Zuma lewer tweede staatsrede

President Zuma toe hy op 21 Mei 2014 as parlementslid ingehuldig is. Foto: GCIS

President Zuma toe hy op 21 Mei 2014 as parlementslid ingehuldig is. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma sal na verwagting vanaand sy eerste openbare verskyning maak in meer as ‘n week wanneer hy sy tweede staatsrede in die parlement lewer.

Zuma het verlede week van die huis af gewerk nadat die ANC hom versoek het om tyd af te vat na die party se verkiesingsveldtog. Zuma was ook vlugtig in die hospitaal vir ‘n roetine-ondersoek.

Zuma sal om 19:00 sy staatsrede lewer. Dit sal sy tweede staatsrede vir die jaar wees nadat hy in Februarie ook ‘n staatsrede gelewer het. Die fokus was egter op wat die regering die afgelope vyf jaar bereik het in aanloop tot die verkiesing.

“Dit is nie ‘n geleentheid om die program van aksie vir hierdie finansiële jaar bekend te maak nie. Dié program sal deur die nuwe regering na afloop van die verkiesing voorgelê word,” het Zuma gesê.

Opposisiepartye verwag dat Zuma op die sukkelende ekonomie sal fokus. Die Vryheidsfront Plus sê Zuma moet sy staatsrede gebruik om hoop aan die jeug van Suid-Afrika te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Wat se hoop gaan hy vir jongmense gee die ashoop.Werksepping gooi rommel in straate dan kom daar 12 om n papier op te tel.Mense wat kennis het van werke kry nie eers werk hoe nou

Johann ·

Jaar na jaar, meer en meer beloftes van hom waarvan geeneen realiseer nie. Immers, ons is net slegter af, jaar na jaar.

Grassie ·

Ek wonder waarom doen hy nog moeite om te praat, Niemand luister tog nie want hulle glo hom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.