Zuma: ‘Korrupte amptenare sal vasgevat word’

Zuma kort na sy toespraak. Foto: ANC/Twitter

Zuma kort na sy toespraak. Foto: ANC/Twitter

ANC-president Jacob Zuma het Saterdag by die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth, tydens die regerende party se bekendstelling van sy verkiesingsmanifes, beloof korrupte regeringsamptenare sal vasgevat word.

“Molweni, Sanibonani, dumelang, thobela, good day, goeie dag!” het Zuma sy toespraak afgeskop. “Die ANC word gelei deur die Grondwet in alles wat hy doen om mense se lewensgehalte te verbeter.”

Volgens Zuma is die ANC se tema vir 2016 “die bevordering van mense se mag – plaaslike regering is in jou hande”. Hy het gesê die ANC het kennis geneem van mense se besware oor hoe raadslede in die verlede gekies is en dat gemeenskappe dus betrokke was by die kies van kandidate vir vanjaar se munisipale verkiesing.

Zuma het gesê korrupte ANC-beamptes sal verantwoording moet doen. “Die ANC sal munisipale beamptes en raadslede en hul onmiddellik familielede verhoed om sake met munisipaliteite te doen. Die ANC sal verseker aanbevelings wat volg op forensiese ondersoeke word geïmplementeer. Die ANC sal sorg  dat korrupte munisipale amptenare en raadslede verantwoording doen vir verliese deur munisipaliteite weens korrupsie.”

Volgens Zuma is groot vordering gemaak in die stryd teen misdaad en korrupsie. “ʼn Totaal van 234 regeringsamptenare is sedert 2014 vir korrupsieverwante misdade in hegtenis geneem en vervolg. Tydens die 2015/16-boekjaar, is beslagleggingsbevele toegestaan op bates van R601 miljoen wat op ʼn onregmatige manier bekom is. Die regering het ʼn totaal van R4 miljard verhaal sedert 2009. Die teenkorrupsie-programme gaan voort.”

Talle sitplekke in die stadion was leeg terwyl Zuma sy toespraak gelewer het. Baleka Mbete, nasionale voorsitter van die ANC, het gesê dit was weens die hitte.

Volgens Zuma het die ANC tydens die munisipale verkiesing in 2011 ʼn beter lewe vir die mense belowe en het hulle sedertdien hul belofte gestand gedoen. “Die persentasie huishoudings wat krag het, het gestyg van 70% in 2001 tot 86% in 2014 wat beteken meer as vyf miljoen huishoudings het krag gekry.”

Zuma het gesê die aantal huishoudings met toegang tot lopende water het van 61% in 2001 tot 90% in 2014 toegeneem. “Huishoudings wat gratis waterdienste ontvang het, het van 7 miljoen tot 11 miljoen toegeneem in 2013.”

Volgens Zuma is die ANC bekommerd oor die aantal mense, veral jongmense, wat werkloos is. “Ons land, ons kontinent en die wêreld beleef stadige ekonomiese groei. Die ANC het ʼn plan om op die stadige groei te reageer en werksgeleenthede te skep.” Hy het gesê ʼn negepunt-plan word op nasionale vlak deur die ANC-regering geïmplementeer om ekonomiese groei aan te wakker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Jordaan ·

Kan nie skryf wat ek dink nie! Hy moet begin deur te bedank, hoe kan mens so tweegesig wees deur sulke dinge te beloof en agteraf die staatskas rot en kaal besteel?

nelma jacobs ·

Ek stel voor ons geagte prez begin met die uitroei van korrupsie by homself want hy is n goeie voorbeeld van uiterste korrupsie

Veritas ·

Nelma die enigste rede, waarom hy korrupte amptenare wil vasvat, is voor die hand liggend. Hy wil die kompetisie uitskakel.

Julius ·

En toe daag minder as die helfte op van die 100000 wat hulle verwag het. Die boodskap kom nou deur, hulle het meer as 50% stemme verloor.

haha ·

Hy moet maar in die spieel kyk en die persoon wat terug kyk afdank

Deon ·

Geagte Mnr Die Prseident….

Jy kan nie korrupsie vasvat nie….Jy IS korrupsie…..die ikoon van korrupsie…..

Met HAT se volgende uitgawe gaan daar weer n nuwe beskrywing van korrupsie wees…..iets soos ZUPTA miskien…..ek weet nie…..g’n mens weet nie….

Wees n man……vat jou pie en waai……

Bielie ·

Korrupte amptenare sal vasgevat word, ‘n jaar betaalde verlof of meer kry terwyl die ondersoek uitgevoer word, dan bedank hy/sy en dan die korrupte regering in die buiteland gaan verteenwoordig. Been there, seen the T-shirt, and can’t stop laughing at the idiots.

Scalla ·

Hy moet sommer begin by homself en sy korrupte familie en beskermers

John ·

Hou lui die ou spreekwoord: Woorde wek maar voorbeelde strek.

Cherokee ·

Miskien is hy die enigste korrupte amptenaar wat probeer het om ‘n kwart biljoen rand te steel.

Tiger ·

Zumpie se toespraak is regtig nie eers kommentaar werd nie!Die korrupste van almal wil korrupsie vasvat?Wie dink hy gaan daai lieg storie glo wat van die korrupste anc nar onder die lot afkom?

Bach ·

Tragies maar daar sit omtrent 50 000 wat hom glo en weer anc gaan stem.

Kobus ·

Daar was blykbaar net omtrend 26000 van die 100000 wat hulle verwag het. Die skrif is aan die muur Zumpies!

Dup du Plessis ·

Ja, in die land van die blindes is eenoog koning…….

Albert ·

Trappe van vergelyking korrup korrupter korupste zuma — op die stadium bestaan daar nog nie woorde in ons taal wat hom kan beskryf nie hys n spesie op sy eie wanner dit by korrupsie lieg en bedrieg kom.

Andre K ·

Hy sal meer beteken vir sy volgelinge as hy sy met stomheid geslaan word. As hy sy mond oopmaak sit hy sy voet daarin. Dankie tog hy is nie my leier nie.

FM ·

Ai Prez, jy lyk pateties daar waar jy voor twee en twee honderd negentig tien en elfhonderd( listen carefully)mense staan. Woorde wek, maar voorbeelde trek. Maar u sal dit seker nie verstaan nie,gesien uit n korrupsie oogpunt. n Tyd om te kom en te gaan!!!!Moet tog nie teen die prikkels skop nie!!!!

Tyd vir verandering ·

So praat die slang met die geplete tong. Praat net goed met die een tong om mense gelukkig te hou,maar met die ander tong besteel hy,sy kinders en sy maatjies die land rot en kaal. Hy is polities besig om ons land te verkrag!!!

Moeg vir leuens ·

Ag asseblief die man wat homself President noem, jok die oomblik wat hy sy mond oop jmaak. Hier is mense wat vir diefstal van R70 000 tronkstraf kry (wat ook reg is), maar nou die onaangeraaktes van die sg. Regering / miljoene en miljarde ////// tronkstraf ! En gooi die sleutels weg.

Adri ·

Zuma en sy hele kabinet moet aangekla word van hoogveraad, aangesien hy die grood Mafia baas van korrupsie is

Jaco ·

Woorde is daar nie om die leë blikke maak die meeste geraas te beskrtf nie! Voel net so jammer vir die wat hom volg, een blinde lei ‘n ander blinde in die geval!

Adrian ·

En geen woord oor malema se aanmerking dat die vyand tussen die eff en zuma staan hy se zuma is nie die vyand nie maar die vyand is aan die anderkant van zuma en die vyand is die wittes wat die grond en die land gesteel het. Hy noem ook dat absa aan die wit mense behoort en die swartes nog onderdruk. Die leier moet aangekla word van erge rassisme asook opsweping. Dit als volgens news24 kom maroela publiseer daai storie

Maria van Dieweeck ·

God se in Sy Woord dat ons ons vyande moet seen, sodat Hy met hul kan afreken. Soms is dit BAIE moeilik…Spesiale seen dan vir Zuma, asseblief…

jaycee ·

Ek wonder of Zuma enigsins besef watter gek hy van homself maak. In sy toespraak slaan hy die gesag van die grondwet hoog aan – MAAR HY PRAAT MINAGTEND DAARVAN AS DIT HOMSELF RAAK. En weereens kom hy met ‘n sakvol beloftes waarvan baie min sal kom: korrupte amptenare sal vasgevat word maar hyself pleeg korrupsie na willekeur. SA se politieke verlede is gesaai met tweegat jakkalse en Zuma is besig om vinnig die kampioen in hierdie verband te word.

Willem Grobler ·

Die ANC “gaan” altyd – korruptes vasvat, beter dienste lewer, minder rojaal wees met ampsmotors, onthaal, oorsee reis ensovoorts. En hoe meer hulle “gaan” hoe minder kom hulle daar aan! Ons het die beheer van ons land oorgegee in die hande van die terroriste van destyds onder ‘n stelsel wat “demokrasie” genoem word maar wat in weklikheid die tirannie van die meerderheid is.

Hierdie “movement” is besig om ‘n uitspraak van die Grondwethof te waninterpreteer en/of bloot te ignoreer. Hulle tjommel die ou deuntjie van “apartheid” en maak staat op die gemiddelde intelligensie koöfisiënt van hul deursnee ondersteuner om daarmee weg te kom.

nig ·

Talk is cheap but it takes money to buy whisky! Put your money where your mouth is..ens ens

Jakes ·

Ek meneer en jy meneer , wie gaan die wa dan smeer
As almal wil meneer wees wie gaan die werk doen
Hoe kan die een blinde die ander blinde lei

Rynhardt ·

Zuma wil korrupte amptenare vasvat??? Beslis grap van die eeu! Dan moet all die korruptes by munisipaliteite bedank, gevolg deur Anc-kabinet en Zuma!!! Ongelukkig ry almal te lekker die soustrein.Alke lekkerte gaan vinnig tot n einde kom!!!

Piet Boer ·

Maroela, kyk wat julle kan uitvind rondom Zuma wat ‘n wapenfabriek in Dubai geopen het. Wonder maar net hoekom al sy vriende daarheen gevlieg het voor die opening en waar die geld vandaan gekom het daarvoor?

Simon ·

Hierdie pragtige land wor door een criminele bende gelei. Hoekom Zuma gaan korruptie aan vat?
Suid Afrika sak dieper en dieper in die moeras met Zuma en zyn bandieten aan die bewind.
Jammer vir al die mense wat wel een skoon, veilig en eerlik land wil.

Albert Marais ·

Ek is so bly om te sien dat Baleka Mbete darem kan insien dat dis die Hitte wat hulle nou begin inhaal. Dit gaan nog baie warmer word, wag maar net.Die eerste wat gaan verskroei is al daardie geel hommelbye wat sulke dansies uivoer.

Nico ·

Hoekom hulle nie van hom ontslae kan raak nie want die hoe koppe is ook betrokke saam met hom dink net as al die korruptes gevang word is die anc in sy kanon daar gaan nie genoeg geld wees nog tronke te bou nie

sarie van heerden ·

Goeiste Zuma. het jy geen selfrespek of skaamte nie? Hoeveel klagtes is nie teen jou naam nie. Hoekom gaan jy nie hof toe en bewys die gemeenskap lieg dat jy korrup is.

Ruby ·

Whahaaahaaa, wat ‘n nar! Die pot wil vir die ketel kom vertel hy is swart.

jeanette visser ·

whahahahahah nou heerlik gelag vir FM se kommentaar, shame die ou kan nie eers tel nie en lees al sy toesprake net so van sy papier af soos ‘n papegaai. En FW De Klerk tot vandag toe se jy nie ‘n woord nie kry jy nie skaam dat jy jou land so verraai het nie, maar jy sien geld was betrokke en dis ‘n ewel en party mense sal ALLES doen vir dit. Maar my vraag is nou vir wie stem ons???????????????????????????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.