Zuma kan nie ‘in tronk sit’ tot aansoek afgehandel is

Oudpres. Jacob Zuma se dringende aansoek word aanlyn aangehoor. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Oudpres. Jacob Zuma se regspan het weereens Dinsdag aangevoer dat die hof se besluit om hom tronk toe te stuur, ongrondwetlik is en gesê dit is onregverdig dat Zuma in die tronk sit terwyl hy wag vir die hof om te besluit of die uitspraak omgekeer moet word.

Zuma se dringende aansoek om die lasbrief vir sy inhegtenisneming ter syde te laat stel, hangende sy aansoek vir die herroeping van sy vonnis in die Konstitusionele Hof, het Dinsdag kort na 12:00 in die hooggeregshof in Pietermaritzburg begin.

Adv. Dali Mpofu SC, namens Zuma, het bevraagteken waarom die kommissie na staatskaping, adjunkhoofregter Raymond Zondo, die kommissievoorsitter, asook die Helen Suzman-stigting die aansoek teenstaan, terwyl die polisie en die minister van polisie reeds aangedui het dat hulle dit nié doen nie.

Hy het eersgenoemde drie partye as ongenooid en bemoeisiek by die saak bestempel en gesê hulle het eintlik niks met die verrigtinge te doen nie.

“Teenkanting wat gegrond is op wraaksug om te sien dat Zuma vandag of môre gestraf word, is onvanpas om die minste te sê,” het Mpofu aangevoer.

Volgens hom is Zuma geen vlugrisiko nie en word hy deur die polisie bewaak. Hy het ook aan die hof gesê die kwessie het verstaanbaar heelwat belangstelling onder mense veroorsaak, gegewe die feit dat ʼn oudpresident betrokke is.

Regter Bhekisisa Mnguni het vandag verskeie vrae gehad oor of die hooggeregshof die jurisdiksie het om oor die kwessie te besluit – gesag wat Mpofu volhou die hooggeregshof wel het.

Mnguni wou ook weet waarom Zuma nie die Konstitusionele Hof direk genader het nie, veral omdat die hof ieder geval Maandag sy aansoek vir die herroeping van die vonnis aanhoor.

Mpofu het aangevoer net omdat nog ʼn hof jurisdiksie oor ʼn saak het – soos die Konstitusionele Hof – beteken nie dat ʼn applikant nie ʼn ander hof kan nader nie.

“Die enigste is vraag is of jy jurisdiksie het,” het Mpofu aan die hof gesê.

Hy voer voorts aan die bevel wat oorspronklik tot Zuma se tronkstraf gelei het, is ongrondwetlik en hou voet by stuk dat die tronkstraf sonder ʼn verhoor vir Zuma opgelê is.

Mpofu het aan die hof gevra of Zuma in die tronk moet sit tot sy aansoek in die Konstitusionele Hof afgehandel word en dan daarna, as die besluit herroep word, te sê “oeps, nou moet hy vrygelaat word”.

Adv. Tembeka Ngcukaitobi SC, namens die kommissie na staatskaping en adjunkhoofregter Raymond Zondo, het aan die hof gesê daar is ʼn voorgesette verpligting op Zuma om aan die hofbevel gehoor te gee en dat dit nie deur die huidige aansoek opgeskort is nie. “Sedert Sondag was Zuma in ʼn voortgesette verbreking van die huidige bevel,” voer Ngcukaitobi aan.

Ngcukaitobi sê hy is nie in die hof om oor die optrede van die polisie te praat nie, maar dat “Zuma aan die ander kant, op sy eie, letterlik die reg in eie hande geneem het. Dít op sigself behoort rede te wees om die aansoek van die hand te wys.”

Die verrigtinge sal na ʼn kort verdaging voortgesit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Kokkie ·

“Zuma kan nie ‘in tronk sit’ tot aansoek afgehandel is” : Maar as die uitspraak nie in sy guns verloop nie, dan moet hierdie dae wat hy by die huis sit by sy vonnis gevoeg word.

Frik ·

“If the facts are on your side, Dershowitz says, pound the facts into the table. If the law is on your side, pound the law into the table. If neither the facts nor the law are on your side, pound the table” –
Mpofu & Zuma het daardie tafel nou al tot ‘n fyn poeier vergruis.

Androclus ·

Grootste krimineel daardie wat twak aanvang dan is hy bang vir die tronk-LAFAARD

Pieter ·

Interessant dat die ANC se letterlik en figuurlik swaargewigte altyd die EFF se Mpofu gebruik. Voëls van enerse vere.

Persheks Adri ·

Hy kan en hulle moes hom dieselfde dag gevat het! Nou sit mens met al die streke. Die verskoning dat hy te oud is werk ook nie hy’t mos geweet wat hy doen!

Johanncb ·

Ek kan dus in die toekoms enige misdaad pleeg en argumenteer dat tronkstraf ongrondwetlik is! En die Staat betaal my regskoste! Mooi man!

Deon ·

Die manier hoe daar te werk gegaan is, dit is die uitdaging.

Michael ·

Die meeste van ons is kwaad vir Zuma en wil hom graag agter tralies sien. Dis my mening dat die werklike korrupte partye in die saak die ANC, howe, en polisie. Daar behoort ‘n baie groter bohaai te wees oor die konstitusionel hof wat hierdie aansoek toegelaat het.Hulle laat hom toe om te doen wat hy doen en hy buit dit uit. Ons regstelsel is korrup, die polisie is korrup want hulle is eenvoudig ‘n verlengstuk van die ANC

Tokkel ·

Gaan ACE Magashule dieselfde behandel word??? Sekerlik, want hulle is mos onaantasbaar in SA.
Jy hoef net te sê ek gee nie om om tronk toe te gaan, want dan bly jy buite..
Alwat gebeur hulle mors ons TAX geld ….15jr spring Zoempie al die tronkdeure vry….
Wat ‘n klug en hulle verwag ons moet hulle glo!!!

Anel ·

Nie ‘n vlugrisiko nie? O, aarde!! Maar enige ander mens het lankal gesit.

Hennie ·

Mpofu is reg, die wetter moet lewenslank sit vir sabotasie en hoogverraad, nie net tot na die verhoor nie! Sot!

Sambok ·

Weet nie waar het hierdie Mpofu sy graad gekry nie maar gorrel nou al die heeldag om hulle te vertel wat die hof kan en nie kan doen nie,kan sien hy is onder Zuma se invloed,hy mors net almal se tyd,nou verstaan ek hoekom die ander regspanne Zuma gelos het,hy moet by Trevor Noah aansluit

anniekiewiet ·

Ag siestog, arme verontregte ou man. Feit is, hy is skuldig maar dis verstommend hoeveel hase in hulle pluiskeil is. Satan se idees wat hy in mense se ore fluister, raak nooit op nie.

KB ·

Watter deel verstaan Zuma en sy regsspan nie?
Dis Zuma wat hierdie saak maksimaal uitgerek het (deur sy afwesighede by hofsake, en sy arrogante houding). Noudat die Konstitisionele Hof hul voet neergesit het, begin hy die saak verder uitrek, en speel hy smartvraat.
Hy het hierdie hele saak oor homself gebring, hy kan net homself blameer. Hy is nie verhewe bo die hof nie, hy moet nou die boodskap begin kry.

Anton J ·

Nog ‘n minagting van die hof. Vind hom weer skuldig op hierdie een en vonnis hom tot ‘n verdere 15 maande tronkstraf en wat nie gelyklopend uit gedien mag word nie. Hy maak regsesteem ‘n grap.

SjN ·

Put your money where your mouth is, ek sal tronk toe gaan voor ek voor regter Zondo sal verskyn, vat jou pie en waai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.