Zuma loop weer bloutjie in hooggeregshof

Oudpres. Jacob Zuma. (Argieffoto: ANA)

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het Vrydag oudpres. Jacob Zuma se aansoek, dat sy vervolging op korrupsie-aanklagte permanent gestaak word, van die hand gewys.

Zuma én die wapenvervaardiger Thales se aansoek is boonop met koste deur regters Jerome Mnguni, Esther Steyn en Thoba Poyo-Dlwati verwerp. Mnguni het die bevel, maar nie die hele uitspraak nie, voorgelees.

Die beslissing beteken die lang verwagte korrupsieverhoor na die omstrede wapentransaksie kan nou voortgaan. Dié verhoor begin na verwagting Dinsdag in dieselfde hof.

As die 77-jarige Zuma, asook Thales, teen die bevinding wil appelleer, moet hulle dit binne die volgende 15 dae doen.

Zuma se verskyning het minder as twee minute geduur en hoewel daar ʼn groot polisieteenwoordigheid buite die hof was, was daar vandag geen van die gebruiklike skare Zuma-dissipels by die hof nie.

Die ondersoek na die multimiljoenrand-wapentransaksie het al in die vroeë 2000’s begin. Zuma is die eerste keer in Junie 2005 aangekla, ná die skuldigbevinding van sy voormalige finansiële raadgewer, Schabir Shaik. Shaik is skuldig bevind aan twee aanklagte van korrupsie en een van bedrog.

Hy is skuldig bevind omdat hy “gereelde, korrupte betalings” tussen 1995 en 2002 aan Zuma gemaak het.

Sommige van dié betalings was glo van Thales, via Shaik, afkomstig, sodat Zuma die maatskappy sou beskerm teen die ondersoek, asook om Thales vir toekomstige kontrakte gunstig te oorweeg.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) kon Zuma in 2004 saam met Shaik vervolg, maar het gekies om dit nie te doen nie, selfs al hét hy ʼn prima facie-saak teen hom gehad. Die destydse NVG-hoof, Bulelani Ngcuka, het gesê hy glo nie daar was ʼn redelike kans op ʼn suksesvolle vervolging van Zuma nie.

Dít ondanks een van die hoofaanklaers, adv. Billy Downer, se oortuiging dat die saak wél suksesvol deurgevoer sou kon word.

Onder verskillende NVG-hoofde is daar ook in 2005 en 2007 besluit om Zuma wel te vervolg, maar die saak is in 2009 laat vaar ná die sogenaamde spioenasiebande aan die lig gekom het. Dié bande het opnames bevat van gesprekke tussen Ngcuka en die voormalige hoof van die gewese Skerpioene, Leonard McCarthy, oor die tydsberekening van die aanklagte.

Daar was bewerings van politieke inmenging omdat Zuma in dié tyd oudpres. Thabo Mbeki as ANC-president – en uiteindelik staatspresident – probeer ontsetel het.

Zuma se regspan het ʼn groot gewag gemaak van dié beweerde inmenging toe hulle in Mei vanjaar die aansoek, dat sy vervolging permanent gestaak moet word, ingedien het.

Klagte teen Zuma en Thales is verlede jaar heringestel.

Die DA het vandag se uitspraak verwelkom. Glynnis Breytenbach, DA-woordvoerder van justisie, het gesê die party glo Zuma moet gaan rekenskap gee.

“Ons het die stryd gelei om te verseker hy word nie toegelaat om sy verantwoordbaarheid te ontduik nie, ondanks sy beste pogings om by die NVG se werksaamhede in te meng.”

Die DA sê hy het in 2009 al met ʼn uitgerekte proses begin om die spioenasiebande bekend te laat maak. Dít nadat nóg ʼn voormalige direkteur van openbare vervolging, Mokotedi Mpshe, besluit het om die klagte teen Zuma te laat vaar.

Dié regstryd het eindelik in die appèlhof gedraai, waar ʼn hooggeregshofbeslissing wat Mpshe se besluit opgehef het, gehandhaaf is.

“Die uitspraak is bemoedigend omdat dit wys dat Zuma dalk tog in die hof sy saak gaan moet stel,” het Breytenbach gesê.

“Die DA gaan nie rus tot geregtigheid geseëvier het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johan ·

Natuurlik gaan hulle appéleer want hulle speel deurentyd die tydkaart. Volgende stap gaan wees dat Zuma kort-kort sy regshulp gaan verander. Hy sal later van ouderdom doodgaan en nog steeds nie verhoor word nie.

Judge Dredd ·

I gaats ! Ek bedoel eintlik sy naam word vereenselwig met die woord Appeal. Want na elke hofsaak is Zuma aanhou net Appeal! Appeal! Appeal!

Bert ·

Ja Johan, presies wat ek dink, en dan betaal ons nog vir sy regskoste ook.

jakes ·

Judge Dredd, die ander konotasie van jou repliek is ook in die kol. Mooi man.

Mieke ·

Judge Dread, ek het my nou vrek gelag vir jou!!!????????????

Riaan ·

Bedoel jy nou da se sondes soos die nuwe gemors om Mashaba se kop of wat?
Die hele spul (CancER, da, rooi beret brigade) is korrup ten koste van die paar oorblywende belastingbetalers in SA!

hercu ·

“Genadelose mense maak planne teen goeie mense en snuffel rond soos diere, maar die Here lag en weet dat hul tyd binnekort aanbreek. Die goddelose gebruik swaarde en skiet pyle om armes en behoeftiges en almal wat reg doen, dood te maak. Maar hulle sal doodgemaak word deur hul eie swaarde, en hulle pyle sal gebreek word. Dit is beter om reg te leef en arm te wees as om sondig en ryk te wees. Die goddelose sal al hul krag verloor, maar die Here gee krag aan elkeen wat goed is “-  Ps 37:12 Die Bybel

Hanlie ·

Judge Dread, jy slaan die spyker op die stortkop!!! Hy kan nie verewig appeal nie.

JohanR ·

Appeal is eintlik reg Judge Dredd. Nie die beste gebruik van die Engelse taal nie, maar reg vir Jacob Zuma. Dankie vir die lekker lag.

Johanna Botha ·

Gaan hy nou weer seker appeleer ….al so siek vir die zuma en sy 9 verlore jare !

TN ·

Dankie tog vir die vasberadenheid van die DA waarsonder hierdie misdadiger skotvry sou wegstap van die puin wat eens ons land was !

JP ·

Ek dink dat hierdie hof met sy Regter, ens ‘n madalje verdien, wel gedaan

Leon S ·

Die ANC terroris het seker ten minste 7 x vroue en 30 x kinders wat hom peanuts in sy oranje oorpak gaan voer?

Hans ·

Man luister nou, vervolg die ou skelm en kry klaar. Die land se haglike toestand kan slegs voor sy deur gele word
Nog nerens in die geskiedens (buiten Hitler) het een mens soveel skade aan n land berokken nie. Sluit die ou hel toe vir die res van sy ongeskikte lewe!!!!!!

Kallimaari ·

Josef Stalin het 10 miljoen van sy eie mense vermoor. Dan is daar Pol Pot, Gaddafi, Amin, Saddam Hussein en die hedendaagse leier van Syrië, Bashar Al Assad, wat net in die laaste 5 jaar al talle honderde duisende mense se dood veroorsaak het deur sy optrede. Altesaam etlike miljoene mense vermoor deur hulle leiers. En dan kan mens nog praat van “Little Rocket Man” Kim Jong-un van Noord Korea. Hierdeur praat ek nie vir Zuma goed nie, ek wys slegs uit dat hy darem nie só sleg soos die bogenoemde was nie.

andre ·

Zuma is net die “oortjies van die seekoei” van die vrot en korrupte ANC GANGSTERS!

Wie het hom gekies en op die land afforseer in Mbeki se plek?

COSATU, Julius Malema “I will die for Zuma!” e.a.

Wie het HERHAALDELIK die parlement se mosie van wantroue teen Zuma afgestem?

Al die ANC se MP’s en Baleka Mbete!

Wie maak Zuma se planne om die regsprosesse te vertraag?

Kemp en Hulley e.a. – wat aangekla moet word vir REGSVERYDELING en MEDEPLIGTIGHEID omdat hulle groot voordeel (belastinggeld) getrek het uit al die korrupsie!

Zuma het baie medepligtiges!

Laat hulle BETAAL!

Spook op thaba ·

@lalie….laat jy my nou lag. Was lus en vul die onner in

Elzaan ·

En wat van Shaik is hy nog op parool…hys mos al n dekade terminaal siek?

SjN ·

Praat met sy comrades op die sel, vat dit af en plaas hom in n tronksel saam met boetie en amper dooie Shaik

Scalla ·

Wonder watter een van sy vele vroue is eerste deur homself ingelig en wie huil die hardste.

Lood Kurkprop ·

Ag ou Zoempie …..als gaan okay wees pappa….jy worry nou vir niks…niemand is nog tronk toe in 25 jaar nie…behalwe Kotskar Pistoolneus.

Christa ·

Hy Moes lankal after tralies gewees het, wat nog Om verhoor te word .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.