Zuma kap terug ná Ramaphosa-onderhoud

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pres. Jacob Zuma het Vrydag gereageer op adjunkpres. Cyril Ramaphosa se uitspraak dat hy die weergawe glo van die vrou wat die president meer as ʼn dekade gelede van verkragting beskuldig het.

Ramaphosa is Donderdagaand tydens ʼn onderhoud op Radio 702 gevra oor die 2005-verkragtingsaak.

Hy het gesê hoewel hy die hofuitspraak respekteer, het hy simpatie vir Fezekile Ntsukela Kuzwayo, die vrou wat die president van verkragting beskuldig het en later slegs as Khwezi in die media bekend geword het. Sy is net meer as ʼn jaar gelede oorlede.

Ramaphosa het gesê hy het begrip vir hoe moeilik dit vir vroue is om aanklagte van seksuele aanranding aanhangig te maak. Toe die onderhoudvoerder hom verder aanpor, het hy bygevoeg: “Ja, ek sal haar glo.”

Die presidensie het in ʼn kort verklaring gesê hy het kennis geneem van Ramaphosa se uitsprake dat hy Khwezi se weergawe wat aan die hof voorgehou is glo. “Die verkragtingsbewerings teen pres. Zuma is behoorlik deur ʼn regter in die hooggeregshof oorweeg. Nadat die bewyse in totaliteit oorweeg is, het die hof die president vrygespreek op die verkragtingsaanklag.

“Die presidensie bevestig die oppergesag van die reg, die onafhanklikheid van die regbank en die voorrang van die howe as die finale skeidsregters vir geskille in die samelewing,” lui die verklaring.

Zuma het destyds erken dat hy met Khwezi, wat MIV-positief was, omgang gehad het, maar het beweer dit was met wedersydse toestemming. Die saak het hom openlike bespotting op die hals gehaal nadat hy aan die hof gesê het hy het gestort om te verhoed dat hy met MIV geïnfekteer word.

Sy politieke loopbaan het egter die saak oorleef, aangesien baie meen die aanklagte teen hom was polities gemotiveerd.

Ramaphosa is ʼn sterk aanspraakmaker vir die presidentskap van die ANC, wat oor twee weke tydens die konferensie verkies sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Trevor Dell ·

As die skoen pas dra dit. Cyril het reg gedoen eb gese soos dit is.

Carel ·

Zuma was vrygespreek slegs op ‘n tegniese punt, die daad het hy beslis gedoen sonder haar toestemming.

Ray ·

Baie tevrede met die hof se uitspraak toe dit in sy guns was. Vandag se uitspraak stem hy nou nie mee saam nie, want dit was teen hom. Ai, so sal ons die regstelsel aanhou prober beinvloed

Lucille ·

2 gedagtes kom by my op
1. Hy wen punte teen Zuma of
2. Hy glo in sy hart Zuma het Khwezi verkrag
jammerlik leef sy nie meer nie

Witbooi ·

Wat n lang laagtepunt is die man nie in ons geskiedenis nie !

PJC ·

Ongelooflik om te dink dat na alles wat JZ al aangerig het hy nog president van die land kan wees. Dit is defnitief net in Afrika waar so iets moonlik is. Geen wonder Afrikalande bly so agterlik nie.

Han ·

Ek stem saam met PJC! ‘n Franse president het eens gesê dat daar nog nooit iets goed uit Afrika gekom het nie en daar sal ook nooit!

Luister ·

Ongelukkig kan sy nie Ramaphosa se woorde hoor nie.
Ook ongelukkig dat regters soms foute maak.
In hierdie geval was dit uiters rampspoedig vir S.A.

Gawie de Beer ·

Waaroor gaan die mense so aan dit is een man se opinie nie ‘n hof uitspraak nie Luister wat gesê was (Cyril het gesê “ja ek sal haar glo”)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.