‘Zuma luister na Suid-Afrikaners’ sê ANC

Zizi Kodwa. Foto: Instagram.

Zizi Kodwa. Foto: Instagram.

Die ANC het pres. Jacob Zuma geloof vir die aanstelling van Pravin Gordhan as minister van finansies.

Dié aanstelling het gevolg skaars 5 dae ná die afdanking van Nhlanhla Nene, die aanstelling van Des van Rooyen in sy plek en die heraanstelling van Gordhan, wat tussen 2009 en 2014 aan die hoof van die tesourie gestaan het.

“Die ANC ondersteun Zuma in sy besluit,” het Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, gesê.

Van Rooyen sal Gordhan se portefeulje as minister van samewerkende regering inneem. Na aanleiding van die rondomtalieskuiwe van die afgelope vyf dae, waarin baie kommentators en gewone burgers hul stemme laat hoor het, sê Kodwa dit “wys dat Zuma na gewone Suid-Afrikaners ook luister.

“Pres. Zuma se aanstelling van Gordhan is ʼn duidelike bewys dat die regering nie net verantwoordelik is nie, maar ook verantwoordbaar is,” het Kodwa gesê.

Volgens Kodwa stel die ANC openbare aktivisme hoog op prys in sake wat Jan Alleman raak. “Publieke kommer oor die aanstelling van Van Rooyen as minister van finansies wys dat Suid-Afrikaners die toekoms van die land se ekonomie op die hart dra.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Wikus ·

Zuma het geswig want hy is bang sy kop waai. Dan is al sy weelde daarmee heen en hy wou so graag sy eie “Stort” en eie bed hê in sy nuwe airy. Zuma 1.

Lynette ·

Grap van die jaar. Wys net, die hele lot dink ons is idiote!!!!

Jz ·

Ha ha ANC niemand glo julle nie.snaaks apartheid het nog nie die skuld gekry nie.

Mariki ·

Nou moet hy net nog verder na Suid Afrikaners luister en bedank…. Dan sal ons ALMAL gelukkig wees!!!

Theresa B ·

Ha ha – Julle is snaaks. Dit moet iets in die drinkwater wees………………………… (As daar water is)

Estelle ·

Nie eens ‘n ‘gewone mens’ sal droom om sulke skade aan die land te doen nie. Moet julself dus nie op die skouer klop nie! Om ‘n land te bestuur is veels te ernstig vir speletjies.

Riaan ·

As hy dan na ons luister, hoekom fire hy nie sy maaitjie by SAA nie, hoekom wil hy nog steeds n nuwe plain he,hoekom nog steeds voortgaan met kernkrag deal en hoekom betaal hy nie ons gesteelde belasting terug nie. Die ANC kan dalk hulle eie mense convince maar nie…………………….

elna ·

Jakkals prys sy eie stert. Ek kan maar net my kop skud. Die hele gespuis speel in hulle eie sirkus.

charlie ·

Luister nou net hoe Pravin moet verduidelik wat aangaan …………… Pravin vir president en Nene weer terug as finansies en luister wat Cope vertel : opposisie moet saamstaan. Dis nou 1.20 nm

Loon ·

Wat bedoel die klein puppet met gewone mense?
Is hulle nou verhewe bo die res van SA,
Zizi klink nogal soos iets wat n mens in n sirkus kry!

Kobus ·

Loon, al verskil is, sirkus mense is intelligent, daarom glo mense hulle toertjies. Die ANC sirkus beskik nie oor so iets nie. En die Kodwa nar staan net ‘n onderhoud toe as al sy blink Benze op die agtergrond kan wees.

jean ·

Nee man Rosa dit is anders om….dit is ok al manier Om regtig Te se wat ek wil sonder dat maroela my gaan boycott…ek se mos niks verkeerd nie of hoe maroela? Jy sien Jy die leser kan mos ons die kopskuddende publiek n bobbejaan noem maar ons mag hul die hoog verhewenes mos nie so beledig nie…ai ..hoe werk dit Dan nou…hehe

manie ·

Zuma en sy voorprater is ook gewone mense wat in hulle eie klein wereldjie leef en dink hulle is verhewe bo die andere.
Wie nou nie kan sien hy is die swakste President van die Eeu nie se kop raas.
Hy bestuur die een departement na die ander oor die afgrond. Sy kaders het egter
met die laaste flater gesien hulle toekoms is daarmee heen en het toe ingegryp. Ongelukkig is dit te laat Onkeerbare skade is aangerig deur Sotlike optrede.

ELMARIE ·

Dit gaan my verstand te bowe dat Zuma onmiddellik sonder veel drama vergewe word vir sy onbesonnenheid en geloof word vir sy luister na die volk, maar vergifnis vir apartheid bestaan nie. Hierdie is weereens n klinkklare bewys dat Zuma geensins op sy eie kan funksioneer nie. Hy het BAIE hulp nodig. Ons land is die spot vd wêreld en wie neem hulle kwalik? Zero to hero, hero to zero is seker van nou af die leuse van ons toekoms!

Pieter ·

Wonder of hy ook al die geld gaan terug gee wat sy dom besluit almal gekos het

Eddie ·

Maroela!!!!!!!! Julle cook my Custard wat het ek nou weer gese wat nie die waarheid is nie. GRRRRRRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ouman ·

Kodwa is die geluid wat jy hoor as hy op sy kop val. Hy moet sy ou skelm president se alie beskerm. Die ANC is moreel bankrot en Zuma is aan die voorpunt. #ZumaMustFall

Alete Muller ·

As Zuma regtig na die gewone Suid Afrikaners geluister het, het hy sy vet agterend uit die presidentstoel gelig en die pad gevat!!!

marlene ·

gewone burgers se geld word deur die veldwagters gesteel en dan is hulle verhewe bo ander, die hele spul maak mens siek, ek kan nie glo dat net Zuma betrokke was by die Nene storie nie, waar was die raadgewers en al die ander toe die besluit geneem is, het al begin dink dit is die skuif wat hulle doen om skaakmat te speel, verarm en verlam die hele Suid Afrika wat nog beleggings en pensions het!!!, die meeste van hulle geld is lankal uit die land geneem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.