Zuma is die ‘korrupsiekampioen’; meeste EFF-LP’s geslaan

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Vrydag gesê pres. Jacob Zuma is die “kampioen van korrupsie” en het aangevoer dat meeste EFF-LP’s Donderdag aangerand is toe hulle tydens die staatsrede uit die parlement verwyder is.

Malema het gesê meer as R60 miljard het reeds in Suid-Afrika verdwyn weens korrupte aktiwiteite en daar is geen aanspreeklikheid nie. “Hoekom moet daar aanspreeklikheid wees wanneer die president self ʼn korrupsiekampioen is?”

Hy het gesê ANC-politici sal doen wat hulle kan om die status quo te handhaaf, aangesien hulle baat uit korrupsie.

Malema het bygevoeg die regering het nie die vermoë om die Eskom-krisis op te los nie weens korrupsie. “Die regering het nie die kapasiteit om elektrisiteit te lewer nie, en wanneer hulle daaroor gevra word, blameer hulle apartheid daarvoor.”

Hy het gesê EFF-LP’s wat tydens die staatsrede uit die Nasionale Vergadering verwyder is, is aangerand. “Alles wat rooi is, is net verwyder,” het hy gesê. Hy het gesê tydens die proses is die deur versper deur die aantal mense wat daar probeer deurgaan het. “Ons is erg geslaan.”

Die vuisgeveg het Donderdagaand begin toe EFF-LPS uit die Nasionale Vergadering geskop is. Die LP’s het probeer om te bly staan nadat speaker Baleka Mbete beveel het dat hulle die saal moet vergader. Veiligheidsbeamptes moes hulle uiteindelik verwyder. Van die beskermingsbeamptes se hemde is glo afgeruk en hulle het later kaalbolyf gestaan weens die oproer. Die veiligheidsbeamptes het verslaggewers ook versper om naby EFF-LP’s te kom. Klik hier om ‘n video van die voorval te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HEVW ·

Ha, ha, hoever het alles al getuimel. Daar word noual gestry wie is die minste korrup.

Japie Botha ·

Soos die spreekwoord lui; Dit neem een om een te sien. As iemand wat nou al drie jaar in die buiteland woon kyk ek na die media beriggewing en wonder oor die toestand van demokrasie in RSA. Ek is in die bevoorregte posisie om die verloop van gebeure in Suid Afrika te vergelyk met die land waar ek tans woon. UIteraard wil ons as burgers maar net elke dag werk, leef en in vrede ons tyd op aarde spandeer. Die van ons wat effe wyer kyk neem kennis van gebeure om ons omdat dit vir ons tekens is van hoe dit ons eie lewens gaan affekteer. Die van ons wat nie omgee nie vermy dalk baie ‘politiek’ maar ons sal een of ander tyd ontnugter word. Ek moet se dat wat tans in Suid Afrika gebeur lyk almeer of dit op n ramp afstuur. Krag onderbrekings het in 2009 my saak bemoeilik om n besigheid te bestuur. Ons het destyds elke tweede dag geen krag vir die hele dag gehad. Niks het gewerk nie, self nie eers ons skakelbord nie. Hier waar ek tans woon is daar n ding wat almal ‘aanspreeklikheid’ noem. As die krag n besigheid sou affekteer sal die verantwoordelike aanspreeklik gehou word. Die beginsel is wat ernstig kort in Afrika, ‘aanspreeklikheid’. En dit bring my by my punt wat ek wil maak. Solank Zuma nie aanspreeklikheid wil aanvaar vir Nkandla en ook die algehele korrupsie in die kaders van die regering nie sal die soort chaos in die parlament voortgaan. Die uitlating van een van die premiers dat hulle ‘geseevier’ het oor die EFF na hulle uitgeskop is uit die parlament is n algehele uitlating van onaanspreeklikheid. “Kom ons boelie die wat nie ons agenda pas nie.” Demokrasie bestaan nie meer in Suid Afrika nie, die dag toe niemand meer aanspreeklikheid wou aanvaar vir hul optrede nie. Solank Zuma onaanspreeklik optree en nie wil Pa staan vir sy optrede nie woon alle Suid Afrikaners in n eenman staat, n diktatorskap, se wat julle wil. Die ANC is absoluut korrup en neem geen aanspreeklikheid nie. Solank as wat enigiemand hulle openlik bevraagteken gaan hulle eenvouding hulle arm van gereg gereedskap gebruik om die opposisie stil te maak. Ek sal nie gou terugkeer na die soort demokrasie toe nie, maak nie saak hoe mooi die land is en watse mooi herrinneringe ek het nie.
Zuma, jy is n korrupsiekampioen. Jou fyn beplande aanstelling van sleutel figure in jou onaanspreeklike struktuur is niks anders as n kampioenkorrupsie plan nie. Jy is n korrupsiekampioen.
Groetnis uit die vreemde.

Charles ·

Ja nee JJ jy is een om te praat oor korrupsie en dan het julle uitgestaan soos die rooi brigade dit was maklik om julle uit te ken en uit te gooi gaan liewer in swart dan loop julle net uit volgende keer

David ·

Soos ek verstaan kry die Parlement ‘n nuwe naam:
‘ZUMALEMA SIRKUS” en die Uniegebou kry ook ‘n nuwe naam: “FURNITURE CITY” WANT IN ELKE KANTOOR IS DAAR ‘N LAZYBOY”

elsja ·

Kan iemand vir my se wat bedoel word met die woord (SIRKUS)want ek weet dat n sirkus n georganiseerde besigheid is.Die nare en leeus hardloop nie deur mekaar rond nie.Hierdie is blatante minagting , geen respek vir normale samelewing reels.Hierdie is die soort optrede wat verwag kan word van n klomp prelote

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.