Louis Meintjies, president van TLU SA, het gesê die prokureursbrief is per e-pos aan Zuma gestuur, terwyl die balju dit ook persoonlik aan Zuma sal oorhandig. In die prokureursbrief verwys TLU SA na Zuma se 8 Januarie-toespraak, waarin hy, volgens TLU SA, afgewyk het van sy toespraak en gesê het: “Kamerade, die uitdagings van armoede, ongelykheid en werkloosheid het hul wortels in die groot dele grond wat gesteel is van die inheemse mense van Suid-Afrika.”
TLU SA beskuldig Zuma daarvan dat dié uitlating, sowel as ander uitlatings soos dié oor Jan van Riebeeck, wys dat Zuma en die ANC die bedoeling het om teen wit mense en veral wit grondeienaars, te diskrimineer. “Dit blyk ook uit ʼn verdere verklaring wat hy gemaak het dat: ‘Suid-Afrika se geskiedenis van apartheid en kolonialisme word gekenmerk deur rasse-hiërargie en sistematiese geïnstitusionaliseerde verowering en ontneming van die inheemse mense van hierdie land, wat direk verwant is aan ons huidige uitdagings van werkloosheid, armoede en ongelykheid’,” lui die prokureursbrief.
Volgens TLU SA ontken die organisasie nie die effek wat kolonialisme en apartheid op die Suid-Afrikaanse samelewing gehad het nie, maar het hulle ʼn probleem met die bewering dat die oorgrote meerderheid grond gesteel is van die inheemse mense van Suid-Afrika.
“Dit is feitelik en histories verkeerd. Die huidige grondeienaars in Suid-Afrika het eerstens nie grond gesteel nie, maar die grond wat hulle besit, wettig gekoop. Dit is die geval met die meeste van die grond in Suid-Afrika vir minstens die afgelope eeu.”
Volgens TLU wil Zuma en die ANC wit mense wat grond besit as diewe brandmerk deur te sê wit mense wat na Suid-Afrika gekom het, is diewe en alle swart mense was inheems aan Suid-Afrika toe wit mense in 1652 hier aangekom het.
TLU SA eis dat Zuma en die ANC onvoorwaardelik om verskoning vra aan alle grondeienaars in Suid-Afrika en spesifiek wit grondeienaars, vir die “kwetsende, skadelike en haatverweefde” uitlatings wat gemaak is.
Volgens TLU SA kom die uitlatings op haatspraak neer en sal die organisasie die gelykheidshof nader indien Zuma nie om verskoning vra nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
46 Kommentare
Interessant,ek gaan hierdie spasie dophou
Weet Zuma wat beteken inheems? Mense wat dink omdat hy die president is hy is onaantasbaar. Eish!
TLU SA moet die wereld warm maak vir die prez oor sy uitlatings dat wit mense grond gesteel het.Zuma verkondig opswtlik hierdie boodskap, want hy weet sy onderssteuners glo alles! Wat hy egter lelik versuim om uit te spel, is dat talle swart stamme in die verlede uit Afrikalande gevlug het na SA weens oorloe in hul onderskeie lande.Dit maak hul nie eens wettig nie.Die wit man het SA ontwikkel sodat Zuma en sy trawante lekker kan lewe terwyl korrupsie en armoede gedy! Sodra dinge skielik verkeerd gaan, word die “blame game” gespeel.Jammer Zuma, die “blame game” werk nie meer… Lees meer »
Ons sit darem ma met swak leiers in hierdie land. As president moet hy eenheid bevorder nie verdeeldheid en rassistme nie. Dit kom nou daarvan as jy iemand met standard 3 as president aanstel. Wat weet so mens van leierskap??? Absoluut scary wat aangaan. Hoe kan ons ooit so mens respekteer as president van hierdie land? Ek het meer respek vir my tuinhulp se lojaliteit.
Dink julle hy gaan hom aan dit steur??