Zuma kry huislening om Nkandla-geld te betaal

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma moes ʼn huislening aangaan om die R7.8 miljoen terug te betaal wat op nie-veiligheidsopgraderings aan sy privaat Nkandla-woning bestee is.

Die presidensie het Maandag berigte, dat Zuma die geld terug betaal het, bevestig. “Pres. Zuma het die bedrag van R7 814 155 aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank betaal met betrekking tot sy privaatwoning by Nkandla, soos die konstitusionele hof beveel het,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

“Die president het die geld deur ʼn huislening op standaardvoorwaardes van VBS Mutual Bank bekom, een van die min finansiële instansies wat huislenings aanbied vir grond wat deur tradisionele owerhede besit word.”

Maroela Media het vroeër berig die Tesourie het in Junie bevind Zuma moet R7,8 miljoen van die geld, wat aan sy Nkandla-woning bestee is, aan die staat terugbetaal. Die konstitusionele hof het op 31 Maart vanjaar bevind Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf of sy presidensiële plig na te kom, toe hy Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), se bevindinge en regstellende stappe in haar Nkandla-verslag geïgnoreer en van die hand gewys het.

Zuma is aangesê om ʼn “redelike persentasie” van die geld terug te betaal wat aan nie-sekuriteitsopgraderings soos die beeskraal, amfiteater en swembad by sy woning bestee is. Die Nasionale Tesourie moes die bedrag bepaal. Zuma het tot 29 September gehad om die geld terug te betaal.

Die totale koste vir Nkandla het meer as R246 miljoen beloop.

Lees alle vorige berigte oor Nkandla op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Alida ·

VBS Mutual Bank moet nie lekker wees om so n reuse lening toe te staan nie. Daardie geboue val uitmekaar en gaan alles verloor. Zuma gaan nie n sent terugbetaal nie en hulle sal nie kwart van die prys kry sou dit op veiling gaan nie. Hier kom n ding.

Matmiet ·

Hy gaan nie sy paaiemente kan dra nie en dan gaan sy huis ge repo word en dan is die 239miljoen wat oorbly ook gedek.

Eugene ·

Dit maak nie saak wat se lening of met watter geld hy dit terugbetaal nie. Wat belaglik is is die uitgawes en tyd wat aangegaan is om die geld nou te bekom . Dit is veel meer as die inkomste.

celeste ·

Zuma is lief daarvoor om geld uit te gee wat nie aan hom behoort nie. Een van die dae skree die bank ook “pay back the money”. Genade het hulle nie geleer hoe oneerlik ons president is nie!!!

Gatvol ·

Sal graag wou sien hoe hulle by R7,8 M uitgekom het. As daar na sy stat gekyk word voor en na die “veiligheidsopgradering” is dit duidelik dat daar baie nuwe geboue opgerig is
Dit is miskien die werklike koste wat dit móés kos, maar wat is die ware bedrag wat daarvoor betaal is? Dus duidelik dat daar nie R240M se sekuriteit aangebring is nie!

Lance ·

Ek glo dit nie …daar is baie meet as die bedrag al gesteel …dink ons is ook onnosel !

Chanel ·

Daar gaan die shareholders se geld (alweer) , Dankie tog ek was slim genoeg om ander werk te soek. Vroegtydig!!

Popeye ·

Betaal broer betaal! Ek het nie ‘ n ander naam of uitdrukking in my taal as “broer” nie- want jy is dit nie! Jy is die antitese van dit alles…sy dag gaan kom….

Wonder net ·

Wie gaan seker maak dat die maandelikse paaiemente uit sy eie sak kom en nie vd belastingbetaler gevat word nie? Die bank gaan mos nie omgee wie se geld gebruik word nie, solank hulle net terugbetaal word. Wonder maar net…

Karen van Zyl ·

“Wonder net” dit is nou vir mens ‘n goeie vraag, ek glo minister Gordhan gaan seker maak dit gebeur nie.

Sputnik ·

Wel, wel al wat ek kan sê is dat hy selfs teen daardie bedrag ‘n enorme winskoop gekry het! Net daardie ClearView heining, wat seker as sekuriteit deurgaan en waarvoor hy dan nie sal betaal nie, is seker R10m +.

Pastoor ·

Ek wonder wie glo dit. Om R 250 000 000 te kry en jyt nog nie n sent inbetaal nie. Teen 10% per jaar. Dan is dit R 25 000 000 pj. Hy moet dit op sy ouderdom in 10 jaar terug betaal. Hahaha hoe gaan hy dit doen. Ek in die finansiele bedryf. Ingeneurs en dr het naa 40 jaar dien n pensieon van tussen R 6 e R 9 miljoen. Neewat nog n raar maar wolhaar storie hahahahza

snoefie ·

hy kry n salaris. sy vele vroue en kinders kry n ma se toelaag. as hulle nie veiligheidsgordel/sekuriteitswagte/leefstaan opgraderings daar uit kan betaal nie, dan moet hulledaarsonder gaan. geeftag! daar was n paar kkeinhuisies vol geld ook op “opgraderings”aan tyunhuis en die presidentiele owning in Pta gedoen. elk ook in die 200miljoen as ek reg onthou. dis nie eers belaglik nie, dis bloot krimineel. arrie tog. as die geboue gesloop en nuut oorgebou en gemeubuleer was, behoort dit ook seeker net 10% van daardie prys te beloop. as hy die gelukkige bank nie gaan terug betaal nie en nkandla word gerepo, gaan hulle ooit n tiende van die lening verhaal let alone die volle bedrag van die opgraderings. so waar is die geld van al die opgraderings been?

Rupert Ashford ·

Hou daai lening maar dop. Sal nie langer as ‘n jaar wees nie dan is dit afbetaal deur “iemand”.

Karen van Zyl ·

Ek glo nie die storie nie jammer, ‘n bank wat so baie geld uitleen, ek dink nie so nie………

Karen van Zyl ·

“Residents of Tasbet Park have raised concerns that the Emalahleni Municipality has allegedly diverted about R1.5 million of service delivery money to buy a vehicle for the Mayor” nou hoe gebeur so iets?

Ruby ·

Hmmm, wie gaan zumpie se lening betaal…..

Hy word nou met valkoë dopgehou, dit gaan nie uit die staatskis uit kom nie.

“Iemand” gaan dit namens hom betaal, maar nou ja, dit gaan ook uitkom!

Swanna ·

Wat ‘n grap. Nou maak hy ‘n lening wat hy ook in sy saak gaan steek. Hierdie ou is biae inteligent. Hy maak geld sonder om daarvoor te werk en dit alles voor sy tyd op is as presie. Slim.

Stev ·

ROFL…dit beteken ongeveer 52% van jz se salaris gaan vir die verband gaan as dit ‘n 20jr verband is. Ek dink nie so nie….n lieg….

Oom Dawit ·

Hy kwalifiseer weens sy ouderdom nie vir ‘n lening nie. Watter bank of instansie sou dit vir hom leen. Dit is ‘n storie. Dalk ‘n laaste opdraggie vir Madonsela?.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.