Zuma is MK-party se presidentskandidaat

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Ihsaan Haffejee/AFP)

Oudpres. Jacob Zuma is amptelik die uMkhonto we Sizwe (MK)-party se presidentskandidaat vir die komende verkiesing.

Bonginkosi Khanyile, jeugleier van die uMkhonto we Sizwe Party, het die benoeming Woensdag op ’n mediakonferensie aangekondig.

“Die enigste man in die MK waarvoor ons in die komende verkiesing gaan stem … is Jacob Gedleyihlekisa Zuma.

“Pres. Zuma is die amptelike gesig van MK,” het Kanyile aangekondig.

Dié benoeming kom egter as geen verrassing nie, aangesien Zuma op die MK-party se kandidaatlys, wat enkele dae gelede uitgelek het, as die party se no. 1-kandidaat gelys is.

Khanyile het vanmiddag dit duidelik gestel dat die MK-party nié bereid is om met enigeen in gesprek te tree oor sy benoeming van Zuma as sy presidentskandidaat nie.

“Moet ons nie snags in hotelle bel nie. Moet ons nie snags in die klubs bel nie. Moenie vir ons mooi goed koop en ons probeer beïndruk nie. Ons is onbeskikbaar.”

Dit is hoogs onwaarskynlik dat Zuma weer as staatshoof sal mag dien, aangesien ʼn kandidaat nie meer as twee termyne as president van ʼn land mag dien nie. Zuma het wel nie twee volle termyne gedien nie, aangesien hy in 2018, te midde van korrupsiebewerings, deur die ANC gevra is om te bedank voordat hy sy tweede termyn kon voltooi.

Selfs indien dié tegniese punt omseil word, verhoed sy kriminele rekord hom om vir president van die land te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

JohanR ·

AS hy soe ver kom sal hy weer die Gupta’s se help moet in roep. Daai klein brein van hom kan nie ‘n kabinet kies nie! Dis net te verwaarend!

Sê maar net ·

En die hele land dog hy is kamtig so siek dat hy nie tronk toe kon gaan nie!! Genugtig! Wat ‘n geheuel.

Ronel ·

Watter sirkus is hierdie land en sy regstelsel nie????? Jammer mens kan nie daaroor lag nie!

Anel ·

Ek het gedink hy is terminaal? Eintlik hoort hy in die tronk!!! Hoe kan hy staan vir president??? Ook net in Suid Afrika!

Danie ·

Moenie Zuma onderskat nie. Jy hoef nie wiskundig te wees om mense te manipuleer nie. Hou hom en Julius mooi dop. Met 27% meer geregistreerde kiesers waarvan die meerderheid jong mense is kan hier n groot verandering gebeur in ons land. Stel jou voor EFF kry 38% en Zuma kry 13% waar gaan dit ons los as daai twee saamspan. Groot moeilikheid.

koos10 ·

Hy het presidentiele vryskelding gekry by die einste ou wie se partyhy nou gaan verwoes! Eish die ironie darem maar. SA politiek. Hond eet hond. En nou staan hy en sy hofnar, Julias, weer bymekaar. Dieselfde Julias wat gehelp het om sy presidentskap tot ‘n val te bring. Aai, die spul se geheue is bitter kort.

Wondermaarnet ·

Hy kan nie tel nie so hy sal nie weet hoeveel stemme hy kry nie.

Marietjie ·

Op die aarde! maar ons gaan ‘n interessante 2024 verkiesingsjaar beleef, wêreldwyd!!
Oom Donald en oom Zuma terug op hulle pos. Ek weet wragtig nie of ek wil lag of ween nie en wie kry ek die jammerste? Ons of die Yanks?

Republikein in die Wes Kaap ·

Jan, in daai geval steun ek Zuma. Die RSA is tickets.

NWT ·

Wys weer hoe belangrik dit is dat almal gaan stem. SA kan nie lae stem prestasie bekostig nie. Hierdie land sal die opkoms van 1994 moet herhaal. Want MK en EFF se ondersteuners gaan opruk na die stembus. Niemand kan op die draad hang nie.

Danie ·

Na die 2024 verkiesing gaan die DA moet plekmaak vir die MK en EFF. Hier gaan dan net 3 sterk partye wees ANC,EFF en MK. Einde van die witman. So sal hulle ons uitdryf en nog is daar van ons mense wat geld inprop en besighede oprig en net aan hulle werk verskaf.

christo ·

Tong in die kies: Ek’t darem gesien die MK party se plakkate groter is as die van die ANC s’n!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ANC, EFF en MK hou van geld. Maklik omkoopbaar en sagte teikens vir ongure beleggers.

Di ·

As ek reg verstaan het ‘n berig gelees waar regsgeleerdes bevestig dat Zuma NIE president kan word nie weens sy vorige oortredings met de Staatskaping. So wat dit vir my se is dat al wen hy mag nie nie in die amp as President van die land optree nie.

Papsak ·

Hy moet oranjepakkie aan he en nie dink om te gaan vir verkiesing nie regtig kom hulle in is dit good bye met. Ons en die land regtig dan kan SA gaan R.I.P regtig

SjN ·

Die politiek hou die terminale siektelyer omtrent besig, wanneer gaan hy tyd kry om sy straat verkope ondernemings te bestuur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.