‘Zuma is ʼn gebroke man wat oor ʼn gebroke samelewing heers’

Maimane het Dinsdag tydens die parlementêre debat oor die staatsrede behoorlik ingeklim onder pres. Zuma.

Maimane het Dinsdag tydens die parlementêre debat oor die staatsrede behoorlik ingeklim onder pres. Zuma.

Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, het Dinsdag tydens die parlementêre debat oor die staatsrede behoorlik ingeklim onder pres. Jacob Zuma.

“Ons moet die nasie word wat president Nelson Mandela ons gehelp glo het ons kan word. ʼn Plek van hoop, voorspoed, onbaatsugtige leierskap en wedersydse respek,” het Maimane gesê. “So die vraag wat ons vandag moet vra is: wat weerhou ons daarvan om Madiba se visie te bereik? Ons kan apartheid blameer. Ons kan die wêreldwye finansiële stelsel blameer. Ons kan selfs vir Jan van Riebeeck blameer.

“Maar in ons harte weet ons wat die probleem is. Ons het toegelaat dat diegene wat in beheer is, groter word as ons instellings, en dit bietjie vir bietjie afbreek. Ons het toegelaat dat een magtige man vir te lank met te veel wegkom. Hierdie man is hier in ons teenwoordigheid vandag.

“Agbare president, in hierdie einste Huis, net vyf dae gelede, het jy die parlement gebreek. Verstaan asseblief, agbare president, dat wanneer ek die term ‘agbare’ gebruik, ek dit uit respek doen vir die tradisies en konvensies van die vooraanstaande Huis. Maar moet dit asseblief nie letterlik opneem nie want jy, agbare president, is nie ʼn agbare man nie.”

Maimane het gesê Zuma is ʼn “gebroke” man wat heers oor ʼn “gebroke samelewing”. Hy het gesê Zuma is bereid om elke demokratiese instelling te breek in ʼn poging om ʼn oplossing te probeer vind vir die “wetlike penarie” waarin hy hom bevind.

“Die parlement se grondwetlike verpligting om vreesloos te betrag en toesig te hou oor die uitvoerende gesag het Donderdagaand alle betekenis verloor. Die brutale geweld van die staat het gewen en ons nasie se harte het gebreek. Ons het op daardie presiese oomblik geweet dat ons demokratiese bestel in groot gevaar is. En wat het jy gedoen? Jy het gelag. Jy het gelag terwyl die mense van Suid-Afrika gehuil het vir hul geliefde land,” het hy gesê.

Maimane het gesê die gety in die land is besig om te draai en verwys na een van André P. Brink se bekendste romans, ʼn Droë Wit Seisoen: “Die beeld wat by mens opkom, is van water. ʼn Druppel waarvan die inersie hom nog ʼn oomblik toehou voor hy val, selfs wanneer hy al uitgeswel aan sy eie gewig hang… byna asof die druppel wéét van die val wat voorlê en hoe onvermydelik dit is, maar nog vir laas, teen alle swaartekrag in, probeer om dit weer of op sy minste uit te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gwen ·

Moesie was nie eers daar om te hoor wat Jay-Z gesê het nie. Wat weet hy nou. Hulle moet dalk die wet gaan lees oor die regte en voorregte van die Speaker dan sal die DA besef hoe idioties dit was om die parlement te verlaat.

chris ·

Maimane se stellings is waar(ons weet dit reeds) behalwe die tranie van die mense.As ons more weer stem wen die ANC , as Zuma hulle leier is hy ook,nieteenstaande al die “trane”
Ons behoud le in gemeenskap en kultuur organisasies nie in hierdie demoonkrasie nie. Dit is die rede dat die feeste so geteiken word hulle besef dit voor die meeste van ons.

Gerhard Bezuidenhout ·

Zuma se vel is so dik soos die van n seekoei. Ek twyfel of hy n gewete het.

frik ·

Ek wil net graag iets anders onder julle aandag bring ,my 16 jarige dogter was vandag saam haar ouma toe hulle ouma se foon gryp en my dogter dreig met haar lewe en haar aanrand.Die poliesie se hulle het nie tyd vir sulke pitti klagtes nie,en weier om die saak te vat.

Theresa ·

Dis waar. Stem môre dan wen die ANC. Hulle word SO aan hul neuse gelei en na die kruisie getrek is brand en plunder hulle alles want geen belofte is nagekom nie. Maar stem vir die ANC diè sal hulle. Geen breinsel laat hulle besef wat regtig aangaan nie. ‘n Kospakkie hier en ‘n kombers daar en siedaar – ANC is awesome ons stem weer vir hulle.

Paplepel ·

Het julle dalk al daaraan gedink dat hierdie swarigheid wat ons ervaar nie dalk deel is van die straf wat ons gaan kry omdat ons afgedwaal het van die Here af nie? Die Volk was nog deur al die eeue heen geneig om afvallig te raak en elke keer het Hy hulle met pyn en lyding teruggebring. Ek vra net….

Swanna ·

Paplepel jou naam pas reg by jou. Jy roer maar jy roer reg. Dit is ‘n feit, ons het afvalig geword. Ons glo nie meer nie , ons gaan nie meer kerk toe om die woord te leer nie en te verstaan nie en ons lees ook nie meer die Bybel nie want Die Boek is on interesant, dit is nie ‘n lekker storie boek wat ons kan lees nie. Ons glo net in onself, so Hy het ons aan ons eie lot oor gelaat en kyk wat is aan die gebeur. Siener Van Rensburg het dit voorspel. Nie voor ons ons self voor “GOD” verootmoedig nie gaan dit nie beter raak nie. SO , hou op klae en kry julle houding reg en julle verhouding met “GOD” dan sal dit beter met ons gaan. Dit wat daar in die Parlement aangaan is net ‘n bewys vir ons wat vir ons nog voorlê. Maak julle oë oop en julle harte reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.