Zuma kry prokureursbrief oor uitlatings

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/Governmentza/GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/Governmentza/GCIS

Die landbou-organisasie TLU SA het ʼn prokureursbrief aan pres. Jacob Zuma gestuur, waarin hy die president se verskoning eis vir uitlatings oor wit mense, boere en grond.

Louis Meintjies, president van TLU SA, het gesê die prokureursbrief is per e-pos aan Zuma gestuur, terwyl die balju dit ook persoonlik aan Zuma sal oorhandig. In die prokureursbrief verwys TLU SA na Zuma se 8 Januarie-toespraak, waarin hy, volgens TLU SA, afgewyk het van sy toespraak en gesê het: “Kamerade, die uitdagings van armoede, ongelykheid en werkloosheid het hul wortels in die groot dele grond wat gesteel is van die inheemse mense van Suid-Afrika.”

TLU SA beskuldig Zuma daarvan dat dié uitlating, sowel as ander uitlatings soos dié oor Jan van Riebeeck, wys dat Zuma en die ANC die bedoeling het om teen wit mense en veral wit grondeienaars, te diskrimineer. “Dit blyk ook uit ʼn verdere verklaring wat hy gemaak het dat: ‘Suid-Afrika se geskiedenis van apartheid en kolonialisme word gekenmerk deur rasse-hiërargie en sistematiese geïnstitusionaliseerde verowering en ontneming van die inheemse mense van hierdie land, wat direk verwant is aan ons huidige uitdagings van werkloosheid, armoede en ongelykheid’,” lui die prokureursbrief.

Volgens TLU SA ontken die organisasie nie die effek wat kolonialisme en apartheid op die Suid-Afrikaanse samelewing gehad het nie, maar het hulle ʼn probleem met die bewering dat die oorgrote meerderheid grond gesteel is van die inheemse mense van Suid-Afrika.

“Dit is feitelik en histories verkeerd. Die huidige grondeienaars in Suid-Afrika het eerstens nie grond gesteel nie, maar die grond wat hulle besit, wettig gekoop. Dit is die geval met die meeste van die grond in Suid-Afrika vir minstens die afgelope eeu.”

Volgens TLU wil Zuma en die ANC wit mense wat grond besit as diewe brandmerk deur te sê wit mense wat na Suid-Afrika gekom het, is diewe en alle swart mense was inheems aan Suid-Afrika toe wit mense in 1652 hier aangekom het.

TLU SA eis dat Zuma en die ANC onvoorwaardelik om verskoning vra aan alle grondeienaars in Suid-Afrika en spesifiek wit grondeienaars, vir die “kwetsende, skadelike en haatverweefde” uitlatings wat gemaak is.

Volgens TLU SA kom die uitlatings op haatspraak neer en sal die organisasie die gelykheidshof nader indien Zuma nie om verskoning vra nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Hannelie ·

Weet Zuma wat beteken inheems? Mense wat dink omdat hy die president is hy is onaantasbaar. Eish!

Rynhardt ·

TLU SA moet die wereld warm maak vir die prez oor sy uitlatings dat wit mense grond gesteel het.Zuma verkondig opswtlik hierdie boodskap, want hy weet sy onderssteuners glo alles! Wat hy egter lelik versuim om uit te spel, is dat talle swart stamme in die verlede uit Afrikalande gevlug het na SA weens oorloe in hul onderskeie lande.Dit maak hul nie eens wettig nie.Die wit man het SA ontwikkel sodat Zuma en sy trawante lekker kan lewe terwyl korrupsie en armoede gedy! Sodra dinge skielik verkeerd gaan, word die “blame game” gespeel.Jammer Zuma, die “blame game” werk nie meer teen my mense nie! Ek voel oor niks skuldig nie, en gaan ook vir niks omverskoning vra nie.Gaan soek daai verskoning by papbroeke!

Andrea van Vuren ·

Liewe land (grond)genote. Moet asseblief net nie begin voete was om julle innige spyt te wys nie. Kyk wat het van Vlok geword. Ons moet nou vas staan en nie meer jammer wees oor enigiets nie. Hulle het alreeds alles gevat wat aan ons behoort.

m ·

Ons sit darem ma met swak leiers in hierdie land. As president moet hy eenheid bevorder nie verdeeldheid en rassistme nie. Dit kom nou daarvan as jy iemand met standard 3 as president aanstel. Wat weet so mens van leierskap??? Absoluut scary wat aangaan. Hoe kan ons ooit so mens respekteer as president van hierdie land? Ek het meer respek vir my tuinhulp se lojaliteit.

Tjaart ·

Beter Voorstel

Dit het tyd geword vir witmense om op te staan vir hul regte en te se: “Genoeg is genoeg!”
Sonder geweld en vloek, moet ons opruk na Pretoria en all die feite aan Zuma en oningeligte swartmense voorlees: “SA het nie aan swartmense behoort nie en as hul van diefstal wil praat, moet hul na die geskiedenis kyk. Swart het van sentaal Afrika na die suide uitgewyk, net soos wit vanaf Europa. SA onder aparthied was ‘n bose politiek, maar daar was kos en geregtigheid, met baie minder armes en werkloses. Ons medici, onderwys, weermag en alles was die beste in Afrika en ook beter as meeste Europese lande.
Daar was korrupsie, maar ons het ‘n ekonomie gehad…….
Noem dit op. Gee fiete sonder verwyte en maak seker dit word in alle tale vertaal en op radio en TV uitgesaai.

Mira ·

En nou gaan hy seker weer met een van sy eleventy twenty and five verskonings opkom!

anne ·

Gaan my liewer nie hieroor uitlaat nie – regtigwaar. Kan mens jouself so belaglik maak.

Sus ·

Ja! Vlok het gedink hy kan sy eie sondes daarmee afwas, maar heellaas, hy het seker nooit geleer wat het met Piet Retief in Dingaan se kraal gebeur nie. Die geskiedenis het ‘n manier om homself te herhaal…….

Sus ·

Ja! Vlok het gedink hy kan sy eie sondes met die ge-voete wassery uitvee maar heellaas, hy het seker nooit geleer wat het met Piet Retief in Dingaan se kraal gebeur nie. Die geskiedenis het ‘n manier om homself te herhaal…….

Knerries ·

Absolute rassisme – ek hou die ontwikkeling met belangsteling dop.

susan ·

Net soos al die ander moet hy ook aangekla word vir opstoking en rasisme . Hy bevorder rasse-diskriminasie, dis hoekom dit gaan soos dit gaan. Hy lag in elk geval vir alle suid-afrikaners agter hulle ruêns!

Pieter.v ·

Hoe verwag Zuma ons moet hande vat en saam werk as hy se ons is diewe en ons is verantwoordelik vir die armoede in die land terwyl hy homself en sy mense verryk ten koste van die arm mense in die land, sal van graag wil hoor wat het geword van KULUBUSE ZUMA (hy is baie groot)wat n hele myn gesloop het en honderde mense werkloos gelaat het

Pieter ·

Zuma kan heel waarskynlik nie lees nie, of in elk geval sal hy nie al die groot woorde kan verstaan nie.

Gaan iemand hopelik vir hom die brief voorlees?

Michael ·

Pieter ek stem saam dit is wat gebeur as jou presedent net graad 2 het.

Anoniem ·

Moenie vergeet om die SAUK ook hof toe te sleep nie. Kyk mooi voor verkiesing of tydens Soweto-dag word SABC1, 2 en 3 weer tv uitsendings gewys wat daai dag gebeur het. Ons almal probeer aan beweeg, wit en swart gaan saam skool, ens, maar dit wil net aanhou en aanhou om die verlede op te bring. Ons probeer ons huidige jeug met vrede groot te maak, maar regering misluk om te verstaan. Verwyder alle sulke tv uitsendings of regering moet aangekla word v rassisme

Eddie ·

Ek is jammer maar gaan eerlik wees. Ek raak siek in my binneste as ek net sy gesig sien. Om te dink iemand wat geen trots het en nie eers te praat van iets tussen die ore om as n land so groot soos Suid Afrika se President te wees en die goed te doen wat hy doen. Ek persoonlik sou skaam kry as mense en ander lande so min van my moet dink. Ek sal al lankal gese het dat hulle eerder iemand anders meer bevoeg in my plek moet aanstel want ek kom nie die mas op nie. Maar nou ja dit is maar ek. Lyk my hy is soos water op n eend se rug. Alles loop maar net oor. Moet se ek kry hom jammer en wil nie soos hy wees nie. OOOOOIT !!!!!!!!!!!!!1

anne ·

Elke keer as ons president sy mond oopmaak om te praat kom mens weereens tot die besef, hy het net graad 2.

Dee ·

Hy word net gevra om verskoning aan te bied terwyl blankes wat nie eens naastenenby so erg rassistiese uitsprake gemaak het, hul werk verloor.

Maddox ·

Dee,
Jy is 100% akkuraat met jou stelling. Dit is duidelik daar is 2 stelle reels nl, een vir blankes en een vir die res. As jy blank is moet jy net jou bek hou en maar alles sluk wat jou kant toe kom, maak nie saak hoe beledigend dit is nie, maar die hel haal jou as jy wit is en net iets simpels kwytraak oor die ander kleuriges in die land.

Nic Grobler ·

Dit sou goed gewees het as daar ‘n keerdatum vir sy reaksie gestel was.

Liewe heksie ·

Hy het nie eers n ruggraad nie O my liewe land ek skaam my dood Jig en dit maak my naar

Willie ·

Daar is onderhandel in 1994!Ek eis my regte my taal my Goddiens,my skool my Universiteite , my reg op grond titel akte,kom vat my grond sonder vergoeding,Dan
gaan lelike dinge in die land gebeur?

boetman ·

Willie, so n bek moet jem kry. Waar is FW se wigte en teenwigte nou? Ons is “geen verlaging in standaarde” belowe. Is dit hoe laag FW en sy trawante se standaarde was? Was hul dus meer korrup as die huidige regime? Waar is sy “beskerming van minderheidsregte”? Was die “radikale regses” tog reg?

Oom Boer ·

Sjoe ou grote, Jy is ons President en saai sulke onmin en maak swak aantuigings teen boere wat geveg het en hard betaal het aan hul stukkie grond om vir almal in hierdie land in hul behoeftes te kan voorsien. Jy No 1 ken nie jou geskiedenis van die verlede nie en met jou swak optrede en valse beweringe is jy besig met opsweping en haatspraak en dit laat mens vandag wonder of hierdie tipes van denke, optredes en uitsprake nie ‘n aanhitsing is dat die plaasmoorde so uitverband raak nie. jy verwys gedurig na werkloosheid, armoede en ongelykhede wat vir altyd daar sal wees as jy ses vrouens en 21 kinders in een familie het. Jy wil vir 50 miljoen werk belowe, maar wil altyd die skuld op 2.5 miljoen pak wat weet hoe om ‘n gesin te beplan en finansieël by te staan deur harde werk en positiewe insette in die gemeenskap. Wees ‘n leier, idealis en word asb groot as jul srewe na ‘n demokratiese eenheid, maar glo my dit is net ‘n illusie soos dit tans aangaan. Nr 1 jou tyd in die groot stoel raak kort en nou gryp jy deur manupilasie na elke strooi halmpie om ontwrigting te skep, want die Gupta’s se vliegtuigie staan seker gereed om jou na ‘n blink strand te neem as alles vervalle raak. Landsburgers moet kan vertrou en opkyk na hul leiers om voruitstrewendheid en veiligheid daar te stel, maar jy vernietig hierdie ideale met sulke swak uitsprake. My lewens ideaal en Leier (Ikoon) is my Hemelse Vader wat my elke dag lei. Ek voel jammer vir jou Nr 1 dat jy tot sulke laagte punte daal om aansien te wil werf sonder om die nodige verskille in mense se lewens te bring tot groei en suksesse sonder korrupsie. Sterke vorentoe ou grote jy het dit nodig en gaan op jou knieë en bid oor dit wat jy die mensdom aandoen.

Jan maak n Plan ·

Die hel sal eers vries voordat nr1 verskoning vra vir die witmense. Ek wonder soms as al die witmense sou kon saamstaan en hulle belasting weerhou wat se storie sal dit dan afgee. Wonder dan of nr1 sal begin luister

Jordaan ·

Ongelukkig nie maklik om belasting te weerhou nie, aangesien die werkgewer betaal. Daarom is dit belangrik dat ons saamstaan teen iets soos e-tol waar ons wel die keuse kan maak om nie te betaal nie. Iewers moet die boodskap gegee word dat ons nie maar net hier is om gemelk te word nie.

Elizabeth ·

Zuma is ogeketterd. Dit weet ons almal maar ons weet ook hy moet stemme wen terwyl hy net meer vyande maak.

Susanna Hugo ·

Ek bly in die buiteland, maar skaam my te veel vir daai Zuma mens met geen grys materie tussen die ore wat ons mooi land afbreek. Daarom se ek nie meer waarvandaan ek kom as iemand vra van die aksent nie.

Johannes Meintjes ·

Die hele grondkwessie is myns insiens pure kommunistiese politiekery en deel van ‘n volksmoordpoging. Dan praat ons nie van die riskos wat dit teweegbring vir voeselsekerheid in SA en die SAOG gemeenskap nie. Kom ons kyk anders na die saak;- almal wie in die afgelope 50 jaar grond in SA bekom het, insluitende die Staat en Staatseiendom, doen dit tog ingevolgde die huidige wetgewing en sosio-politieke standaard. Hoe sal dit nou afgaan indien ‘n nuwe Tirranosorus Rex regering in ‘n Nuwe Orde (erger as die huidige roofdierstaat in die Nuwe SA) weereens in gebrek aan regering gebaseer op beginsels van geregtigheid, oor 50 jaar DV sou aankondig “alle grond is gesteel” … ? Maar net so, meen ek, is grondtransaksies oor die jare binne orde beklink, met moontlik enkele uitsonderings. Terloops, ek kry nerens ‘n afskrif van die Tittelakte (Kaart en Transport) vir die Uniegeboue nie.

Yoli ·

Ons moet net eers seker maak die ou verstaan al die hoge woorde.

Peet J ·

Om Zuma te wil dwing om aan alle wit grondeienaars in S A verskoning aan te bied gegrond op die feit dat afleidings uit sy toesprake gemaak is dat hy beweer grond deur ons wittes gesteel is en dat TLU SA die stelling ook gedeeltelik erken weens kolonialisme en apartheid lyk vir my vergesog.
Die punt is :- Zuma sê net wat hy wil en sy aanhangers glo in hom, om verskoning aan te bied gaan nie die denkwyse van die ANC enigsins beinvloed nie. Dieselfde geld ook vir Malema se uitlatings sy aanhangers doen soos hy sê.

Nel A ·

Gelukkig het witmense ingebore trots en selfrespek wie geslagte lank hard gewerk en geleer het om te kry wat ons vandag het en nie op “agterbakse” maniere of verniet gekry het nie en bepaald nie in die weelde waarin hulle vandag leef nie. Anderkleuriges het presies dieselfde geleenthede gehad as ek, maar trots kan nie aangeleer word nie en onbelesenheid is sowaar sekerlik nie ook die witmense se skuld nie. Vanaf straatvlak tot in die Universiteite en Parlement voer hulle redenasies aan wat geen mens met ‘n greintjie intelligensie kan verstaan nie want dit maak nie sin nie.

Oom Boer ·

@Nel A – Pragtige verwysende skrywe en ek sekondeer met jou – Amen

Oom Boer ·

@Nel A – Pragtige verwysende skrywe en ek sekondeer met jou – Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.