Zuma kondig ekstra vakansiedag aan

Kersgeskenke

Foto: Families.com

Pres. Jacob Zuma het Maandag aangekondig dat daar ʼn bykomende vakansiedag in Desember sal wees.

Zuma het in ʼn verklaring gesê 27 Desember is amptelik tot ʼn vakansiedag verklaar, aangesien Kersdag op ʼn Sondag val en Maandag 26 Desember ook ʼn vakansiedag (Welwillendheidsdag) is.

Volgens Zuma is die versoek van Fedusa ontvang, aangesien werkers vanjaar net 11 openbare vakansiedae het in plaas van 12, omdat Kersdag op ʼn Sondag val. “Met 27 Desember wat nou ook as ʼn vakansiedag verklaar is sal werkers nie onbehoorlik benadeel word nie,” het Zuma gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Johann ·

Lekker man…lekker. Lyk my Zumpie deel nou darm aan ALMAL n ou meevallerkie uit. …al is dit ook nie syne om uit te deel nie?

m ·

lekker man lekker. Dankie Zumpie. Niemand het tog in Desember lus vir werk nie.

Uys ·

Belaglik.
Wil die mensdom vakansie hou eerder as om te werk.
Ook belaglik soos dit verander is dat as n vakansiedag op n Sondag is jy die Maandag af kry.

SMILIE ·

Klink of jy maar n ou workaholic is…..
Jy is meer as welkom om te gaan werk as jy wil. Vir my baie amuserend om te sien hoe so klein ding jou ontstig ..
Gun ander mense n ding of twee en moenie verwag dat dit net rondom een persoon moet gaan nie….

Hendrik ·

Stem, mense wat dit sooo like, julle verdien salarisse wat deur iemand betaal word, ek wat dit moet betaal rig groot skade aan besighede aan, as jy nie werk nie moet ons betaal, werk jy is dit dubbele betaling g’n wonder ons land is in n gemors

Karen van Zyl ·

Maar dit is die 2de dag na Kersfees, hoekom is dit so groot gemors. Ek verstaan jy betaal jou werknemers, maar hulle is sekerlik ook maar geregtig op ‘n daggie af as hulle nie verlof kan neem nie.

Sê-wie ·

Dink dit is awesome vir nog ‘n rus dag maar vir mense wat kontrakteurs is is dit nie so belowend nie. Die hele land kry swaar en nog vakansie dag gee sommige mense/maatskappye ‘n dag minder se geld….nie so awesome nie. Meeste van ander kulture drink in elk geval hul kersfees en volgende dag se werk mis….. so ja catch 22

Skyglazer ·

Klink vir my eerder of mnr Uys n baas is , want dit is net hulle wat so kan moun ! Hulle glo mos hulle verloor duisende rande op n vakansie dag !

Jorese ·

Dit gaan regtig nie n groot verskil maak aan kontrakteurs nie aangesien 95% van hulle die 15de Desember sluit…my man is self sy eie baas en werk saam met die konstruksie bedryf

Thomas ·

Sê Wie, kontrakteurs is oor die algemeen in elkgeval gesluit omdat hul verskaffers reeds vroeg in Desember sluit. Ek verstaan nie jou argument nie.

tom ·

Dis hoekom die land is waar hy is hulle gaan hom elke geval afgradeer

Sê-wie ·

Ai ou Atta….. nie almal het vaste werke nie party mense werk vir hulle self en moet hulle employee’s betaal. Nog ‘n vakansie dag is nog ‘n dag minder se betaling. Dit affekteer besighede erg . Daar word in sekere kulture in elk geval so gesuip op vakansie dag of Sondag dat meeste die werk mis drink volgende dag… maar ja as jy vir iemand werk is jy nie bekommerd om ander gesinne te voer nie. Catch 22

Gerhard ·

Tussen Kersvees en nuwejaar word daar oor die algemeen bitter min gewerk. Ek dink meeste mense het verlof of doen so min omdat baie ander plekke sluit gedurende die tyd.

Anoniem ·

Ai ai…plaas dit eerder van sy vele miljoene gewees het………

Berns ·

Ja nee ek stem. As ek daardie dag moet werk gan dit teminste dubbel tyd as net gewone oor tyd wees whoohoooo hehehehe

Tammy ·

Weet hy wat kos dit n maatskppy met meer as 100 werknemers per dag? Die uitgawes is alles nog daar maar geen inkomste nie. Ja wat, as jy nie behoorlik opgevoed is en weet wat in die wereld aangaan nie dan sal jy so n besluit neem. Die werkgewer betaal behalwe al die vakansiedae ook siekverlof, welwillendheidsverlof, kraamverlof, en n klomp voordele soos pensioen, behuising, om maar net n paar te noem. As jy 5 maatskappye besit is hierdie tipe liefdadigheid nie meer n plesier nie.

goliat ·

Jy huil oor niks. As jy al die vakansie dae hierdie jaar bytel plus die “ekstra” een kry jy dieselfde hoeveelheid as ander jare. Wat maak dit nou saak of dit in desember of mei is

R Eaton ·

Maak dit n vakansie dag. Maar moenie verwag n besigheid wat sukkel moet sy werkers betaal daarvoor.

Marianne ·

Smile! S.A is darem ‘n lekker plek ne???
Ek wens ek was in die Starts diens, dan het ek oortyd opgelaai…..

gatiep ·

Marianne hoekom sal jy dan nie wil he dit moenie lekker wees in SA nie ek vertaan nie?

ai ·

Sjoe maar die mense moun en kla…. of die mense nou werk of nie werk nie dit verander nie die saak nie. As die mense wat so kla hul werkers ordentlik betaal en ophou uitbyt sal hul nie omgee om te werk nie (sonder dubbel pay). Maar die besigheid eienaars leef te lekker en hul werkers wat elke dag hul allies moet afwerk sukkel om kop bo water te hou…. as jy wil werk, hoekom spring jy nie self in die 27ste nie….

Dirk Breytenbach ·

Ai jy praat nonsens, duidelik het jy nie ‘n besigheid nie of jy ry die soostrein.

Liz ·

Ai.
Mens kan sien wie werk vir minimum wages… wag vir die dag wat jy jou eie besigheid het (wat jy nooit sal hê, met daai mentaliteit nie..), dan praat ons weer.

Columbiana ·

Sjoe Liz. Venynig sou jy nie sê nie?
Net omdat iemand een daggie wil afvat neem jy aan hy is nie instaat om sy eie besigheid te begin nie. Dis ‘n bietjie van ‘n hoë perdjie wat jy daar ry sussie. Minimum wage is nie ‘n sonde nie skattebol. In hierdie land is daar miljoene goeie hardwerkende mense wat vir minimum wage werk. Pasop dat daai perdjie jou nie afgooi nie.

Mari ·

Goeie aarde, maar mense kan moan oor strooi! Dis pateties dat mense so Kan gal braak oor n vakansie dag. Moan Dan Sommer oor Kersfees en Sondae ook en werk 365 Dae van die jaar as n ekstra dag van rus en familie Saamwees so n Las is.

Johannes ·

Mari, julle verstaan nie mooi nie. Vakansiedae kos die land en ekonomie geld. Bitter baie geld! Gaan doen bietjie navorsing hoeveel sulke onbeplande vakansiedae die SA ekonomie al gekos het in die verlede. As jy nie iets van ekonomie verstaan nie, moet eerder nie kommentaar lewer nie.

Lance ·

Hy is dan heeltyd met vakansie of is dit nou deel van sy 9 punt plan vir die ekonomie hehe die man is en bly maar n joke !

Jacques ·

Ja die wat bly is werk vir n baas .Ek is nie bly nie nog n dag wat ek mense moet betaal ,maar hulle werk nie .

vermeende ·

Die werknemers mag nie benadeel word nie maar wat van die werkgewers wat die salarusse moet betaal???

NAIL THEM TO THE WALL!

Bok ·

ñ Ekstra R83 362 wat ons maatskapy betaal vir n onproduktiewe dag.

Johannes ·

Bok, vra vir Mari en Kie vir die R83 362 wat julle gaan verlies ly. Hulle dink mos dit is ‘n “pateties dat mense oor sulke strooi kla”

d ·

Die vakansie dae gaan gepaard met luiheid voor en na die Desember vakansie en dan kom besighede eers einde Januuarie aan die gang. Dan is daar nog siekverlof en afwesigheid wat produktiwiteit negatief beinvloed en goedere en dienste duur maak. Besighede begin al in November vakansiegier kry vir die Desember vakansie dan word daar nie veel besigheidsbesluite geneem van niddel November nie, dieselfde geld vir April en elke skoolvakansie. Ons dorp is elke skoolvakansie ‘n spookdorp wat nie goed is vir ‘n brose ekonomie nie. Hopelik word daar tussenin werk gedoen so tussen die gerussery. Dis nie goed vir besigheid nie en 3-4 maande van die jaar word dus op publike vakansiedae, verlof, afwesighede en algemene luiheid gespandeer. Dis is moeilik om besigheid te doen op die manier veral vir ‘n klein sakemanne wat probeer groei.

Rapes ·

Ek dink ons werkgewers moet almal weier om die personeel te betaal en dan wil ek sien of die klomp nog jipie skreeu.

Grietjie 11 ·

Party mense wil net nie werk nie
Ek gaan met n glimlag op n vakansie dag werk toe teen my gewone salaris. Die dag as ek regtig moet af vat omdat my kind of ek self siek is, gee my baas my af met n smile. Onthou die een hand was die ander, en ek glo no work no pay

RR ·

Daar was alreeds n ekstra vakansiedag: stemdag 3 Aug. Maar ja, Zuma kan mos nie tel nie.

ekke.. ·

Sjoe! Hier is baie wat eie besighede het, en so baie mense wat nie wil werk nie. Ek is 55 en WIL werk, maar my velkleur en ouderdom tel teen my…. So hoe lyk dit met n werkie daar?

Pastoor ·

Dankie oom zumpie. Elke dag is vir hom vakansie. Lekker swem in jou swembad. Of gaan Durbs toe virri dag. Vlieg met die helikopter

Mariska ·

Joh, ek weti hoekom mense kla nie. Se dankie vir die ekstra vakansie dag want almal in sekere bedrywe se kantore maak toe wat baie mense forseer om leave te vat. Normaalweg met al die vakansie dae is dit 8 dae die jaar is dit 11, weens die eerste ook op n sondag is. Vir eens doen Zuma iets goed!!! Mens werk so hard, en ek dink mens verdien daardie ekstra dag!!! Happy staff promotes turn over!!!
Weet nie hoekom mense dit nie vang nie, mens se staff kan in een dag meer produktief wees as in weke!!! En wat van die mense in retail, decembers werk daardie mense tot op kersdag sloof hulle af vir ons, hulle kry nie af nie, maar kry darm bietjie korter ure. Al is dit 2!!!! En dis hoekom baie besighede nie produktief is nie, want hul is slawe drywers!!! No wonder!

Charlene ·

Dankie pres. Zuma dat jy my verjaarsdag ‘n vakansie dag maak… nou hoef ek nooit weer op my verjaarsdag te werk nie. Hahaha.

Karen van Zyl ·

Baie van die mense wat hier gepos het is darem maar geldgierig. Ek is seker julle gee ook nie sommer siek verlof want dit gaan julle kos? Wees menslik.

danie ·

Bitter min mense werk anyway op die 27ste, dit maak sin dat dit n vakansie dag is, hy kon sommer die 28ste en 29ste ook by gesit het, n laaste goeie ding voor hy gaan. En meeste van die kontrakteurs is toe oor die tydperk

Gys ·

Ons land is klaar in n finansiele kriesus. Ons kan nie nog vakansie dae bekostig nie. Ja dit is lekker om n ekstra af dag te he. Die werklikheid is as besighede ekstra geld moet uitgee vir ekstra salarise sal besighede wat dit nie kan bekostig nie moet toe maak. Dan is die mense sonder werk. Hoe gaan jy vir jou familie sorg. Moenie die werkgewer melk vir meer as dit buite sy vermoee is. Jy sal n ander lied sing as dit kom by afskaling van werkers. Dan sal jy selfs n salaris cut vat om net n werk nog te kan he.

Scalla ·

Baie maklik, no work, no pay, zuma en kie sal hul seker betaal

gatiep ·

Party mense dink hulle lewe om net te werk 24/7.Geld is nie alles in die lewe nie tyd saam met jou vamielie is net so belangrik.
Dankie Zuma wie het elkgeval lus om te werk daai tyd van die jaar.

Gilla ·

@Gatiep, stem absoluut saam met jou. Jy gaan seker weer gelooi word oor jou spelling van familie. Mense het venynig en onverdraagsaam teenoor mekaar geraak. Dit lyk deesdae vir my as ek so na die kommentare kyk, of daar nie veel liefde vir ons naasbestaandes oor is nie. Niemand gun mekaar iets nie en dis asof mense net wag vir iemand om ‘n fout te maak, sodat hulle hom kan stenig. Geduld is ‘n lang vergete woord in die woordeboek. Dis asof elke persoon homself aanstel as regter oor die volgende een. Ek sien dit in die koerant, ek sien dit by my werk, ek sien dit op die pad. Kan ons nie vir mekaar ‘n bietjie sonskyn gun nie? Ja, Zuma moet nie president wees nie, ja jy as werkgewer moet nou ‘n ekstra vakansiedag betaal. As jy ‘n goeie werkgewer is en nie ‘n baas nie, sal jou mense met plesier daardie dag opmaak, want salarisgewys betaal jy in kontantvloei dieselfde, tensy oortyd ter sprake is. Is daar erger dinge as ‘n ekstra vakansiedag? Ek laat dit daar

L ·

Enige iemand wat vir ‘n ongenaakbare baas werk, sal hierdie dag verwelkom. Dankie Zuma seker die eerste keer wat jy iets goed doen.

E.K. ·

Soos gewoonlik is hier ‘n hele klomp mense wat nie sinvolle kommentaar op die berig self lewer nie, maar mekaar persoonlik aanval oor hul kommentaar. Ai, ai…

Lucky fish ·

Gelukkig is my man se verjaardag na 73 jr,nou ook n rusdag

Retha ·

Dis baie lekker as mens vakansiedag het maaaaaaaar kyk bietjie na jou winkel se omset as ‘n maand baie vakansiedae het soos oor Paasnaweek en dan in Desember ook. Dan is dit nie meer so lekker nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.