‘Zuma kan nie sy eie regter in staats­kaping­kommissie aanwys’

Adv. Tembeka Ngcukaitobi en adv. Dali Mpofu.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Dinsdag gehoor pres. Jacob Zuma kan nie ʼn regter van sy keuse aanwys vir ʼn kommissie van ondersoek om staatskapingsbeweringe waarby hy betrek word te ondersoek nie.

“Niemand kan ʼn regter in sy eie hof wees nie, hy [Zuma] wil alles wees,” het adv. Tembeka Ngcukaitobi namens die EFF gesê.

Ngcukaitobi het gesê Zuma het nie net een oggend wakker geword en skielik besluit dat hy sy eie vriende gaan ondersoek nie. “Die sneller was die openbare verslag.”

Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer (OB), het verlede jaar aanbeveel dat ʼn kommissie van ondersoek deur Zuma op die been gebring word, maar dat die regter wat die ondersoek lei deur hoofregter Mogoeng Mogoeng aangewys word.

Zuma het volgehou dat Madonsela buite haar grense opgetree het en dat niemand die reg het om hom aan te sê wie om aan te wys nie.

Ngcukaitobi het bygevoeg die persoon wat die kommissie van ondersoek moet lei, moet ʼn onafhanklike persoon wees.

“Die president se woorde is nie genoeg as hy ʼn onafhanklike ondersoek belowe nie,” het Ngcukaitobi gesê.

Die saak duur Woensdag voort met adv. Dali Mpofu wat namens die UDM en COPE gaan optree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

MCS ·

Wie se nou so, geen reëls is verhewe bo ons president. Die reël het gegeld is voor 1995. Nou maak hy soos hy wil! Wie gaan hom stop? Niemand!

RB ·

Wel, hy is eintlik nogal slim, of sal ek eerder sê slinks…maar sy kanse raak darem al minder. Wonder wanneer hy gaan besluit dit raak te warm en maar Dubai toe verhuis…

Rina ·

Ek is leek dog het ook gedink: regverdig voor die hof kan mos nooit beteken ek stel my eie regter aan nie – al is ek ook die president van die land!

Hennie ·

AP, Moenie dink hy is onosel nie, hy het homself met die grootste klomp skelms en bedrieers in wereld omring, die ou is baie “slim”, hy het almal in sy binnekring aan die spreek woordelike “short and curlies” beet en is in volle beheer van hierdie land wat ons SA noem, moenie verbaas vees as hy die ANC leierskap weer in Desember wen nie, en daarmee saam nog ‘n termyn as President na 2019 verkiesing.

Verstom ·

The “unsinkable Titanic” gaan nog baie laer sink. Elkeen sal sy dag van afrekening kry.

Loeis ·

As Zuma sy sin kry, stel hy seker weer vir Sereti aan wie die wapenskandaal ondersoek het.

In so geval is dit dalk beter dat daar nie ‘n ondersoek is nie, want ons weet wat die uitslag sal wees, en die ondersoek sal ook miljoene van ons belasting geld opslurp, soos die Sereti kommissie gedoen het. Nie dat Zuma omgee nie.

Die uitslag van hierdie hofsaak is baie belangrik.

AP ·

Arrogante dikvel wil verder wys wie is baas , ek hoop almal sien deur hom , Die wat saakmaak moet nou inklim en hom laat toesluit , genoeg is genoeg

jaco ·

Regter se salaris word deur Dept van Justisie betaal. Dept van Justisie is deel v.d. staat. Die staat word beheer deur die ANC. So watter regter nou ook al die saak teen Zuma verhoor, sal onmiddellik in die moeilikheid wees as hy uitspraak teen Zuma gee.
Of maak soos Mugabe: toe die howe aanmekaar se plaasbesettings is onwettig, het hy eenvoudig die regters vervang met regters wat sy beleid 100% steun.

Loeis ·

TEORETIES is die regbank onafhanklik. Dit word gesimboliseer deur die vrou met die weegskaal en swaard wie geblinddoek is, en dus vir blinde geregtigheid staan.

Maar selfs die FW de Klerk stigting, wie se mense die ANC aan bewind help kom het, het al grondwethof uitsprake uitgewys wat nie in lyn met die grondwet is nie, maar die ANC se doelwitte ondersteun.

Mens dink ook onwillekeurig aan Winnie Mandela wie so aantal jare terug in die streekhof in Pretoria skuldig bevind is, en tronkstraf opgele is. Sy het teen die vonnis geappelleer, die tronkstraf is verwyder, en sy is reguit terug parlement toe. Terloops het die aanklaer in haar saak nie uitgewys dat sy al vorige oortredings gehad het nie, terwyl die Stompie-saak to die teendeel spreek.

Die ANC het, onder gejuig van die hele dekselse wereld in 1994 die mag oorgeneem onder die vaandel van demokrasie. Maar die regstaat, wat ‘n belangrike onderdeel van demokrasie is, is onder kwaai druk. Die hele storie van ‘n “freedom struggle” is eintlik ‘n klug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.