Zuma kondig kabinetskommeling aan

Pres. Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Pres. Jacob Zuma het Vrydag in die vroeë oggendure ʼn kabinetskommeling aangekondig. Die ministers van finansies en polisie is onder meer hul poste kwyt.

Zuma het Donderdag laataand ʼn onverwagse vergadering met die ANC se top-ses leiers in Pretoria gehad waarna die kabinetskommeling in ʼn mediaverklaring aangekondig is.

Pravin Gordhan is afgedank as minister van finansies en Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, is in Gordhan se plek aangestel. Hlengiwe Mkhize neem by Gigaba oor.

Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, is vervang deur Sfiso Buthelezi.

Fikile Mbalula, minister van sport, is die nuwe minister van polisie. Thulas Nxesi, minister van openbare werke, neem by Mbalula oor en Nathi Nhleko, voormalige minister van polisie, neem by Nxesi oor. Nkhensani Kubayi neem by Tina Joemat-Pettersson oor as die minister van energie. Joe Maswanganyi neem by Dipuo Peters oor as die nuwe minister van vervoer.

Derek Hanekom, minister van toerisme, word vervang deur Tokozile Xasa. Faith Muthambi, minister van kommunikasie, neem by Ngoako Ramatlhodi oor as minister van staatsdiens en administrasie. Ayanda Dlodlo is nou die minister van kommunikasie.

Volgens Zuma is die veranderinge gemaak om “doeltreffendheid en effektiwiteit” te verbeter. “Die veranderinge beteken daar is jonger LP’s en meer vroue sodat daar by hul energie, ondervinding en kundigheid gebaat kan word.”

Verskeie adjunkministers is ook hul poste kwyt of is geskuif. Die volgende veranderinge is gemaak:

Adjunkminister van staatsdiens en administrasie: Dipuo Letsatsi-Duba
Adjunkminister van openbare ondernemings: Ben Martins
Adjunkminister van kuns en kultuur: Maggie Sotyu
Adjunkminister van handel en nywerheid: Gratitude Magwanishe
Adjunkminister van kommunikasie: Thandi Mahambehlala
Adjunkminister van toerisme: Elizabeth Thabethe
Adjunkminister van polisie: Bongani Mkongi
Adjunkminister van telekommunikasie en die posdiens: Stella Ndabeni-Abrahams
Adjunkminister van kleinsakeondernemings: Nomathemba November

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

108 Kommentare

Maryna ·

Minister van Sport nou Minster van Polisie… Komaan!!!! Wat het hy in sport gedoen???? O hemele… As ek geld gehad het was ek sommer NOU uit SA met my hele gesin…

Ja nee ·

Ja nee wat ‘n grap. Hiermee bevestig Zuma almal se vermoede, dat die poste beklee word deur mense wat Polities regte kleur is, hul is almal kwotas, nie een is daar omdat hulle die beste weet nie. Hoe kan ‘n man wat die beste van Sport behoort te weet (ons weet eintlik al hy weet nie) skielik die beste van Polisiering weet, jy moet Kriminologie en volkekunde, algemene Polisiering, strafproses em bewysreg ken/ verstaan en vele meer om in die pos te wees, rerig……

Afrikaanse Knaap ·

Ek is net bly Fikile is weg by sport. Nou kan ek rugby weer geniet.

Chaparel ·

Mense dit is daadwerklik kommerwekkende nuus wat ek nou hier lees, wat word van ons eens so mooi Suid Afrika?

Ouma ·

Jip! En daar wen die Guptas! Nou regeer hulle die geldsake en ons sal moet uithaal en wys! Dis wat hulle van die begin van oompie Zuma se storie wou he. Die banke and all!

Marita ·

Jip, Martin, lees al die SA koerante aanlyn: News24, EWN, Citizen Times Live, the Sowetan. Die joernaliste is hoenderafkop om n eerste scope te kry. Ek wonder tog wie is M dP se informant/e oor bg.

Jan Makkink ·

Die nuutste verkragting slagoffer is Die Republiek van Suid-Afrika.

Rina Vermeulen ·

Ons weet nou wat gaan kom die punt nou is hoe en wie gaan dit keer.Dit gaan my verstand te bowe het hulle nie leer of wil hulle nie .Dat almal hier onder gaan ly en veral die armes.Tweede Zimbabwe hier kom ons waarheen nou en apartheid sal weer die blaam kry

Tambotie Orpen ·

Wat n terugslag vir ons reeds korrupte siek land . Met so n man soos Zuma aan die voorpunt . Gaan dinge ooit regkom ???. Ons moet erenstig op ons kniee gaan en bly vir Sy hulp van Bo. Vrot korrupte klomp misdadigers .

Mari ·

Wel maak julle reg vir groot drama in ons land. Hallo Zimbabwe.

Ange ·

Volhard in gebed, om aan te hou rond kyk vir een of ander held om ons uit die nagmerrie uit te kry is tyd mors. Daars niemand.

pieterdp ·

Gebede is goed maar jy moet self die hand aan die ploeg slaan. Wand die skepir kan slegs deur jou hand werk.

Afrikaanse Knaap ·

Dis al wat ons kan doen Ange. Darem sal hierdie insident baie mense nader aan God bring. Myself ingesluit.

Ange ·

“die skepir kan slegs deur jou hand werk”

Ek weet nie wie jy dien nie maar die enigste Lewende God en Skepper wie ek dien het nie my hand nodig om iets uit te rig nie. Hy kan dit gebruik as Hy wil, maar ons gaan nogsteeds eers moet bid. God is nie beperk nie, ons is – daarom gebed.

LJ ·

Ange ek stem 100% saam met jou. Ons het die HERE versaak en nou pluk ons die vrug daarvan. Net die HERE kan ons help. Die wat se dat ons self iets moet doen moet dan ook nie vir reen bid nie, want hulle moet self iets doen. Ange ek bid saam met jou vir ons land vir uitkoms. Net die HERE kan iets doen ,en wat ons moet doen is glo en vertrou die HERE

Ange ·

Dankie LJ, ja dis waar wat jy se. Ons draai ons rug op Hom en as iets gebeur roep ons “Waar is Hy?”

P. SCHOOMBEE ·

Die satan probeer jou geloof steel. Doen God se wil, gehoorsaam Sy wette en vertrou op Hom dan sal Hy jou met Sy vrede vul. Hy is in beheer. Net mense met geheime sondes is vol vrees en angs.

Rynhardt ·

Malusi Gigaba is SA se nuwe minister van finansies.Dit is die man wat destyds met belastingbetalers se geld, blomme gekoop het vir sy vrou Komediante het gespit en gese:”Malusi doen dit met blomme!”

tom ·

Mense ek glo nie ons mense wat die ekonomie verstaan besef in wat se gemors het daai bees wagter ons gesit nie

Koos Kakebeen ·

Dit is sekerlik ‘n “April Fools”-grap? Zuma het sy dae deurmekaar. Dit is mos een dag te vroeg!

Selfbeskikking ·

Dit is nou tyd om vir selfbeskikking te begin onderhandel, nou is die tyd reg.

Johann ·

Hierdie ou klou en klou, sy eie mense wil hom nie daar hê nie, maar hy klou, kan elke ou in die land nou net maak wat hy wil, is dit nie tyd om hom te laat verdwyn nie, hoe lank gaan hy nog toe gelaat word om die stukkie wat oor is ook te vernietig

Ruthger van Broekhuizen ·

Ek stem saam Johann, hy gaan soos alle diktators aan sy posisie klou en weier om uit te tree! Daar is die wigte en teenwigte in die toilet afgespoel. Daar word ook absoluut geen ag geslaan op die ‘wonderlike’ en ‘beste’ grondwet in die wereld nie! Die sogenaamde ‘ampseed’ is van nul en geen waarde nie. Die hoogste ‘hof’ in die land kan dit nie eers afdwing nie, want geen wet tel vir hom nie! Demokrasie bestaan nie en het nog nooit bestaan na die oorgawe nie! So gaan die land ook weereens soos tans deur die guptas regeer word.

Ange ·

Hoe? Maatskappye trek die belasting van jou salaris af voor dit in jou bankrekening ingaan.

Johanna Botha ·

Nou verdien SA rommelstatus loshande te danke aan die anc. Die probleem in SA is die mense speel heeltyd die man ipv die bal ….so is SA nou waar hy is met alles gebreek !

Johannes van Staden ·

En so was SA en sy mense gistraand finaal verkrag deur die ANC ! !

Lekker-man-lekker ·

Dis kompleet ‘n paar narre kort van ‘n voledige sirkus….!!!

Z ·

Finansies is tog maar n ding wat n kop vol somme nodig het. Elke ou het mos maar sy spesialiteit. Nou word Minister van Binnelandse Sake n Minister van Finansies? Kan hy somme doen?
En Minister v Sport word Minister v Polisie???
Dit is verskillende speelvelde! Nou moet hulle van voor af vertroud raak met die nuwe uitdagings en reëls van n nuwe pos. Maak hulle tyd daarvoor?
Suid-Afrika kan dit nie bekostig nie.

Johan ·

zuma is die een wat moet waai want net sy kaders soek hom daar en niemand anders nie.
hamba zuma

Mielie ·

Hier is groot moeilikheid. Jy weet nie wie om te vertrou nie. Die SAKP maak lawaai en hulle ministers bly, nou wonder jy of dit nie net vir die show was nie. Ministers wat hulle werk doen verloor hulle werk en ander word aan gehou en hy beloon “skelms” Wat se boodskap stuur dit uit vir die jeug. Ons eerlikheid sal beloon word. Die grootste nar is nou in beheer van die polisie. Hierdie is n klomp gevoelose mafia mense. Guptas is die grootste oorwinnaars. Hulle het vir Zuma net waar hulle hom wil hê.

Big daddy ·

Ek kan net lag en giggel. Kwaad word help nie. Ons moet die swaap uit bid dat hy soos n pitsweer pit uitpop en in die drein beland. Anders gaan ons in die drein beland.

Ange ·

Mense as julle nog nie die gelees het nie, Google asb “Lily Gosam: Zuma’s secret blueprint for total power”

Wou die link post maar om een of ander rede kan ek nie. Lees dit, dis in Januarie al geskryf.

Niklaas ·

De Klerk en sy meeloper klop mekaar seker op die skouer.Hulle het nou maar net nie insig gehad nie of was onder die tafel betaal om die land uit te verkoop.

Johan ·

Netso Niklaas. Hy en sy mede Hanskakies hoort op plase in permanente vrees vir hulle lewens. En mog hulle nog 100 jaar lewe om die gemors wat hulle veroorsaak het daagliks aan eie lyf te voel.

Wolf ·

Hoe lank gaan dit vat voor die massa besef hul leier is besig om hul uit te verkoop en gee nie n hel om om hul omstandighede te verbeter nie

Elinette ·

@Wolf …. die ding is, hulle kan (wil?) nie besef dat die party vir wie hulle so hard ge”struggle” het, hulle nou versaak nie. Ek weet nie hoe die ANC-ondersteuners, of lojaliste, se koppe werk nie, maar hoekom BLY jy stem vir ‘n party en ‘n president wat van jou steel en nie hul beloftes aan jou nakom nie? Hierdie hele gemors het begin in ’48, toe die NP aan bewind gekom het. Het die Sappe aan bewind gekom, was daar nooit iets soos Apartheid en “The Struggle” nie. Dit is verder aangeblaas deur ‘libtards’ wat in ’92 se referendum ‘n Ja-stem gegooi het. Miskien was die Ja-stem die katalisator wat ‘n bloedige burgeroorlog afgeweer het, ek weet nie (ek was toe polities-onbewus), maar vir seker het dit bygedra tot ‘n hele spul stemmers wat hulle aan hul neuse laat rondlei en ANC, altýd ANC, sal stem, al verval die hele SA tot een hoop verrotte, maer-gevrete bene.

Steyn ·

Sal dit tog nie lekker wees as daai groen monstertjie wat met rooi in parlement kuier nou besluit om ons te los en almal se fokus op die verkragter te plaas om hom uit die gemeenskap te verban. “the enemy of my enemy is my friend”,

Cornelia 1 ·

Fikile Mbalula , Minister van Sport en Ontspanning, nou Minister
van Polisie. Wat se kennis het hy van SAPD?..

Scalla ·

Hy gaan n akkedis slaan met n knuppel tot hy erken hy is n krokodil.

indigogirl ·

net ‘n vragie…… wat weet Fekile Mbalula enigsins van Polisiëring af?

Riana Grobler ·

Mense daar is beslis fout groot fout!! Zuma is besig om God te speel. Hy speel met ons soos marionette. Wat is daar vir ons kanse? OPSTAAN EN BAKLEI VIR ONS LAND!!!! MAAR HOE? IETS MOET GEDOEN WORD.

Katryn ·

Weet enige iemand enige iets van wat regtig aangaan? Klomp irke. Daar is niemand so dom soos daardie een wat niks van niks af weet nie! Maar wat net weet van inpalm! Me! My! and I!

Janneman ·

Ek dink almal mis die punt. Bokwagter is gekaap deur die DA.

Hoekom anders sal hy die 2019 verkiesing op n skinkbord aan hulle gee!

Anna-Marie ·

Mr Zuma you are the worst of the worst. The laughing stock of the whole world.

Gerbrandt ·

En skielik val die rand na R13.47 toe, n aanduiding dat die wereld dink hy is n idioot!!

Leon ·

Mynsinsiens is dit ‘n goeie ding wat gebeur het. Dit gaan veroorsaak dat JZ baie steun verloor… nie net van die kiesers nie maar selfs van sy eie party, en ook die NUK. JZ is besig om sy gat self te grawe… en wag net, hy gaan daarin val!

sue ·

het Mugabe in enige van die gate wat hy self gegrou het geval? hulle is slu genoeg om ander eers in te stamp en danbo oir te loop.

Gerbrandt ·

En intussen trek hy die hele land saam met hom in die gat in!!

chrisp ·

Stem Leon.
Zuma is net goed vir ons(dit is nou ons wat weet die reenboog bestaan nie).

Gerbrandt ·

En skielik val die Rand na R13-47 toe, n aanduiding dat die wereld dink hy is n idioot!!

Jan Adams ·

Die video wat Afriforum nl. ” Tainted Hero’s” , vir ons gestuur het hierdie maand, verleen insig hoekom Zuma so is.
Na ek die video gesien het verstaan ek wat in die kabinet aangaan.
Zuma was teen onderhandelings, ek sy leuse was”alles of niks”
Nou waaroor gaan alles!

Ou oom abraham ·

Ek is nie verbaas nie. Alles gaan ten gronde gaan.Nie enige swart party kan vertrou word nie.Oom Siener het tog geskryf.Ons gaan niks oorhe nie en gaan van vooraf moet begin.Ons gaan egter dan die sweep klap.Hy het gese nadat die land uitverkoop word sal al hierdie dinge gebeur.

moeks ·

Is hierdie nie ‘n skuif om die PIC te besteel nie? Daar is R1.8 triljoen se bates onder hul beheer. Dalk die rede hoekom M. Jonas geskuif is. Ergste van alles dit is regeringsamptenare se pensioen gelde wat daar bele word. Kan nie help om te wonder of dit iets met SASSA te doen het nie. Is daar werklik geld om SASSA te betaal, want hoekom is dit uitgestel na die 3de waar hul altyd die 1 ste betaal word.

Rina Vermeulen ·

Moeks ek het ook daaraan gedink of daar nog geld is vir SASSA mense en vir hoe lank dit nog volhoubaar kan wees veral nou met die skommelinge.

Griet ·

Soos ‘n dief in die nag het ZOOma sy gekekkel gedoen! Mag hy ook in die rug gesteek word!

marous ·

Jippeee!!! Begin solank swem of gate grou liewe reenboognasie!

Johan R ·

Die verskil tussen ons regering en Boswell & Wilkie: Boswell & Wilkie tree op volgens ‘n program en het ‘n groot tent…!!

Ou Tesourier Geldvark ·

Ha-ha-ha. Nogmaals ha-ha-ha. En nogmaals ha-ha-ha. Help nie ons gee die Nasionale Party of Kolonialisme of Apartheid die skuld vir alles nie.
Waarom het al die apatiese kommentatore en klaers en hul voorouers nie dekades gelede al gesorg dat alle Suid-Afrikaners leer lees en skryf, ons geskiedenis ken en koerante kan lees sodat hulle stem vir politici wat die belange van alle Suid-Afrikaanse soogdiere en ons omgewing waarlik op die hart dra. Nou betaal al ons Suid-Afrikaanse soogdiere ‘n dure prys. Mag ons iets hieruit leer. Die vraag is: “Wat leer ons uit die onlangse politiek”?

Ange ·

Ek weet nie regtig hoe jy n stelling kan maak wat ons vandag verantwoordelik hou vir besluite wat dekades terug gemaak is nie. Jy klink soos sekere uitgesproke politici- blameer n wit Afrikaner kind wat gister gebore is vir dinge wat gedoen is van die aankoms van V. Riebeeck tot vandag toe.

chrisp ·

Niks met lees en skryf te doen nie.
Zimbabwe is van die hoogs geskoolde mense in Afrika.Hoe lyk hul land?
Kuba stuur “dokters”na SA hoe lyk hul land?
Voorstede in die VSA wat oorwegend swart Amerikaners bevat is ‘n hool,die mense is beter geskoold as meeste in Afrika.Hoe lyk die gebiede?

MM plaas nie my kommentaar nie.Gaan die geplaas word?
Ek vra maar net vrae en is te bang om stellings hier te plaas want eintlik skryf ek dan vir myself.

Verstom ·

Kan ons nou almal saam staan en ons belasting / wvf weerhou totdat Pravin weer aangestel is en Zuma onder die ?at geskop is? nou gaan hy die staatskas raid. Al die kriminele elemente wat sy puppets is gaan nou doen wat hy vra. Staak julle betalings!!!!!!!!!!

Gat vol ·

Julle vra wie is te blameer, net die wiites self, julle wat JA gestem het om ons land te verkoop vir sport om sanksies te lig, wat bring julle sport nou vir julle. Absoluut niks. So hou op kerm en kla en maak vir die Gubtas ryker

MANIE ·

Ek let op na die skuiwe dat selfs die klomp rassiste die kabinet nogal skoongemaak het van ander bevolkingsgroepe.

Leon ·

Ek het nou nie al die kommentare gelees nie, maar al wat ek kan sê is dat ons nou gaan “sports” sien in die SAPS! Hoop net hy probeer al die ou dikke’tjies in uniform in “shape” kry, want dan het sy opvolger mos spelers vir die kwota spanne!

anton ·

Baie dankie Pravin Gordahn ir wat jy gedoen het vir ons finansies. Jammer dat jy op so ‘ n wyse misken word. Sterkte en seen vir die toekoms

vermeende ·

My raad aan almal wat hier lees, as jy n spaargeldjie het maak jou spens vol want rommel staus kan nie meer vermei word nie.
Nou gaan pryse die hoogte inskiet, hou gerus die brandstofprys met die volgende aanpassing dop.
R25/L is ons voorland voor Desember…….neem kennis!

BEN ·

Ek dink daar word rondgehol in Lithuli huis ?Daar is defnitief nou ‘n slang in die hoenderhok.Die een of ander adder sou ek sê !

Tammy ·

Dis die mense wat vir hom gestem het wat gaan honger ly. Hulle is ook die eerstes wat dit gaan voel. Werkloosheid onder hulle gaan vreeslik toeneem. Nie ons nie. Dit moet vir hulle n les wees. Dalk leer hulle nou dat ons nie ongeletterde presidente kan verkies nie, en minder kaders in die kabinet moet he. Dis n belaglike spul wat Suid Afrika vernietig!!!

Gerhard ·

Ja vreeslik meeste van ons het baklei om ons normes en waardes te behou na vele besoeke in ander Afrikalande het ek tot die slotsom gekom as jy soos n Europier wil leef vat jou goed en trek die is Afrika.

Bek Wash ·

Wees bly die dinge gebeur. Hoe gouer als ineenstort hoe gouer kan daar nuut begin word!

Alida ·

St 3 bokwagter het 60 miljoen plus mense se lewens verwoes en dan kekkel hy daaroor. Well done !!!!

Johann ·

Ek praat met mense wat die ANC ondersteun en by almal hoor ek baie ontevredenheid.
Ek hoor ook hoe kwaad is die mense oor dit.
Zuma & kie besef nie dat hulle besig is om ‘n situasie te skep vir onrus nie.
Die mense, ANC ondersteuners ook, is keelvol vir Zuma & kie.
Ek voorspel groot onrus voor die einde van 2017

Rian ·

Dit lyk vir my meer na etniese reiniging. Alle blankes, bruines en indiërs nou uit.

Rian ·

Dit lyk vir my meer na etniese reiniging. Alle blankes, bruines en indiërs nou uit.

Ja ne ·

Watse kundigheid en vaardigheid???????????????????????????? Nie een van daardie onnose goed weet wat hulle moet doen nie. Sit met hogere titels, grade en nog wat wat, maar ai dit beteken absoluut niks. Ons sit in pampoenstraat met n pampoen president en pampoen regering.

SARIE VAN HEERDEN ·

Hoe het dit gekom dat Suid-Afrika wat eens ‘n leierskapposisie in die wereld betree het nou ‘n slonskousland geword het. Hoe het dit gekom dat een dom, onnosel, ongeletterde knaap wat ‘n stuk tou gebruik om sy broek toe te hou, nou die alleenreg het om met ons regeringsspan te doen net wat hy wil? Hire en fire, en daar gaat jy!

Repent, go and sin no more ·

Aan elkeen wat kommentaar gelewer het tot nou toe,dis hartseer wat hier gebeur ja. Maar gaan lees mooi elkeen se kommentaar, is ons dieselfde kinders van Jesus Christus wat Sondag in die kerk instap en se ons is volgelinge van Jesus wat Sy woord ‘veronderstel’ is om te verkondig? Ons het volgens die woord alle outoriteit van Christus ontvang en met dieselfde tong is dit wat ons te se het as Sy kinders? God kan nie ons gebede verhoor nie, Hy is ‘n liefdevolle God en moet in alles wat Hy doen geregtigheid laat geskied.

Repent, go and sin no more ·

As ons werklik vir God ken dan behoort ons te weet dat Hy nie ons gebede sal beantwoord as dit nog van binne ons harte haat, rassisme, woede ens spreek nie. Hy kan nie, Hy wil ons vergewe maar Hy kan nie, want ons wil bid dat Zuma moet weg. Wie dink ons het Zuma gemaak? Hy is ook geskape deur dieselfde God wat my en jou gemaak het, bid ons vir Zuma om God se werk te kan sien en God te kan leer ken.Het ons gebid vir Zuma dat indien hy aan bewind sou kom ‘n goeie leier sal wees en God hom sal lei?Wys ons vir elkeen daar buite wie Jesus is of oordeel ons nou net. Ons moet bid vir ons eie vergifnis en elkeen rondom ons, maar dan moet ons verander in ons harte, anders kan en sal niks anders gebeur en verander nie.

Repent, go and sin no more ·

Ons wat kinders van Jesus is het gesterf tot onsself, dis tog wat die skrif se, weet jy dan nie dat jy gesterf het en begrawe is deur jou doop nie – soos Christus nie? Ons het nie die reg om so te kan optree nie, ons het ons ou self gegee vir Jesus toe ons ons lewens vir hom gegee het, daardom dat ons nou met ‘n nuwe liggaam sit of het ons nog nie dit werklik gedoen nie – net met ons monde belei en nie in ons harte verander nie? Bid ja, dit moet ons, maar verander in ons optrede teenoor ander ook.

Repent, go and sin no more ·

Bid vir ons land, vir elkeen wat nie vir Jesus ken nie dat hulle deur ons lewens vir Hom sal sien en leer ken, dat ons God se woord sal verkondig soos ons moet. Dat God ons gebede sal verhoor omdat ons bid in Sy wil en nie ons eie begeertes soos ons goed dink nie. Ons moet onsself humble voor God – wie is jy mens is God se eie woorde. Bid teen die watergeeste wat bloedvergieting vereis in ons land. Bid teen die droogte want dis satan wat steel en nie God wat ons straf nie. Die dag van judgement kom nog, ons is in die tyd van mercy – hierdie goed gebeur nie deur God nie, God moet dit toelaat as satan ons aanklae en ons die legal ground daar is deur ons optredes. Gaan terug na wie is Jesus en begin optree soos Sy ware kinders moet dan alleenlik kan God ons red en sal Hy want Hy het almal in die land gemaak en Hy is lief en wil elkeen red wat hier is. Ons moet by onsself eerste begin, Jesus het die voorbeeld gestel, jy moet die een wees wat serve ander dien en nie ‘n pat on the back verwag vir alles nie – dis nie Sy woord nie.

BOLANDER ·

Hier kom ‘n ding. Zumpie se einde is naby. Ek sien dit kom!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Oom Doug ·

Reg op staan en saam staan. Terug stoot. Nie almal Kan weg loop nie.

TTh ·

ha ha ha ha ha ha ha ha ha ha
lekker lekker lekker
hiep hiep vir die ou beeskraal
o die liewe Martatjie

Mariné Lourens ·

Dagsê James

Dankie vir jou kommentaar. Ek het ons stelsel nagegaan en Maroela Media het geen kommentare van jou op hierdie berig afgekeur nie. Daar het moontlik ‘n tegniese fout ingesluip. Probeer gerus weer.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Johan Fourie ·

Nou moet PRAVIN GORDHAN A.S.B nou net HOMSELF beskikbaar stel vir ons nuwwe PRESEDENT .

chrisp ·

Jy weet waar jou land is as jy vra dat ‘n komminus asb die Presedent moet wees.

Hoe ver het ons nie geval nie.

Jef ·

Ek kan dit nie glo nie die nuus oor kabinetskommeling het die nuus gehaal op televisie in Nederland en van al die verskriklike dinge wat in SA gebeur soos moord , verkragting, mishandeling, roof ens. haal nie die nuus in Nederland nie.
Wys maar net wat se nuus hul baie erg vind en wat se nuus nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.