Zuma kry duidelik spesiale behandeling, sê stigting

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: PHILL MAGAKOE/AFP)

“Zuma moet teruggaan tronk toe om sy 15 maande vonnis uit te dien.”

Só het adv. Max du Plessis, regsverteenwoordiger van die Helen Suzman-stigting, Dinsdag voor die Pretoriase hooggeregshof aangevoer.

Die stigting, asook AfriForum en die DA, het elk virtueel geargumenteer om die wetlikheid van die besluit om Zuma op mediese parool vry te laat, te hersien.

Du Plessis het onder meer gesê dat Arthur Fraser, voormalige nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, nie die wetlike mag gehad het om die aanbevelings van die mediese paroolraad tersyde te stel en mediese parool aan Zuma toe te staan nie. Dié raad het onder meer aanbeveel dat Zuma nie op mediese parool vrygelaat word nie omdat hy nie terminaal siek of fisiek onkapabel is nie, soos die Wet op Korrektiewe Dienste vereis.

Du Plessis meen dit is iets waarvan Fraser klaarblyklik bewus was voordat hy besluit het om mediese parool toe te staan.

Boonop, het Du Plessis aangevoer, het Fraser nooit voldoende verduidelik waarom hy dié besluit geneem het nie, maar kom nou met allerlei nuwe argumente vorendag wat bloot olie op die vuur is.

“Ouderdom en broosheid is egter nie terminale siektes nie.”

Hy het voorts gesê dis duidelik dat Zuma spesiale behandeling kry.

Du Plessis het verder benadruk dat die onafhanklike mediese paroolraad juis saamgestel is om te verseker dat mediese paroolaansoeke nie deur gevangenes se persoonlike dokters gedryf word nie.

Du Plessis sê ook dat die wet nie voorsiening maak dat Fraser besluite oor mediese parool op grond van sy eie mening neem nie.

“Hy moet juis besluite neem volgens die mediese paroolraad se aanbevelings – veral omdat hy [Fraser] nie ʼn dokter of mediese deskundige is nie.”

Selfs al het Fraser die mag gehad om die raad se aanbevelings tersyde te stel, het hy in geen stadium voldoende redes vir sodanige besluit gegee nie, sê Du Plessis.

Du Plessis voer verder aan dat Fraser hoofsaaklik op verouderde mediese verslae gesteun het om sy besluit te regverdig.

Nie een van hierdie mediese verslae het egter aangedui dat Zuma terminaal siek is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Suzette ·

Natuurlik – hy is die kroonprins van kommunisme en korrupsie

melW ·

Sal met alles wegkom, sal maar met vrede maak dat die skermunkel nooit sy tyd sal sit nie. Belaglik

marius ·

Sy handlanger wat veronderstel is om die mishoop te regeer sal dit nooit toelaat nie . Dis afrika .

Androclus ·

Ja nee wat hy’t nie gedink aan ouderdom en broosheid toe hy so fees gevier het nie.

Rooikopheks ·

Dis ń nuwe hoofstuk in ń baie ou verhaal , niks gaan met hom gebeur nie, die ANC het lankal die slot geskryf.

Misky ·

Ons baklei nou so vir die 15 maande regsverydeling saak. Stel julle nou voor Zuma word skuldig bevind voor Zondo en hy moet werklike tronkstraf uitdien vir sy dade? Groot gestoei en anargie wat sal volg

Hardekwas ·

Los maar vir zuma uit. Groot gemors wag op ons as hy tronk toe gaan.

JohanR ·

Sal eerder verkies dat Fraser tronk toe gaan…..sal die nou nie lekker wees nie!

Genis ·

Skelmer as hulle sal jy nie kry nie… die korrupte ANC beskerm hulle met alle mag en krag… Nalenskap van ou Nelson is swak, vernietigend…

msp ·

Fraser en zuma is vet tommies, hulle is nie eens vergewe bo die hoogste gesag van die hof nie maar ook vergewe bo die regering.

PieterK ·

Terug tronk toe. Net betyds om vir die kriminele te gaan kersvader speel.

SjN ·

Die kader kry gans te veel media dekking, laat hy sy vonnis gaan uitdien soos die hof beveel het.

Pieter ·

Die anc land se regstelsel is om van op te gooi die regters en landroste is net so korrup soos die regering vir wie hulle werk. Daar loop ou shaik ront speel golf gaan aan met sy lewe makeer net mooi niks

Samuel ·

Zuma gaan op een of ander regs-tegniese punt weer los kom. En sy maatjie, C. Ramaphosa, beskerm hom. CR is ‘n jellievis.

Mariana ·

Hy het nog altyd spesiale behandeling gekry. Dis hoekom hy nou nog so lekker kan rondloop. Hy moes lankal agter tralies gewees het. Maar mens kan enigiets van die mense verwag, almal net so korrup soos hy.

agnes ·

As n mens die waarheid kan se oor wat Zuma eintlik is, dan Sal die ANC seker die polisie stuur om die persoon in die tronk te gooi of te laat verdwyn. Almal ken vir Zuma en sy streke, hy verdien tronkstraf.

Santjie van Soendal ·

Stuur vir Arthur Fraser saam met Zuma tronk toe.

Hasie ·

Ek is ook oud en broos…….waar is my spesiale behandeling ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.