Zuma laat vaar aansoek oor staats­kaping­verslag

Pres. Jacob Zuma Foto: Parlement

Pres. Jacob Zuma se regspan het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof sy aansoek om die regstellende stappe in die voormalige openbare beskermer (OB) se staatskapingverslag te hersien, laat vaar.

Die president het die hof versoek om die regstellende stappe tersyde te stel, waarin Thuli Madonsela, voormalige OB, hom opdrag gegee het om ʼn kommissie van ondersoek aan te stel onder leiding van ʼn hoofregter. Die DA het daarna die hof versoek om te bevind Zuma het versuim om aan die OB se regstellende stappe gehoor te gee.

Zuma het Madonsela se staatskapingverslag, wat onder meer lig werp op Eskom se transaksies met die omstrede Gupta-familie, in hersiening geneem omdat hy verskil van haar aanbeveling dat ʼn kommissie van ondersoek, onder leiding van ʼn regter wat deur hoofregter Mogoeng Mogoeng aangewys is, op die been gebring moet word om die beweerde kanalisering van staatshulpbronne na sakemanne met politieke bande te ondersoek.

Madonsela het Zuma 30 dae tyd gegee om die kommissie van ondersoek aan te stel en die DA het hof toe gegaan om hom te dwing om dit te doen. Die president voer egter aan die Grondwet gee hom slegs die reg om die hoof van ʼn geregtelike kommissie van ondersoek aan te stel.

Zuma het in Junie gereageer op die DA se hofaansoek deur ʼn teenaansoek in te dien om uitstel te versoek op die inwerkingstelling van Madonsela se aanbevelings totdat die hersiening gefinaliseer is, indien nodig. In sy aansoek voer Zuma aan hy is nie verplig om aan die OB se verslag gehoor te gee indien hy die korrektheid daarvan in twyfel trek nie.

Op 29 September het die hooggeregshof in Pretoria in Zuma se guns beslis deur te bevind dat die president nie onmiddellik só ’n kommissie op die been hoef te bring nie. Regter Motsamai Makume het die DA se aansoek van die hand gewys hangende Zuma se hersiening van die regstellende stappe wat vandag sou plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Penellope Jones ·

Dink enigeen dat Zuma sommer net iets sal laat vaar??
Daar is ‘n doel, ‘n “curve ball” daaragter.
Moet hom nooit onderskat nie.

Piet Snot ·

Nee, ek dink julle is verkeerd. My mening is dat Zuma die fout gemaak het om vir homself ‘n advokaat met karakter aan te stel.
Ek glo dié het sy eie stukke goed bekyk en aan sy kliënt gesê dié aansoek het geen regsbasis nie, en hy dring daarop aan dat dit teruggetrek word.
Adv Kemp het ‘n reputasie om te beskerm.

Veritas ·

Die Hoofnar speel klimtol met die regstelsel. Hopelik sal dit sy einde beteken. Syne en van diegene wat hom aanhou beskerm. Ek dink steeds hy maak hom gereed vir ‘n staatsgreep indien een van sy handlangers nie tot leier van die ANC verkies word nie.

Andre ·

Zuma is skuldig aam verraad teenoor die land!
Laat ‘n militêre tribunaal hom verhoor en teregstel!
Die siviele regstelsel het geen erg aan REG nie … GELD is hulle enigste rede vir bestaan.

thelsa ·

Die Black Sam weet hoe om met die staatsgeld te mors en vir tyd te speel. Sy regspan lag al die pad bank toe want hier het hulle ‘n sucker wat hulle kan melk.

MM ·

So moeg vir die skelm ou se streke – is daar niemand wat hom kan stuit nie – Hemel het hy nie SA al genoeg skade aangerig nie – en steeds word hy orals waar hy gaan as die “president van sa” voorgestel – Hy is en was nog nooit iets van my nie – hoop hy gaan tronk toe en vir lank – so moeg vir hom as ek iets van hom hoor of sien wil ek net kots. plaas asb berige van hom as julle moet maar geen foto’s nie ASB

Genieve ·

Ja met moord kom hy weg al die pad SA sal dans soos hy die kitaar speel en klaar en sy trawante moet hom ondersteun anders is hulle hul werk kwyt.

AP ·

Skelm streke haal hom in .. nie meer lank nie dan is hy uit … hopelik ons bid daarvoor

Von ·

Gee net genoeg ‘rope’ en hy hang homself. Gebede was nog altyd kragtig. Ame

dolphin ·

hy speel met die vuur in die hof en die mense veral die suider afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.