Zuma kap na ANC-veterane

Pres. Jacob Zuma tydens sy openingstoespraak by die ANC se nasionale beleidskonferensie in Johannesburg (30 Junie 2017). Foto: ANA

Pres. Jacob Zuma het Vrydag sy openingstoespraak by die ANC se nasionale beleidskonferensie in Johannesburg gebruik om terug te kap na die ANC-veterane wat Zuma se leierskap en die stand van sake in die ANC kritiseer.

“Hulle het besluit om hul eie [raadplegende konferensie] te hou. Ek weet nie wat dit beteken nie, maar ek sal baie onregverdig wees as ek dít nie sê nie. Baie van ons het onsself in toom gehou deur nie op hierdie comrades te reageer nie, omdat ons hulle ken. Sommige van hulle is nie so sterk soos wat hulle voorgee nie. Ons ken hulle, maar ons hou by die dissipline van die organisasie en ons vat hulle nie in die publiek aan nie. En ons sal hulle nie aanvat nie,” het Zuma onder luide toejuiging gesê.

“Ek praat hieroor, want hierdie [die afgevaardigdes] is die takke – sodat julle weet wat gebeur het. ʼn Hele paar van hulle [die ANC-veterane] praat met die media en sê daar is geen leierskap in die land nie. Hulle is baie oortuig hulle is die leiers en die mense wat tans die land lei, is net die administrateurs. Maar dis reg so.”

Maroela Media het vroeër berig die ANC-veterane het Donderdag gesê hulle beplan om in September vanjaar hul eie raadplegende konferensie te hou. Dit volg nadat die veterane se versoek dat ʼn raadplegende konferensie apart van die beleidskonferensie gehou word deur die ANC-toplui geweier is.

Zuma het gesê daar is ʼn gedeelte van die veterane wat grootliks deur die media met die ANC-leierskap kommunikeer. “Dit is baie snaaks. Dit is asof hulle nou ʼn regte organisasie is wat bedryf word. Ek is seker daar moet ʼn kantoor of iets wees. Ek weet nie, maar ek raai hulle is baie georganiseerd. Hulle is beslis georganiseerd in die media – inteendeel, in die meeste van die gevalle kommunikeer hulle met ons deur die media,” het Zuma gesê.

Hy het gesê daar sal ernstige besprekings by die beleidskonferensie gevoer word, maar die ANC-veterane dink hierdie besprekings is nutteloos. “Hulle soek besprekings op ʼn baie hoë vlak.”

Zuma het gesê daar is ná ʼn gesprek met die veterane besluit om twee ekstra dae by die beleidskonferensie te voeg waartydens raadplegingsgesprekke gehou kan word in ʼn poging om die veterane tegemoet te kom. “So, die eerste twee dae kan ons saamsit en húl besware en ons besware bespreek. Later het voormalige MK-comrades by hulle aangesluit. Ons het ooreengekom dat ons dit so gaan doen, maar hulle het besluit nee, hierdie beleidskonferensie is nie wat hulle wil hê nie. Hulle soek hul eie [konferensie].”

Nog ʼn ANC-struktuur, die Umkhonto We Sizwe- (MK-) nasionale raad, het vroeër die week die hele beleidskonferensie afgejak en dit as ʼn nuttelose oefening bestempel. Siphiwe Nyanda, voorsitter van die raad, het gesê slegs ʼn aparte raadplegende konferensie kan Afrika se oudste vryheidsbeweging red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

what a joke! ·

Hehe…ek stem saam maar daar is een nog…Malema die gif van Suid Afrika!!!

johny_walker ·

die wolwe begin sirkel en zuma probeer braaf lyk maar hy weet hulle ruik sy vrees

Anoniem ·

Ten minste kan hy nie die raskaart speel in hierdie geval nie.

Apie ·

Anoniem, hy gaan nog. Dit kom voordat hulle konferensie klaarmaak. Hy is vetsot daarop!

Johann ·

Wharra wharra wharra…Zutopia en die Zumaikies en Guptonians operate vanuit n dom astrante arrogansie. Onaantasbaar!

Leendert ·

Ja Zuma, en intussen het gister NOG ‘n bom gebars toe inligting in die media bekend geraak het van wie die Guptas se troue destyds geborg het. Die R30 Miljoen het uit die Vrystaat gekom. Dit was geld wat bestem was vir jong opkomende boere.

Swartkat ·

Leendert jy is verkeerd die geld kom van die belastingbetaler, brandstof heffings en belastings wat deur die armes van hierdie land betaal moet word

zoom zoom ·

Zuma kap na niks in die lug. Al wat hy doen is hap babbels soos ‘n vis.

Pieterlewismuts ·

Benode katte maak benoude spronge.
Mag hulle nog meer benoud raak vorentoe

John ·

?.. ‘n paar plase word beloof soos in Zim en die monde is gesnoer… Boere moet hul erfgoedtjies na die dorpshuis aanry… en die pampiere…

Swartkat ·

Alles is seker nogsteeds apartheid en die bleek gesigte se skuld

Sw ·

Hy en sy maaitjies sal hul afrekeningsdag kry! Ek wag daarvoor!

Willie ·

Hoe skelmer hoe beter. Dan kan jy wittes die skuld gee. Partytjies en Luukse voertuie is al vir hulle in . Hulle geld is op

jaco ·

ANC-veterane sê mooi goed, maar hulle credentials is ongelukkig verkeerd:
Trevor Manual: kleurling en dus “not black enough”
Kathrada: Indiër en dus ook “not black enough”
Ronnie Kasrils: wit en ‘n Jood; 2 groepe wat die ANC nie van hou nie
Matthews Phosa: te Afrikaans; te veel pelle met die boere

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.