Zuma lê klagte oor ‘lek van mediese rekords’

Oudpres. Jacob Zuma het Donderdag strafregtelike klagte teen staatsaanklaer adv. Billy Downer in Pietermaritzburg ingedien. (Foto: Michele Spatari / AFP)

Oudpres. Jacob Zuma het Donderdag vir die eerste keer sedert sy vrylating op mediese parool  in die openbaar verskyn om strafregtelike klagte teen staatsaanklaer adv. Billy Downer in te dien.

Zuma beskuldig Downer daarvan dat hy beëdigde verklarings met inligting oor sy gesondheid uitgelek het.

Die klag is by die polisiestasie in Pietermaritzburg ingedien waar ʼn klein groepie Zuma-ondersteuners saamgedrom het. Zuma was deur een van sy dogters sowel as sy veiligheidspersoneel vergesel.

Luidens berigte wou Zuma egter nie oor die aard van die klagte uitwei nie.

Downer is die aanklaer in die saak waarin Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales teregstaan op aanklag van onder meer bedrog, korrupsie en rampokkery. Zuma word ook daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van Thales ontvang het. Hy en Thales pleit onskuldig op die aanklagte teen hulle. Dié saak sloer al meer as 20 jaar en is vanjaar hervat. Die volgende verhoordatum is vir 26 Oktober vasgestel.

Kritici beskuldig Zuma egter daarvan dat hy sy swak gesondheid bloot as ʼn vertragingstegniek gebruik.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Donderdag gesê hulle neem “met kommer” kennis van die klagte wat deur Zuma ingedien is.

“Die NVG is daartoe verbind om behoorlike prosedure en die oppergesag van die reg te handhaaf en sal die meriete van die aanklagte objektief beoordeel.

“Hoewel die wet sy gang moet gaan, is die NVG bekommerd oor die konteks waarbinne hierdie aanklagte gelê is, asook die tydsberekening in die lig van die hangende uitspraak deur die hooggeregshof,” sê adv. Mthunzi Mhaga, woordvoerder by die NVG.

Mhaga sê Downer is ʼn hoogsgerespekteerde aanklaer wat hom in sy loopbaan by die NVG met integriteit gedra het.

“Sy reputasie spreek vanself. Alle NVG-aanklaers moet sonder vrees en vooroordeel optree en moet vol vertroue wees om hul mandate uit te voer sonder vrees vir intimidasie. Ons sal die direkteur van openbare vervolging in KwaZulu-Natal egter toelaat om die saak te hanteer namate sy die saak van die polisie ontvang.”

Zuma het vroeër ʼn spesiale pleitrede van 141 bladsye by die hooggeregshof ingedien waarin hy vra dat Downer hom aan die korrupsiesaak teen Zuma en die Franse wapenvervaardiger onttrek.

Zuma voer onder meer aan dat Downer nie neutraal is nie.

Regter Piet Koen sal na verwagting volgende week ʼn uitspraak in dié verband lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

casper ·

Die man is die model van die ANC se onvermoe om enige wette te gehoorsaam en geregtigheid te ontduik.
Wette is nie van toepassing op hulle nie !!!!

Anel ·

Ek was onder die indruk hy is op sy laaste dis hoekom hy vry gelaat is!!! Lyk nie vir my od hy iets makeer nie, hy kan dan rondloop en sake maak!!! As hy 20 jaar terug die reg sy gang laat gaan het, kon hy nou al weer vry gewees het. Hopelik stuur hulle hom vir die res van sy lewe tronk toe. Maar nou ja, hy is net soos sy maatjie Ace, hulle het mos niks verkeerd gedoen nie!

Jaco ·

Daars net 1 iets wat ek wil weet: hoe kry ‘n wit man dit reg om in 2021 in dié anti-wit SA nog ‘n staatsaanklaer te wees? Sy ras pla my nie, maar wat dan nou van regstellende aksie en “transformasie” van die regstelsel?

Tiptol ·

Interessant dat hy nou gesond genoeg is om in die hof te verskyn.

Johan ·

Ek sien almal wat ‘kommentaar’ lewer,weet dat hul geen vryheid van opinie mag uitspreek nie,veral nie as dit gaan oor sekere misdadigers nie….hou julle in,SA’ers,netnou modureer Marula julle,soos vir my,

Harley Davidson ·

Hulle het die vermoë bemeester om maksimum sensasie te kry sonder om hulle politiese korrektheid in te boet ongeag of dit waar of fiksie is.

piet ·

Shakespeare – Ons stem nie baie saam nie maar jy’s reg oor hierdie een. As dit by modereer kom, is Maroela baie streng. Mens weet ook nie hoekom jou kommentaar gemodereer word nie want dit breek geeneen van die forum reels nie. Dit lyk vir my baie na ‘n persoonlike ding wat van moderator tot moderator verskil. Hang maar baie af van watter een aan diens is. Vreemde situasie.

Shakespeare ·

Al “lek” wat hier ter sprake is, is Zuma se brein.

Hennie J ·

Net nog n truuk om sy verhoor te vertraag. Het seker voeltjie hoor fluit dat sy aansoek om Downer te verbied om hom te vervolg, van die hand gewys gaan word. Vir n dodelike siek man is hy verbasend gesond?

Harley Davidson ·

Hierdie is nie reg net soos Shabir het hy sy tronkstraf vrygespring oor n kastige mediese probleem,beteken dit dat in SA as jy mense in hoë posisies ken jy verhewe is bo die wet?

Pieter ·

Julle anc kommuniste bly maar net n klomp gemors. Ek wonder wie het julle gemaak.

Piet ·

Hy is bang publiek vind uit hulle lieg oor sy siekte.Sluit hom weer toe hy is n liar!!!!!!

Kobus ·

Adv Gerrie Nel moet vir Adv Downer optree. Regter Koen is onder baie druk

Gerhard ·

Vermoed al hierdie gerondharloop is uitputtend. Definitief nie aan te beveel vir n baie siek man nie. In die tronk kan hy mos lekker rus. Se maar net.

Roebs ·

Dink dis tyd dat alles wat hulle doen publiek gemaak word dat ons en die wereld kan sien wat hulle alles aangejaag het waarvan ons niks weet nie

Kenny ·

Nou as die inligting uitgelek het sal ons mos nou weet wat is so n ernstige siekte.

Nou kan jy mos maar sê wat is fout want niemand weet nie ons wag dan al hoelank vir jou om ons te sê

Spook ·

Die skurk se eie prokureur het die inligting uitgelek. Zooooma is besig om rookbomme te gooi om die stelsel bietjie in die duister te hou.

RS ·

Seker bang die bewyse dat hy niks makeer of oor werk is deur sy spul vroue kom uit.

Hondjie ·

Jys te siek om jou tronkstraf uit te dien.maar makeer niks om ander te vervolg…..dis oor jy niks makeer het ni dat hy skuldig voel

JohanR ·

Is die klag gele met sy eie geld, of met die belastingbetalers se geld?

Natasha ·

As hy gesond genoeg is om die klagte persoonlik in te dien, is hy gesond genoeg om tronk toe te gaan.

Jack ·

Teen die tempo van uitstelle en medies en speel vir tyd gaan die dood dalk eerste wees voor die hofsaak. Wonder hoeveel tyd is oor.

My siening ·

Jy erken jy lieg jou uitvaagsel net jou dom dogter glo jou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.