‘Zuma is obsessief oor ras’

President Jacob Zuma aan die lag tydens ‘n vorige geleentheid in die Nasionale Vergadering. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Cope het Dinsdag gesê die feit dat pres. Jacob Zuma verlede week se optogte wat landswyd gehou is as rassisties beskryf het, net sy obsessie met ras bewys. Tydens dié optogte is geëis dat Zuma uit sy posisie verwyder word.

Dennis Bloem, woordvoerder van Cope, het Maandag in Boksburg gesê die party is nie geskok of verras oor Zuma se uitlatings nie.

“Zuma is obsessief oor ras en hy is baie goed daarmee om ons land volgens ras te verdeel. Sy stellings is misleidend en moet veroordeel word. Zuma is paranoïes,” het Bloem gesê.

Maroela Media het vroeër berig Zuma het Maandag tydens ʼn herdenkingsdiens vir die struggle-veteraan Chris Hani ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om teen rassisme te veg ter herdenking van Hani wat sy lewe lank daarteen geveg het.

“Ons het ongelukkig nog nie daarin geslaag om die nie-rassige samelewing wat ons beoog het te bou nie. Daar is ʼn herlewing van rassisme is ons land,” het hy gesê.

Nog ʼn massa-optog word vir Woensdag 12 April beplan wanneer betogers van Kerkplein tot by die Uniegebou in Pretoria sal stap. Zuma vier Woensdag sy 75ste verjaardag.

“Ons wil net vir Zuma herinner dat ons en ander partye môre wéér gaan betoog. Zuma moet weet dat dié soort aksies net gaan toeneem oor die volgende paar dae en weke,” het Bloem gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Leeutjie ·

Dubbele standaarde! Een oomblik keur hy af dat ons saam optogte hou en by die herdenking van Hani is dit weer ‘n ander storie! My maanhare rys vir hierdie man!!!

Waghond ·

Dit is al kaart wat hy kan speel, want hy is in ‘n hoek gedryf.

Anton ·

…hy speel, kul jou hier, kul jou daar en siedaar jy is n rassis…op sy kaarte…

Blits ·

Wat kan n mens verwag van iemand wat nie eers R250 365.22 kan uitspreek nie, wat kan n mens verwag van iemand wat nie eers STD 3 het nie, die arme IDIOOT

Basjab ·

Z. U. M. A
Zero Understanding van Monitere Aangeleenthede.
Zero Understanding of Money Markets.
Zero Understanding of Mathematic Analising.
Zero Understanding of Mostly Anything.

Lalla ·

Hy is ‘n dom pateet wat nie weet wat anders om te se nie. Hy moet eerder teruggaan skool toe, matriek slaag en ‘n kwalifikasie verwerf. Dan sal daar seker beter woorde uit sy mond uit kom.

JOKER ·

Vertel ons iets wat ons NIE weet nie. Onthou RAS is al waarmee hy aan bewind kan bly. Solank hy die swartes teen die wittes opsteek, so lank is die fokus op die blankes en nie op hom nie. Solank hy die swartes en wittes kan verdeel, solank kan hy aan bewind bly en met die Guptas heul. Divide and rule. In watter ander land behalwe ZIMBABWE het ‘n President al so aangegaan oor wittes? Kill the boer, kill the white het hy al SELF gesing, Umshini Wam (bring my machine gun) het hy al self op verhoe gesing, ‘n president wat WITTES se belastinggeld ontvang elke maand. Hy beskuldig wittes daarvan dat hulle die ‘capital monopoly’ het, maar vergeet heeltemal dat daar nie meer ‘n witte (in bestuursposisies) in sig is in enige staatsdepartement of groot organisasie soos Eskom, SAUK, SAL nie. Die hoofposte word deur swartes beklee. Wittes moet BEE inbring in hulle organisasies maar daar mag 100% swart besighede wees!! Hy kan NET met ras aan bewind bly, want hy het niks meer om sy ondersteuners te gee nie, die Tshirts en Themde werk nie meer nie, ook nie meer die halwe brood agterop die bakkie nie.

My tweesent bydrae ·

Ek kry nie die konneksie gemaak tussen Vrydag se optog en ras nie .

Pim09 ·

Ek sukkel ook vreeslik met daai konneksie! Maar ek veronderstel as jy niks anders/slim het om te se nie, dan gebruik jy die ras-kaart

Anoniem ·

Wee jy, hy lyk nogal baie soos “Bennie Boekwurm”! Glo Bennie was defnitief meer intellektueël, en kon darem tel!

Christo Louw ·

Moet in hemelsnaam nie arme Bennie Boekwurm so beledig nie.

Christo Louw ·

Moet in hemelsnaam nie arme Bennie Boekwurm so beledig nie.

Willie ·

Ag asseblief… al wat hulle kan se as hulle in die sop is, “JY IS N RASSIS”. Zuma moet loop, stamaaia, voetsek, hamba, loop, go, daar is geen rassisme in dit nie…. PACK YOUR BAGS AND GO…YOU HAVE OVESTAYED YOUR WELCOME

Anoniem ·

Hy klink soos ‘n plaat wat vashaak. Dis een van die min kaarte wat hy nog oor het om te speel… so baie nie-blankes val nie meer vir sy leë beloftes nie en hol retoriek nie.

Johannes van Staden ·

Snaaks hoe hy op dit wil hammer …sy tone is baie groot …noudat hy niks meer het om mense te bied … shame

Ig ·

Ek dink sy voedingsbron was n grappie wat die rondte doen dat selfs die bobbejane in die wildtuin Vrydag ge march het.

snoefie ·

arme man het die rassekaart nodig om sy rug sonder n ruggraat regop te hou.

Boetman ·

Dit is hy wat rassisme laat herleef. Leef in die verlede. Asb lei hom tog op

marous ·

Verarm die land en gee die skuld vir die wittes … laat die massas dit glo en die witman vervloek tot in ewigheid. Verkoop die land se natuurlike hulpbronne vir eie gewin . Neem beheer van die verdedingsmagte en siedaar … bly aan bewind vir altyd , in meeste lande in Afrika

Pieter ·

Dis al wat hy kan aanvoer, want geen ander verskoning gaan sy ondersteuners aanvaar nie.

E.K. - ek sê net! ·

Spreuke 17:12 ” ‘n Mens kan liewer ‘n beerwyfie raakloop wat van haar kleintjies beroof is as ‘n dwaas met sy sotheid.”
Spreuke 18: 2 “Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekendmaak.”
Vers 7: “‘n Dwaas se mond is sy ondergang, sy eie woorde is ‘n dodelike strik”
Of jy nou ‘n Christen is al dan nie, Spreuke wemel van gesegdes van toepassing op zuma!

Blits ·

Nice one, en dit is waar, gaan lees Spreuke, dis n baie interesante boek

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.