Zuma kon Olimpiese-swembad bou met R3,9 m.

Argieffoto

Argieffoto

Pres. Jacob Zuma se swembad, wat ook dien as ʼn waterreservoir in geval van ʼn brand, het die belastingbetalers R3,9 miljoen uit die sak gejaag.

ʼn Kitsopname deur News24 onder swembadinstalleerders het aan die lig gebring dat die swembad op die meeste sowat R1,8 miljoen moes gekos het. Een van die bouers het gesê Zuma kon ʼn 50m Olimpiese-grootte swembad vir R3,9 miljoen laat installeer het.

Hoewel die presiese afmetings van die swembad nie bekend is nie, het polisieminister Nathi Nhleko in sy verslag oor Nkandla gesê die swembad kan 157 000 liter of 157 kl. hou. Nhleko het Donderdag bekend gemaak dat Zuma onder meer nie vir die swembad hoef te betaal nie aangesien dit wel om veiligheidsdoeleindes nodig is.

Die maatskappye wat News24 genader het, het gevra om anoniem te bly uit vrees dat hulle besigheid sal verloor. Die duurste prys was van ʼn maatskappy in Gauteng. Die maatskappy is gevra om ‘n kwotasie te verskaf vir ʼn swembad wat 25m lank en 5m breed is en 18,5 kl. water kan hou. Die maatskappy het gesê met alle ekstras sal dit sowat R1,8 miljoen kos.

Mike Simpson van Quality Pools in Gauteng het gesê hy sou vir Zuma ʼn Olimpiese-swembad kon bou vir R3,9 miljoen. “Dit sou 1 miljoen liter water kon hou, 2m se plaveisel om gehad het en ek sou selfs die wegspringblokke ingesluit het.”

Volgens Simpson sou hy die Nkandla-swembad vir sowat R800 000 kon bou, belasting uitgesluit.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Groen Swembad ·

Die foto is misleidend. Dit het blou water.

Zuma se swembad lyk soos ertjiesop.

Peet Schabort ·

Hannes, nee hy kan nie swem of bad. Dis hoekom hy net stort.
Hy swem wel in die geld.

CHRISTA ·

Ek dink nie hy swem in die geld nie, maar hy dink wel ons LAND SWEM IN DIE GELD!!

Dave ·

Hierdie Zoempie en Julias vriendskapsname is irriterend. Dit is bloot zuma en malema. Dit irriteer my dat julle probeer maak of dit persoonlike goeie vriende is. Zuma & Malema is immers beskrywend genoeg.

CHRISTA ·

Drink ‘n Disprin en gaan lê totdat jou irritasie oorgaan!! Ek dink Zombie en Mal-ema is meer beskrywend!!

Johan Pic's ·

Zoempie en sy makkers is gewis vol humor – ongelukkig BAAIE duur narre – en hul neem besluite wat ‘n land raak/kraak – nie regtig snaaks nie. Eerste beeswagter – president ooit!

Berhalet Beukes ·

Ja nee, Humpty Dumpty wil graag ‘n meneer wees. Net jammer geld koop nie verstand nie!

Dave ·

Nou het hy blykbaar ‘n persoonlike vriend geword en Zoempie of so iets is sy naam. Malema is laaankal nie maar Malema maar het ‘n uiters persoonlike ‘Julias’ geword. As dit deel van jou vriendekring is, dit is nie deel van die res van die forum se vriende nie. So hou dit by malema en zuma selfs sonder hoofletters.

Kosie ·

Sal probeer maar belowe niks, selfaangestelde Maroela Media hoofseun.

johan ·

Hul kaap eenvoudig die belasting geld…maar die duurste president in SA geskiedenis? Sekerlik FW, het ons die land en 1M mense sover gekos, en die koste hou aan styg.

CHRISTA ·

Johan, ek weet nie wanneer jy die land ingekom het nie, maar ons het ‘n nasionale referendum gehou voordat FW en die mense aan bewind die nodige besluite kon neem. Dus het ALMAL wat TOE gestem het deel aan al die veranderings. Ons het net nie vir die massa KORRUPSIE wat tans aangaan, gestem nie.

Jeannie v Biljon ·

Crista, wil jy asseblief die vraag vir ons hier plaas. Wat destyds op die Referandum vorm verskyn het vir die mense om te antwoord.

johan ·

Ai Christa as jy maar net probeer uitvind wat agter die skerms gebeur het sal jy ook minder waarde heg aan jou (waarskynlik Kaapse) JA stem…Jy glo seker Zimbabwe hou ook vry en regverdige verkiesings.

CHRISTA ·

Jeannie, die vraag was aan blankes (en NET BLANKES) gestel of hulle apartheid wil beëindig of nie!! Die meerderheid het JA gestem dat hulle apartheid wil beëindig!! Lees maar op Wikipedia as jy nie daarvan weet nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is nog lank nie die einde van die Nkantla sage nie en ek hoop dat Zuma of Zoempies of “die ander een” wel aan die pen sal ry . En die noemname wat die mense vir die narre noem is nie uit vriendskap nie maar uit afkeur.

Hannes ·

Dankie Gerhard. Jy lees my sarkasme!! Zoempies en Juju is beslis nie “my vrinne” nie.

Riaan Slabbert ·

Dave verstaan nie sulke dinge nie…na aan zumpie ;-)

Asjas ·

Beslis nie ‘n vriendskap ding nie maar wel verkleinerend, neerhalend en duidelike bewys van geen respek vir die “vriende” nes ek daarvan hou. Hou maar aan met jul naampies, dit pla nie almal nie hoor. Behoede ons wit volkie die dag as ons, ons sin vir humor verloor.

alex ·

Hierdie Zuma moet maar sy permanente gelag en sy PRET geniet. Ek dink van hier af nou af sal dinge vir hom baie vinnig afwaarts beweeg. Te veel mense kyk nou baie ernstig na dese na al sy laggende eskapades. Laaste het nog altyd die lekkerste gelag. Ek glo nie dit sal pretmaker wees nie.

Wynand ·

Grasdakke is waterdig, het nog geen brandbestryders gesien wat ‘n brandende grasdak met water kon blus nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.