookal wat ..sy moet gestaf word …asof daar enige verantwoordbaarheid is …sy gaan wegkom met dit net soos al die ander skandes wat heeltyd uitpop ….hulle is n groot verleentheid vir die land om die minste te se.

Jf van Rooyen ·

Maw as ek ñ diamant kry en hou red ek hom ook van verwaarlosing hy lê net daar en karre kan oor hom ry

Oom Kalahari ·

Die regte aansoek prosedure deur die hof was nie gevolg/gedoen nie en dit was misbruik van “Mag” asook ‘n kriminele oortreding tot mensehandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.