Zuma kondig nuwe SAUK-raad aan

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag die lede van die nuwe SAUK-raad bekend gemaak.

Zuma het in ’n verklaring gesê Bongumusa Makhathini is as voorsitter van die raad aangewys terwyl Febe Potgieter-Gqubule as ondervoorsitter aangewys is.

Die ander lede van die raad is: Krish Naidoo, Khanyisile Kweyama, John Matisonn, Mathatha Tsedu, Rachel Kalidass, Michael Markovitz, Victor Rambau, Dinkwanyane Mohuba en Jack Phalane.

Zuma het gesê die aanstelling is vir ’n tydperk van vyf jaar en met onmiddellike effek. Hy het al die lede van die raad die beste toegewens vir hul tyd by die openbare uitsaaier.

Die tussentydse raad se tydperk het reeds einde September verstryk, waarna Ayanda Dlodlo, minister van kommunikasie, die aanstellings van drie waarnemende raadslede by die SAUK verleng het. Die parlement het drie weke voor die raadslede se ampstermyn verstryk het, reeds sy aanbevelings aan Zuma deurgestuur vir sy finale besluit oor die aanstellings.

Opposisiepartye was ten sterkste gekant teen die aanstelling van Krish Naidoo, ʼn regskonsultant vir die ANC, en Febe Potgieter-Gqubule, wat hoop om op die ANC se nasionale uitvoerende komitee te dien. Albei is tans lede van die tydelike SAUK-raad. Die ANC-LP’s het aangevoer daar was tot dusver nog niks fout met die prestasie van die twee kandidate nie, terwyl opposisie-LP’s volgehou het Naidoo en Potgieter-Gqubule is politieke ontplooiings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

John ·

Staatskaping is mos die in-woord van die dag? Hoekom dan nie dit onderstreep nie?

Cor ·

Ai die pres het lank gevat om sy “Mind te apply” soos die presidensie dit gestel het en daar kry twee kaders dit reg om op die raad te wees. Hoop die pres het seker gemaak die twee is skoon sodat h nie weer met “eier op sy gesig ” soos die segsman dit gestel het gaan sit nie. Daar is sker gemaak hulle gaan vir 5 jaar die regering van die dag terwille wees.

Gelykheid ·

Geen witmense meer in meeste van die Rade nie, in hierdie geval darem een. Vreemd dat dieselfde mense (swartmense) wat vir gelyke geleenthede en afskaffing van apartheid geveg het nou self apartheid toepas, asook die uitsluiting van ander etniese groepe.

Alida ·

‘n Dosyn eiers gaan nog in sy gesig ontplof!!!! Hoop hulle vrot.

Gerhard Bezuidenhout ·

Potgieter- Gqubule het vir Zuma se vrou by die AU in Addisadeba is Ethiopie gewerk Dit laat jou dink ne ?

Verstom ·

Nie dat ek dink enige verandering gaan die SAUK red van ondergang nie. Soos met feitlik enige staatsdepartement is dit ook maar ‘down the drain’ met finansies. Dit is net skokkend om te sien hoeveel instansies kan finansieël nie meer kop bo water hou nie, maar geen verrassing nie. Van 1994 tot 2017 was dit net ‘n downward spiraling. Any such news is no good news any way. Dit is nie wat jy weet nie, maar wie jy ken!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.