Oudpres. Jacob Zuma se verhoor in die korrupsiesaak teen hom en die Franse wapenvervaardiger Thales is vir die soveelste keer uitgestel – dié keer omdat Zuma verkies om nie vanuit die tronk verhoor te word nie.
“Die verhoor sal nou van 10 tot 13 Augustus aangehoor word,” het regter Piet Koen Dinsdagoggend beslis terwyl Zuma aanlyn vanaf die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal by die hooggeregshof in Pietermaritzburg ingeskakel het.
Die oudpresident se regspan het Maandag versoek dat die verhoor “onder die huidige omstandighede” vir drie weke uitgestel word. Zuma dien tans tronkstraf uit vir minagting van die hof terwyl onluste die afgelope week uitgebreek het uit verset teen sy inhegtenisneming.
“Die Grondwet het uiteindelik geseëvier!” het die Zuma-stigting intussen getwiet in reaksie op Koen se besluit om die verhoor uit te stel.
“Daar kan geen virtuele strafregtelike verrigtinge in die afwesigheid van ’n beskuldigde wees wat nie met sy advokate kan konsulteer nie.”
The Constitution has prevailed at last!
There can be NO virtual criminal proceedings in the absence of an accused person who is unable to consult with his lawyers
See you at Pmb High Court on 10 August 2021.Long Live The Constitution! pic.twitter.com/aSfycyerP7
— JGZuma Foundation (Official) (@JGZ_Foundation) July 20, 2021
Zuma word deur 16 klagte in die gesig gestaar vir die 1999-aankoop van onder meer vegvliegtuie, patrolliebote en weermagtoerusting van vyf Europese firmas terwyl hy Suid-Afrika se adjunkpresident was.
Hy word daarvan beskuldig dat hy sowat R4 miljoen in omkoopgeld van een van die maatskappye, die Franse vervaardigingsreus Thales, in sy sak gesteek het. Thales staan ook tereg op aanklag van korrupsie en geldwassery.
Maroela Media het vroeër berig Zuma se advokate het tydens hul aansoek om uitstel aangevoer dat die oudpresident benadeel sal word, sou hy gedwing word om aanlyn verhoor te word en telefonies eerder as in ’n hof met sy regspan te konsulteer.
Zuma dien tans 15 maande tronkstraf uit vir minagting van die hof nadat hy geweier het om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.
Zuma se verdediging het vroeër vandeesmaand in ’n aansoek gevra dat die Konstitusionele Hof sy besluit oor Zuma se tronkstraf herroep.
Uitspraak is voorbehou.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
50 Kommentare
wat anders, die regtelike sisteem vat ons almal vir pop
Bla bla bla.Hy call nou die shots uit die tronk soos al die ander doen.
Dis die regte besluit-sy regsspan en die hof is reg
Die brand en plunder het niks met Zuma te doen nie. Doen jou eie navorsing oor CR en Zuma en ANC en Oppenheimers en Ruperts en jy sal dalk dan begryp waarom alles tans gebeur. As jy wil kwaad wees dan is CR en die ryk elite genoem die mense waarteen jy dit moet mik
Dom besluit. Gee genoeg tyd om ‘n goeie onrus beweging te reël.