Zuma: ‘Ingryping in Gordhan-sage kan lei tot piesangrepubliek’

President Jacob Zuma reageer tydens 'n vorige sessie op vrae in die parlement op 17 Mei 2016. Foto: Ntswe Mokoena

President Jacob Zuma reageer tydens ‘n vorige sessie op vrae in die parlement op 17 Mei 2016. Foto: Ntswe Mokoena

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie in die parlement gesê indien hy sou inmeng by die vervolging van Pravin Gordhan, minister van finansies, kan Suid-Afrika ʼn piesangrepubliek word.

Zuma het op vrae van die Nasionale Raad van Provinsies gereageer en gesê hy kan nie as president by hofprosesse inmeng nie. “Geen individu het die reg om by onafhanklike prosesse en die besluite van onafhanklike instansies in te meng nie,” het hy gesê. “Ek dink as die president sou inmeng by enige saak, hetsy by hoofstuk 9-instellings of ander instansies, dan kom dit baie naby aan ʼn piesangrepubliek.”

Zuma se vraag-en-antwoord-sessie het wankelrig begin nadat LP’s van die EFF probeer verhoed het dat hy die huis toespreek. Verskeie EFF LP’s moes fisiek verwyder word nadat hulle protes aangeteken het teen Zuma wat vrae beantwoord.

Tebogo Mokwele van die EFF het gesê Zuma mag nie toegelaat word om die LP’s toe te spreek nie aangesien hy sy ampseed as president van die land verontagsaam het. Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, het beveel dat Mokwele uit die sitting verwyder word.

Kort daarna is nog EFF LP’s uit die sitting verwyder toe hulle soortgelyke besware geopper het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Verwonderd ·

Ek hoop hy hou sy belofte… Dit wil my voorkom sy verbintenis met die berugte familie kom nou duidelik na vore met Gordhan se voorleggings. Ek wonder of ‘n raad van ondersoek na sy betrokkenheid ooit sal gedy?

Jakobus ·

Nou het hy al almal afgetrek na sy vlak van kommunikasie. Alle rubrieksrywers skryf oor hom, elke dag, almal gee aandag as hy iets sê, ongeag of dit die negatiewe is en of hulle wil hoor of hy nie iets sê wat hom in ‘n slegte lig stel nie.

Al julle rubriekskrywers, al julle koerante, niemand het dit in hom om Zuma te ignoreer nie, hy hou die land besig, en hy lag in sy mou dat hy die die land op sleeptou neem. Dit gee hom ‘n lekkerkry, daardie mag, en sien hoe hy die land op sy rug omkeer.

Hy sal as gelukkige man eendag uittree. Hy het homself oortref, en nie ‘n Einstein kon ‘n vinger op hom lê nie.

Alida ·

Ai mense Zuma het geen idee wat daar aangaan nie. Hy is die een wat die land afgebring het tot bolliestatus. Is hy blind of doof of net halstarrig. Hoekom bedank hy nie.

Gerhard ·

hehehehe….toe jy aan bewind gekom het het dit dadelik verander in n’ banana republic

FJD ·

as jy luister en kyk wat aangaan wonder ek waar dink die geagte mnr die president bly ons reeds – lallaland is nie ver van piesang af nie.

Linda ·

Stem saam – lankal piesang republiek en Zuma staan op die skil…

Corrie ·

Hy verstom my net meer en meer…..hy meng dan in by alles wat homself raak en volg geensins enige wetlike protokol nie!
SA word lankal gesien as ‘n piesang republiek. Net hy en sy maters weier om dit in te sien of te erken!

Magda ·

Shanme Zumpies ons is lankal ‘n piesangrepubliek kom jy dit nou eers agter? Jy kan nie ingryp nie, maar jy kan ingryp as dit jy is.

Wilma ·

Ons is verby die piesangs…. ons is op pad na die vrot eier speletjie situasie.. jy meng nie in nie, maar jy stuur jou kaders om amok te maak…

aj ·

Zumpie is dan nooit in sy eie land en sy caders weet ook nie wat hulle take is. Al wat hulle se is sorry kam jou nie hoor nie want ek het ‘n piesang in my oor. Hulle moet die hof gebruik om vir hulle te dink

Louwrens ·

Ek wens regtig die kommentators wil ophou om na hom te verwys as “Zumpie” Dit klink soos n lieftallige troetelnaampie vir iemand spesiaal. Hy is beslis nie spesiaal nie. Ek dink ook nie President as ampsbenaming is in sy geval gepas nie. Daarom, noem hom net sommer Zuma.

Alida ·

Hy is so min in die land want sodra iets op die lappe kom vlug hy na een of ander beraad toe. Ergste van alles is die arme man verstaan niks daarvan nie. Hy kom le net nou en dan n vrot eier in SA.

Koos ·

Time flies when you are in a coma, zumpta, die land vier al sy 20ste verjaardag as piesang land.

Quixilver ·

Banana republic or banana state is a political science term for politically unstable countries in Latin America whose economies are largely dependent on exporting a limited-resource product,

Maria van Dieweeck ·

Die piesang is vrot en die brommers le nog eiers ook. Die man moet vir observasie gestuur word, hy is nie heeltemal reg nie.

Rabes ·

Dit is nie net Zuma wat te blameer is vir die gaos nie , maar die hele parlement wat onbevoeg is om die land te regeer. Indien die sogenaamde heersers enige verstand gehad het sou hul dit reg gedoen het.

Petro ·

Piesang republiek wat hy veroorsaak het. Waarom bring hy interdik? Hierdie uitspraak van hom is uiters lagwekkend!

Ou Ystervark en Kie. ·

Jare gelede het Ou Vlakvark by ‘n onthaal gekla oor die baie geld wat wêreldgehalte sportlui verdien.

En toe antwoord Ou Bosvark: “Maar Ou Vlakvark, wat keer jou om ook ‘n wêreldgehalte sportman te word wat miljoene USD verdien?”

Nou vra Ou Krimpvarkietjie: “En wat keer die kommentatore hierbo om ‘Staatspresident van Republiek Piesang’ te word?”

“Sela” sug-sug Ou Erdvark.

jaco ·

of ons nou ‘n piesang-of aspersie-republiek is, maak eintlik nie saak vir die mense in die regering nie, want hulle salarisse is SO groot dat selfs ‘n ekonomie met rommelstatus, waar petrol amper R30 per liter sal kos, aan hulle geen verskil sal maak nie. Mens hoef ook nie eens na net die kabinetslede en Zuma se salarisse te kyk om geskok te wees nie: gewone parlementslede (dit sluit die DA en die VF-Plus in) verdien oor R1miljoen per jaar en dis SONDER onthaaltoelae, vervoertoelae, ‘n lekker motor, verniet vlieg ens ens. NIE EEN VAN HULLE behoort oor Nkandla en oor dreigende rommelstatus te kla nie, want met hulle lekker vergoeding bou elkeen van hulle ‘n mini-Nkandla

humor ·

Nee hy is nie net doof blind ens. Ek staan keer op keer verslae oor sy intelligensievlak. Nooit geweet dit kan n totale vakuum ook wees nie.

Louwrens ·

Ek wens regtig die kommentators wil ophou om na hom te verwys as “Zumpie” Dit klink soos n lieftallige troetelnaampie vir iemand spesiaal. Hy is beslis nie spesiaal nie. Ek dink ook nie President as ampsbenaming is in sy geval gepas nie. Daarom, noem hom net sommer Zuma.

Adrian ·

Die nar se nooit ek nie maar altyd as die president dit sou doen sal dit gebeur asof hy homself distansieer van homself die man is gek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.