
President Jacob Zuma reageer tydens ‘n vorige sessie op vrae in die parlement op 17 Mei 2016. Foto: Ntswe Mokoena
Zuma het op vrae van die Nasionale Raad van Provinsies gereageer en gesê hy kan nie as president by hofprosesse inmeng nie. “Geen individu het die reg om by onafhanklike prosesse en die besluite van onafhanklike instansies in te meng nie,” het hy gesê. “Ek dink as die president sou inmeng by enige saak, hetsy by hoofstuk 9-instellings of ander instansies, dan kom dit baie naby aan ʼn piesangrepubliek.”
Zuma se vraag-en-antwoord-sessie het wankelrig begin nadat LP’s van die EFF probeer verhoed het dat hy die huis toespreek. Verskeie EFF LP’s moes fisiek verwyder word nadat hulle protes aangeteken het teen Zuma wat vrae beantwoord.
Tebogo Mokwele van die EFF het gesê Zuma mag nie toegelaat word om die LP’s toe te spreek nie aangesien hy sy ampseed as president van die land verontagsaam het. Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, het beveel dat Mokwele uit die sitting verwyder word.
Kort daarna is nog EFF LP’s uit die sitting verwyder toe hulle soortgelyke besware geopper het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
32 Kommentare
Ek hoop hy hou sy belofte… Dit wil my voorkom sy verbintenis met die berugte familie kom nou duidelik na vore met Gordhan se voorleggings. Ek wonder of ‘n raad van ondersoek na sy betrokkenheid ooit sal gedy?
Piesangrebubliek? Ek wonder wie is die piesang
Ai mense Zuma het geen idee wat daar aangaan nie. Hy is die een wat die land afgebring het tot bolliestatus. Is hy blind of doof of net halstarrig. Hoekom bedank hy nie.
hehehehe….toe jy aan bewind gekom het het dit dadelik verander in n’ banana republic
as jy luister en kyk wat aangaan wonder ek waar dink die geagte mnr die president bly ons reeds – lallaland is nie ver van piesang af nie.