‘Zuma is ʼn dief,’ sê Maimane

Mmusi Maimane

Mmusi Maimane

Pres. Jacob Zuma is ʼn dief, het Mmusi Maimane, die DA se parlementêre leier, Dinsdag gesê tydens die nasionale vergadering se debat oor ʼn mosie van wantroue in die president.

“Julle sal stem om ʼn man wat alles moontlik doen om 783 aanklagte van bedrog, korrupsie en rampokkery te ontduik, in sy pos te hou. Julle sal stem vir ʼn dief,” het Maimane aan LP’s gesê.

Maimane het vroeër gewaarsku dat die meerderheid van LP’s wat in die mosie gaan stem, teen hulle gewete gaan stem. Hy het gesê Zuma het belastingbetalers se geld gesteel om sy private woning in Nkandla, KwaZulu-Natal, te bou.

Maimane het gesê hy kan Zuma ’n dief noem aangesien die “konstitusionele hof sê ek kan”. Speaker Baleka Mbete het Maimane egter versoek om sy uitlatings terug te trek nadat Stone Sizani, die ANC se hoofsweep, kapsie gemaak het. “Dit is onparlementêr,” het Mbete aan Maimane gesê.

John Steenhuisen, die DA se hoofsweep, het op ʼn punt van orde gesê die parlement is ondergeskik aan die beslissings en bevindings van die konstitusionele hof. Mbete het egter gesê die parlement word deur sy eie reëls bedryf.

Na verskeie punte van orde het Maimane sy uitlating dat Zuma ʼn dief is teruggetrek en weer ʼn beroep op LP’s gedoen om hul gewete in gedagte te hou wanneer hulle stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jjobson ·

Om die prez te koppel aan hierdie laakbare onvanpasbare woord is lelik en onaanvaarbaar,zumpie was tot in die hiernamaals verneder. Eendag op i reendag sal zumpie tog i regmerkie ontvang, wanneer hy by sy NKANDLA woning sit, uitgerus en opgeblaas soos sy rollende borrelende neef en vir die wereld lag want ZUMPIe skuld niks. Waaroor so aangaan.

jjobson ·

Ek herhaal,ek lag en my COMRADES skater van die lag- Die PREZ skuld niemand i antwoord nie, wat aan hom behoort (NKANDLA) kan niemand wegneem nie-zumpie het vir oumensdag gesorg, i raadsame positiewe besluit wat ieder een moet nastreef en volg.

ladybug ·

Nou Maimane as julle so aantygings maak, voeg die daad by die woord en open ‘n saak teen Zuma! Hou op om net te praat – baie praatjies maak baie gaatjies ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.