
President Jacob Zuma saam met adjunkpresident Cyril Ramaphosa, minister van arbeid Mildred Oliphant, Cosatu-president Sdumo Dlamini en Fedusa-president Koos Bezuidenhout by die presidensiële arbeidswerkgroep op 21 Junie 2016 by die Uniegebou in Pretoria Foto: Elmond Jiyane, GCIS
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag gesê Suid-Afrika moet maniere vind om die huidige ekonomiese en werkskeppingsuitdagings aan te spreek om vorentoe te beweeg.
Zuma het leiers van die Congress of South African Trade Unions (Cosatu), die Federation of Unions of South Africa (Fedusa) en die National Council of Trade Unions (Nactu) toegespreek tydens die presidensiële arbeidswerkgroep by die Uniegebou in Pretoria.
Zuma het die uitdagings erken wat die land tans beleef. “Ons vergader vandag terwyl ons ekonomie die wind van voor kry weens ʼn swak wêreldwye ekonomie en sommige uitdagings in die plaaslike sfeer.”
Hy het gesê suksesvolle lande is gebou op die fondasie van ʼn gemeenskaplike doel en bygevoeg “ons kultuur van konsultasie en dialoog om ʼn gedeelde nasionale visie en eenheid te bou, maak dit vir Suid-Afrika moontlik om suksesvol te wees.”
Hy het erken die vlakke van werkloosheid is hoog en bygevoeg: “Die ekonomiese situasie maak dit moeilik om werk te skep, en dit beïnvloed ons land en veral ons jeug.”
Hy het gesê groei is noodsaaklik om werk te skep, en daarsonder sal dit moeilik wees om die aantal poste te skep wat nodig is om die rug van werkloosheid te breek.
Hy het sy dank uitgespreek teenoor “georganiseerde arbeid wat saam met die regering en sakesektor werk” om te verhoed dat die land se kredietgradering onlangs verlaag word.
Hy het gesê daar is ʼn behoefte om saam te werk om die land se uitdagings aan te spreek en dat dit “uitsonderlike patriotisme en eenheid wys om ons land te bou”.
Zuma het dit benadruk dat werkers beskerm moet word, veral kwesbare werkers en dit hou verband met minimumloon en die omvattende welsynstelsel.
Hy het gesê onlangse wysigings wat huishulpe en plaasarbeiders betref, wat “ongetwyfeld die mees kwesbare werkers is”, verseker dat hul beskerming uitgebrei word.
Hy het gesê daar moet baie gedoen word om die ekonomie sterk te maak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
34 Kommentare
So se n man wat verantwoordelik is vir n grootse deel van al die probleme in die land, nou moet almal behalwe die regering n plan maak.
Ek het dit oorweeg om ‘n busfabriek te begin, sodat ons al die busse wat daagliks verbrand word, kan vervang. Maar die BEE !! Los liewer.
Kry hom uit dai geld stoel
OMG!!!!!!!
So sê ń pres. terwyl alles om hom in PTA besig is om te brand?
Die wêreld kan maar vergaan, maar hy sal staan.
zuma, jou idioot, hoekom doen jy nie iets om ons land weer aan die gang te kry nie? Van w ie verwag jy om ons land reg te ruk? Is jy nie die president nie? Jy is n skande vir ons mooie maar nou verwaarloosde land. Wie is jy om te se wat ons moet doen. Kan jy? Nee, jy en jou vriendjies kan NIE!