‘Zuma is nie verhewe bo die reg’

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Adjunkhoofregter Raymond Zondo moet streng optree teen oudpresident Jacob Zuma wat vandag ʼn sitting van die Zondo-kommissie sonder toestemming verlaat het.

“Zuma is nie verhewe bo die reg nie, en het geen reg om minagtend op te tree teenoor die kommissie omdat hy nie tevrede is met regter Zondo se beslissing dat hy hom nie as voorsitter van die kommissie gaan onttrek nie,” het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, gesê.

ʼn Sterk boodskap moet sodoende ook gestuur word aan diegene wat nog moet kom getuig voor die kommissie – dat korrupsie nie geduld sal word nie.

“Enigiemand wat daarom gedagvaar word om voor die kommissie te verskyn, moet dit doen, anders stel hulle hulself bloot aan vervolging.”

Groenewald meen daar sal streng opgetree moet word teen Zuma en ander wat nie wil getuig nie. “Zuma het nog altyd gesê hy wil graag ‘sy dag in die hof hê’ om sy onskuld te bewys. Nou is hy nie eens bereid om voor ʼn geregtelike kommissie te verskyn nie.”

Adv. Glynnis Breytenbach, DA-LP en woordvoerder oor justisie en korrektiewe dienste, het Zondo se besluit om hom nie as voorsitter van die kommissie te onttrek nie, verwelkom.

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Itumeleng English/African News Agency (ANA)

“Dit was net ’n verdere desperate poging van Zuma om die werk en verrigtinge van die kommissie te ondermyn en te ontspoor. Zuma het voortdurend gesê dat hy sy dag in die hof wil hê, maar elke keer as hy die geleentheid kry om dit te doen, gebruik hy Stalingrad-strategieë om die verloop van die gereg te vertraag ten einde aanspreeklikheid te ontduik.”

Indien Zuma sy sin kon kry sou die hele kommissie ten gronde gaan tesame met die meer as twee jaar se werk en begroting van R700 miljoen, meen Breytenbach. “Dit is dieselfde taktiek wat hy gebruik het om die afgelope paar jaar die aanklagte van bedrog en korrupsie te vertraag.”

Breytenbach meen Suid-Afrikaners moet dankbaar wees vir die uitstekende werk wat Zondo en die kommissie doen om die onafhanklikheid, integriteit en die werk van die kommissie te doen ondanks aanhoudende uitdagings.

“Zuma se tyd is verby. Daar is nêrens meer vir hom om weg te kruip nie. Die gereg sal sy gang gaan.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Werner ·

Al sterk boodskap wat uitgestuur gaan word is dat Zuma wel bo die wet verhewe is.Hy moes gearisteer gewees het toe hy met sy manewales begin het

Pieter ·

As dit iemand anders was dan was hy nou in die selle. Die ANC land en sy regstelsel is een groot grap

Nick ·

Die volgende paar dae gaan wys of daar nog wel die durf is om persone wat die wette en howe verontagsaam te vervolg. Kom ons kyk.

Juffrou ·

Kom nou, nou moet jul optree! Arresteer hom net! Hy het g’n titel meer. Hy’s ń niks én niemand.

Michael ·

Watse uitstekende werk het die kommissie nou al gedoen? Niks het dan nog met enige van die beskuldigdes gebeur nie. Zuma en die Guptas behoort vir hoogverraad aangekla te word maar hulle gaan maar net voort. Staak die kommissie onmiddelik, ons wil nie meer miljarde betaal terwyl ons weet niks gaan gebeur nie. Dis net Zondo en ‘n klomp regeringsamptenare wat skatryk word uit die kommissie. Wie glo die kommissie gaan van enige nut wees, ken duidelik nie hoe geregtigheid in Afrika werk nie

SomeOne ·

mense wees die man “genadig”, kyk hoe lyk hy van die ouderdom, hy is sommer bleek in die gesig, hys tot die dood moeg, die terminale siekte wat hy het, gun hom sy laaste dae van lekker golf speel !

Dolf ·

Jacob Zuma het nou al genoeg draaie met die reg stelsel In ons land geloop en weg gekom daarmee. Volgens my mening het baie van die korrupsie wat nou al blootgele is plaasgevind omdat hy korrup was, sy naam as die person wat of dit geokustreer het of toegelaat het het telkens na vore gekom. Hy het sy vingers op die een of ander manier by Baie korrupsie wat blootgele is gehad. Dis hoog tyd dat hy daaroor moet antwoord sy weiering om dit te doen moet nie verder toegelaat word nie.

annie ·

‘n Paleisrewolusie broei want duidelike groeperings elk met sy eie army vorm. Die feit dat Zuma en Ace (en Malema) teaters kan bou en lang opvoerings hou tydens hofsake toon die onwilligheid van die sg staat om die wet te benut ter behoud van stabiliteit en orde. Cyril hou net vergaderings oor vrouregte sodra hy bedreig voel, preek vir Israel of bedel vir beleggings. Selfs ons hoofregter moet glo nou deur die regskommissie ondersoek word om lieplappers te plesier. Wie beheer SA?

Dirk Mostert ·

Maar Zuma is mos die koning en nie onderworpe aan wette soos ons die onderdane nie. Waar veelwywery ‘n strafbare oortreding is/was, is hy geregtig op ‘n harem. Al die land se geld behoort aan hom.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ek stem saam. Dis hoogtyd dat hierdie slipperige ou agter tralies sit.

Wilma ·

Flippen hel wie dink hy is hy? As dit ek was is ek net daar gearresteer en tronk toe vir minagting. Dit is hoekom mense so maak want hulle weet hulle gaan niks oor kom nie. Dreig net om al die wurms uit die blik los te laat en almal is bang. Dit is hoekom on is waar ons is.

Genis ·

Kom ons hou n klien vas vrae: Watter eiland het die meeste miljoeners opgelewer? drom rol…. Robbin Eiland.. Need we say more?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.