Zuma-kabinetskommeling: ‘Voortgesette uitbreiding van staatskaping’

Mmusi Maimane, leier van die DA

Pres. Jacob Zuma het met die afdanking van Pravin Gordhan as minister van finansies en die aanstelling van Malusi Gigaba in sy plek, nou beheer oor die staatkoffers geneem.

Dit is die mening van David Maynier, die DA se woordvoerder oor finansies, in reaksie op Zuma se kabinetskommeling. Volgens Maynier het Gigaba geen ondervinding in die finansiële sektor nie. Hy het gewaarsku dat die markte nie goed op Gigaba se aanstelling sal reageer nie. “Die tesourie is nou stewig onder die politieke beheer van Zuma.”

Mmusi Maimane, leier van die DA, het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om saam te staan en die grondwetlike demokrasie te verdedig. “Die president het weer eens gewys dat hy geen belang het in ons geliefde land se toekoms nie. Hy het gebuig vir die grille van diegene wat vasbeslote is om hulself te verryk ten koste van die armes en werkloses. Dit is ʼn daad van volledige staatskaping,” het Maimane gesê.

“Ons kan nie toelaat dat dit gebeur het nie. Dit is die parlement wat hom aangestel het en dit is die parlement wat hom kan afdank. Ons doen dus ʼn beroep op alle politieke partye, insluitend lede van die ANC, om president Zuma uit te stem wanneer die DA se mosie van wantroue in die Nasionale Vergadering aangehoor word.”

Die VF Plus het Zuma se aanstelling van Gigaba beskryf as deel van die voortgesette uitbreiding van staatskaping deur die Guptas en terselfdertyd die versterking van sy faksie binne die ANC. Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê Zuma het hiermee gewys dat hy bereid is om Suid-Afrika op te offer in die belang van homself en sy vriende. “Suid-Afrika is nou op die glybaan van net nog ʼn korrupte Afrika-staat soos Zimbabwe.”

Groenewald het gesê Gigaba het geen bewese finansiële agtergrond of kwalifikasie nie en boesem daarom nie vertroue in as minister van finansies nie. “Zuma se optrede is nadelig vir Suid-Afrika en sy inwoners wat betref ekonomiese groei. Dit sal bloot verdere armoede, werkloosheid en die verryking van ʼn swart elite veroorsaak. Die ministers wat gesê het hulle gaan bedank sou Pravin Gordhan verwyder word, sal nou moet bewys dat hulle ernstig was en moet die eerbare ding doen deur daadwerklik te bedank. So ʼn stap kan ʼn reddingsboei wees vir die mense van Suid-Afrika aangesien dit kan bydra om van Zuma ontslae te raak indien die ministers ʼn mosie van wantroue in die parlement indien en steun.”

Groenewald het gesê Zuma se aanwysing van Fikile Mbalula as minister van polisie wys ook dat Zuma nie ernstig is oor die bekamping van misdaad nie. “Mbalula is bekend as ʼn grapjas wat omstrede uitlatings maak en die polisie is allermins ʼn plek vir ligsinnigheid en omstrede figure. Zuma wys duidelik dat hy nie skroom om sy lojaliste in poste te plaas selfs al is hulle onbevoeg daarvoor nie.”

Groenewald het gesê met die skommeling van die kabinet is die handskoene af in die geveg binne die ANC. “Zuma is in die proses besig om die ANC te vernietig en die pilare op homself om te trek. Die enigste ligpunt is dat die ANC so verdeel en vernietig word dat hy in 2019 uitgestem kan word as regerende party.”

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het in reaksie op Gordhan se afdanking gesê dit is ʼn skande dat die binnegevegte in die ANC nou só ontaard het dat die Zuma-kamp nou selfs bereid is om die land se ekonomie en die rand se waarde op te offer om interne ANC-gevegte te voer. “Die hele land word nou benadeel en staan afgradering deur graderingsagentskappe in die gesig, dit alles om een man, Jacob Zuma, se belange te dien,” het Kriel bygevoeg.

Die NFP het gesê hy beskou Zuma se kabinetskommeling as ʼn Aprilgekkedaggrap. “Ons glo Zuma sal wakker word voor dit te laat is en die skommeling oordoen en onbevoegde en nuttelose mense soos Bathabile Dlamini, Faith Muthambi en Blade Nzimande die trekpas gee,” het Sabelo Sigudu, woordvoerder van die NFP, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Sigudu was die kabinetskommeling ʼn mors van geld en tyd. “Dit is gedryf deur selfsugtige ambisies en ʼn mandaat van die Guptas. Zuma het die land vir baie goedkoop verkoop en kwaliteit met kwantiteit in gedrang gebring.”

Peter Attard Montalto, ʼn ekonoom by die Japanse beleggingsbank Nomura, het gesê Gordhan en sy adjunk se afdanking sal die markte negatief beïnvloed en laat Suid-Afrika die risiko loop van afgraderings deur graderingsagentskappe.

“Dit is ʼn aanval op die instelling van die nasionale tesourie en sal verskeie afgraderings tot gevolg hê. Hoewel daar fiskale risiko’s is, is ons meer bekommerd oor die tesourie se rol in verkryging, die keer van korrupsie en oorsig van staatsbeheerde instellings, veral rakende kernenergie en die bankwese.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Rachel ·

Dit is tyd dat Suid Afrikaners begin saamstaan teen hierdie groot sirkus. Ons kan nie meer ons belasting betaal aan n regering wat alles opslurp vir eie gewin nie. Maatskappye moet nou bymekaar kom.

o ·

Welkom in Zim op steroids!! Wat ‘n tragedie deur die toedoen van ‘n despoot. Zuma lag te lekker want hy gaan heerlik in weelde aftree terwyl die res van die nasie krepeer.

snipes ·

aftree? wie gaan dan die pad na die staatskis oop hou vir sy maatjies? as die parlement 743 kriminele klagte en R256miljoen uit staatskis wat aan sy homestead nie verkeerd sien nie, dan gaan hulle die staatskaping ook as regverdig sien. maar…. verbeel ek my of is alle ” nie swartes” nou uit die kabinet?

Pat Aldrich ·

Zuma se laaste kans om sy sakke te vul en hy moet dit groot doen daarom sit hy mense om hom wat ook daarin gaan deel voordat hy die land gaan verlaat sodat al sy aanklagte van akelm wees hom in die tronk gaan laat beland. Hy gaan ay kekkellag oorsee of erns in Afrika lag en ons sit met die gemors. Grootste landsverraaier in mense heugenis

Lollie ·

Hierdie is ń groot skuif vir die land maar daar kon al van die begin af gesien word dat Zuma net na homself omsien en die Guptas! As sy volgelinge net jare terug al wakker geword het was ons land nie vandag so gemors aswat dit tans is nie. Vorentoe krepeer almal en wie gaan die skuld daarvoor kry …….. blankes en apartheid! Indien Zuma nog na sy eie mense gekyk het maar hy doen dit nie eers nie. Die swartes moet wakker word en Zuma die trekpas gee sodat daar iemand kom wat na almal se belange omsien!

Jan Jooste ·

Nou is waarlik die tyd om te werk aan ons toekoms asof ons nie gaan bid, en ons Hemelse Vader om Genade te smeek asof ons gesn aksie gaan neem. Die skrif is duidelik teen die stuk muur wat nog staan. Voorspoed.

Ange ·

Lyk vir my of die Ooste en die Weste in n stryd is vir S.A. Dis geen geheim dat die ANC altyd Westerse ondersteuning geniet het nie. Dis hoe hulle in beheer gekom het. Die ANC kyk nou na die Ooste en die wat teen Zuma is (D.A veral) het nou die Weste se ondersteuning.

Persoonlik dink ek ons is in n Catch 22.

Marius ·

Angie jy sit die pot mis die Britte sit agter die ANC nie die Weste.Kyk maar wie het vir malema geld geleen om eiendom te beset.En hulle het nog altyd druk geplaas op SA.

Ange ·

Marius, Engeland IS in die Weste. En dis nie net Engeland nie. Gaan kyk jy bietjie wie was al die voorbokke van die begin af- van Swede tot die V.S.A.

As die ANC leiers hulle alliansies verbreek met die Westerse lande wat n belang in S.A het (en ek bedoel n belang in geld en natuurlike bronne) gaan die Weste nie net terugsit nie. Die Weste sluit Engeland in.

Hulle kloue is in S.A en hulle gaan nie laat gaan sonder n bakleiery nie. Ons is in vir n baie bumpy ride.

Noxthefox ·

Die ruggraatlose GROOT SES het alweer vooroor gebuig om gespyker to word deur ZUPTA se kompromie te aanvaar dat hy sal nie vir Brain Zupta aanstel nie in ruil vir Gordhan. SIES!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!DIEWE.

emo ·

die ministers hoef nie kwalifikasies of ondervinding te hê nie zuma en guptas skryf hul moes in elk voor wat om te doen hoe dommer hoe beter vir zuptas

AL ·

Die ANC kan hom gerus uitstem – geen ANC lid is veilig met sy rugstekery nie.
Ons gebede is verhoor – Zuma het sy hand oorspeel.

piper ·

mmusi, gebruik eerder al jou energie teen zumpie en hou jou hande van zille af. dit sal dan dalk weer n paar stemme vir die DA terugwen

APRIL GEK ·

Noudat die Minister van “Sports” die Minister van Polisie is, kan ons nog meer “Sports” in die SAPS verwag…

Duineboer ·

Hoe moet ons ‘terugveg’ as die DA tyd mors op Zille se twiet. As dit nie vir die EFF (hemel help ons) was wat ie DA wakker skud nie sou niks in parlement gebeur nie. Ons is magteloos uitgelewer aan ‘n swart diktatorskap.

Johann ·

Zuma se vermetelde arrogansie is on stop baar! Saaes nie n sweempie van n gewete by hom nie. En as hy wegkom met die absurde optrede…WIE gaan hom HOE stop om blatant SA leeg te steel? Dit sluit in sy voorbrand maak vir grond vergrype. Die VADER in die hemel.alleen kan ons.red van hierdie aanslag. Brace jourself o beloved country!!!!!!!

piper ·

dankie aan zumpie. my wins op my aandele het oornag met 30 000 rand gestyg. het die dinge sien kom en in nie rsa aandele bele.

Pieter ·

Mooi, maar dit help jou eintlik niks met die waarde vd Rand wat nou 7% verloor het nie

Johan ·

Ek lees hier dat daar gesê word dat Zuma die land goedkoop verkoop het. FW de Klerk het hom sommer verniet weggegee.

chrisp ·

Mmusi.
Gaan kyk gou op twitter en facebook of jy nie iets sien al is dit feite waar ‘n witmens aangekla kan word deur die DA van rassisme nie. Moenie tyd hier verspeel nie.Twitter en facebook uitlatings is tog so belangrik sowel as stellings deur witmense. Sa gaan vat hulle.

Julle is ‘n patetiese spul karakters.

Rynhardt ·

Almal kyk dit lelik mis.Land is in die greep van kommunisme! Hierdie dinge was so beplan!

Barnard ·

Die DA moet nie nou vir hulp kom vra nie.Hulle het bewys hulle voel n veer vir die plaasmoorde. Neewat hulle moet nou self regkom. Kan nie vertrou word nie.

Hardus ·

Ek verkoop nie my siel aan die DA nie. Hulle het nie hulle bekke oopgemaak met die plaasmoorde storie nie.So nou bly ek stil. My beurt om stil te bly en te kyk hoe die faksies mekaar vernietig.Hierdie keer hulle eie toedoen.Nie apartheid nie.

Mike ·

Nee wat laat die faksies mekaar uitsorteer. Niks met ons te doen nie.DA het my stem verloor met die Zille debakel.Hulle moet nou maar self opsnork.Hulle het vir z destyds ingestem. Nou sit hulle met die warm patat.

Heike ·

Jy is reg Rynhard.
Die faksies moet eers mekaar eers intussen uitsorteer voordat ons toetree.
Al die verskillende swart politici kan nie vertrou word nie. Waarom word soveel wapens met plaasmoorde gesteel.Daar is n rede daarvoor.Ook deel van die ooreenkoms met kommunisme. En nog meer .

John ·

Ons het nou nog ‘n grapjas in hogere geledere. Moenie dit as ‘n grap aflag nie. Die spreekwoord praat van voor die kop maar nie in die krop sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.