Zuma kry glo R13m. vir broerskind

Pres. Zuma

Pres. Zuma

Pres. Jacob Zuma se kantoor wou nie kommentaar lewer oor ‘n berig dat hy sy broerskind, Khulubuse Zuma, gehelp het om finansiering vir sy mynmaatskappy te bekom nie.

“Nee, nee, daar is geen kommentaar, soos jy kan sien van die storie self,” het Mac Maharaj, pres. Zuma se woordvoerder, gesê.

Die Mail&Guardian berig dat pres. Zuma glo in 2010 gehelp het om ‘n $2 miljoen-belegging te verseker vir Khulubuse se sukkelende Aurora Empowerment Systems.

Maharaj het in die berig bevestig dat hy gedetailleerde vrae ontvang het oor die bewerings maar het later aangedui dat die presidensie nie daarop gaan reageer nie.

Chris Brown, ‘n direkteur van Global Emerging Markets (Gem), het aan die koerant gesê dat hy die oggend van 11 Julie 2010, die dag van die eindstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi, persoonlik met Zuma ‘n vergadering gehad het by sy huis.

Brown beweer dat Zuma hom “verskeie kere bedank het” vir sy hulp om die maatskappy [Aurora] uit sy finansiële verknorsing te red. Ten tyde van die vergadering was Aurora desperaat op soek na fondse om te probeer keer het dat sy Pamodzi-myn gelikwideer word.

Gem het met regsaksie teen Eerste Nasionale Bank (ENB) begin nadat die maatskappy die belegging in ‘n ENB-rekening inbetaal het. Die geld is later oorgeplaas en het intussen verdwyn. ‘n Bankwerknemer het intussen na bewering bedank en ENB het glo ook aangedui dat hy van plan is om die eis teen die bank teen te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

leana ·

Dit sou “vreemd” klink sou hy nié sy broer se kind “gehelp” het nie.

John Shields ·

As an interested onlooker in S African politics from an Australians point of view the similarities between S Africa and Zimbabwe are catastrophically similar. On a timeframe graph the events re corrupt elections and financial transactions are almost identical and I fear for ALL my S African brothers and sisters as a citizen of earth. This man Zuma is not fit to rule a country and the longer he is at the helm of government the greater my fear grows for you all.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.